Persoon: DU PLESSIS Elsie Aletta Cecilia

 

Elsie is gebore op 26 Junie 1935 en sy vertel soos volg:
“Volgens wat ek van my ma verneem het, het ons daardie tyd op Clova, ‘n klein treinhalte in die Drakensberge gewoon.  My pa het aan die spoorlyn by van Reenenspas gewerk en het ons daar in ‘n spoorweghuis gewoon. Vir my geboorte is  hulle Sandspruit toe, dit is ongeveer 10 km vanaf Volksrust, en was tuis by tannie mien DELPORT, ‘n suster van my pa. Dit was glo ‘n yskoue wintersdag en die vroedvrou het my pa gevra om ‘n paraffienstofie te gaan leen anders sou my ma en ek verkluim. Toe ek twaalfuur die middag gebore is het die ryp glo nog spierwit gelê. Geen wonder ek is so koulik nie!!

Terwyl ons op Clova gewoon het, het my ma glo melk vir ‘n tiekie (2.5c) of ‘n sikspens (5c)  by ‘n swart vrou gekoop wat ‘n paar koeie aangehou het. Ek weet nie hoe lank ons daar gebly het nie, maar volgens my ma was my ouer broer, Willie, destyds ‘n siek kind wat asma-aanvalle gekry het en ek ‘n baie soet dogtertjie. Sy het my glo in ‘n paraffienkissie met kussings gestut en het ek my glo so in my spel verlustig dat sy my menigmaal daar aan die slaap gekry. Toe ek begin loop het sy ‘n swart meisie, Lizzie, gehuur om my op te pas.

My ma het vertel van die swaar tye wat hulle deurgemaak het want dit was glo depressiejare toe hulle getroud is en gedurende my en Willie se kleuterdae. Werk was skaars en die werkers het maar karige salarisse gekry Sy was ook nog maar jonk, slegs 17 jaar toe sy getroud is en op twintigjarige leeftyd toe ek gebore is was Willie maar eenjaar en drie maande oud.”

Bron: Elsie en Loutjie Joubert Snr.

Fotos - DU PLESSIS Elsie Aletta Cecilia

Clova (Clova) is a railroad siding (class S – Spot Feature) in KwaZulu-Natal, South Africa (Africa)
Clova is also known as Clova, Clove.
A Railroad siding is a short track parallel to and joining the main track.

Clova (Van Reenen)