| Sources |
- [S247] Geslagregister Van Die Familie De Villiers In Suid- Afrika, Opgestel deur Juna Malherbe & Alet Malan, (Hugenote-Gedenkmuseum Raad van Trustees De Villiers Publikasiefonds, Franschoek), BOOK.
g9 Jan Daniël Karnspek Reitz Gebore: 10.1.1858 Gedoop: Swellendam 7.2.1858 Oorlede: Woodstock 19.4.1931, boer en togryer Swellendam.
Sy moeder is met sy geboorte oorlede. Die prokureur-notaris van Swellendam, Jan Daniël Karnspek Reitz het toe vir die doop gesorg en die wesie is deur Johannes Stephanus Joubert en sy vrou Anna Margaretha Joubert, van Bruintjiesrivier, Swellendam, aangeneem. Hulle was 'n kinderlose egpaar. Weens 'n tegniese fout in die testament het hy niks van sy pleegouers geërf nie. Hy het taamlik rondgeswerf en het later in Woodstock gaan woon en was baie arm;
Getroud: Swellendam 19.4.1887 Barbara Johanna Theunissina UYS Gebore: 27.11.1866 Oorlede: Woodstock 14.5.1921, Dogter van: Gert Cornelis Uys en Barbara Johanna Theunissina Eksteen h1 Johannes Stephanus Joubert Gebore: 15.1.1888 Gedoop: Swellendam 11.3.1888; Getroud: Wakkerstroom 22.11.1916 ...
|