Genealogiese Navorsing

Genealo… Wat?

Genealogie, afgelei van die Griekse woorde “Genea” (Generasie) en “Logos”(Kennis), is die studie van families en die nasporing van hulle herkoms en geskiedenis. In hierdie studie gebruik genealoë mondelingse weergawes, historiese rekords, genetiese analise en ander rekords om inligting oor families te bekom.*

Dit hou verband, en word soms verwar, met Heraldiek – die studie van familiewapens of kentekens.

Genealogie is ook ‘n gewilde stokperdjie en het ook onlangs blootstelling op televisie gekry met die BBC program genaamd “Who do you think you are?”, waarin bekende persone se familiegeskiedenis nagespoor word. ‘n Suid-Afrikaanse weergawe is ook deur SABC2 opgeneem.

 

* Bron: Wikipedia.