Tuis
Verkyk
Written by Administrator   
Tuesday, 03 August 2010 08:17
Plaas "Verkyk" (Vlakpoort - Volksrust)

Paul Jozua Joubert koop op 6 Maart 1928, 3 dele van gedeelte “B” (255 morg), van die leenplaas "Verkijk" (Verkyk) No.360, digby Vlakplaas-stasie, by Johannes Paul FICK, van Elandsfontein, vir die koopsom van £1100.00. Johannes Fick was getroud met Susanna Maria Catharina Koch, die broerskind van Paul se moeder Susanna Maria Koch. Daar is bepaal dat die koopsom in sewe paaiement van £150 per jaar betaal sal word.
Paul Jozua boer suksesvol en teen sy dood in 1932 is sy paaiemente op datum en het hy reeds £550 betaal.

Verskeie van die Joubert familie-lede word op Verkyk in die familie begraafplaas begrawe.
Tydens 'n besoek in 2005 word die eens netjiese begraafplaas herkenbaar maar ongelukkig beskadig en verwaarloos gevind.

Google Maps - GPS koordinate: -27.183121,29.960554

 

 

<< Terug na Fotos

Last Updated on Saturday, 13 August 2011 15:16
 
Copyright © 2017 Familiebande. All Rights Reserved by the respective content owners.
 
Gebeure Dagboek

 

DVD Binnekort Beskikbaar

 

English Flag - Say what?
Say what?
The content on this site is unfortunately only available in Afrikaans at the moment but we are working on an English version.