Familiewapens – onwettig en strafbaar

Volgens ‘n artikel in 2007 van die Wes-Gauteng Tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika bestaan daar nie regtig familiewapens wat families hul eie kan noem nie behalwe as dit so geregistreer is en ‘n sertifikaat uitgereik is wat dit bevestig.

Familiewapens word gewoonlik aan ‘n individu toegeken en nie ‘n hele familie nie, en is amper soos ‘n nommerplaat – dus een motor, een nommerplaat, of te wel, een persoon – een wapen.

Volgens die artikel is Wetgewing hieroor duidelik:
“Eiën vir jouself een toe en jy die loop die gevaar van ‘n boete van tot R1 000 of by gebrek aan betaling gevangenisstraf van nie meer nie as een jaar. Die boete is nie ‘n plaas se prys nie, maar dis ‘n kriminele oortreding.
Voorts: koop ‘n afbeelding van jou kwansuise familiewapen by winkel of ‘n vlooimark en jy oortree eweneens die wet. Dis veral by vlooimarkte waar die mense met hul rekenaars sit. Hulle maak vinnig ‘n drukstuk van jou kastige familiewapen met jou van se oorsprong en al.”

http://westggsa.blogspot.com/2007/08/familiewapens-bestaan-nie-uit-en-gedaan.html