| Notes |
- iv. Jacobus BOTHA was born in 1692.
He was christened on 24 August 1692.
He signed a will on 30 June 1776 in Swellendam, Wes-Kaap. (KAB MOOC 7/1/29.12)
Die laaste wens en testament van Mons.
Jacobus Botha d'Oude, gebore te Cabo de Goede Hoop en juffrouw Magdalena Munnik van Mauritius.
Die testateur herroep al sy vorige testamente, kodisille ensovoorts wat hy tesame met sy vorige vrou Elsje Snyman in 1721 opgestel het in die distrik van Stellenbosch/Drakenstein.
Die testatrise verklaar dat indien sy eerste sou sterf sy die plaas Jan Harmen's Gat aan haar man bemaak vir 2000 Gulden. Hulle bemaak aan die langslewende van hulle twee die slavin Pieternel van de Caab vir die bedrag van 600 Gulders. Indien die testatrise eerste sterf bemaak sy die slavin Abigel van de Caab aan aan die testateur se seun, die burger Hans Jurgens Botha, wat getroud is met die testatrise se dogter, Barbara Paasen, vir die 900 Gulders.
Verder is daar die standaard testament.
Die Kerkraad van Drake! nstein rapporteer dat die noordelike gewel van die kerk op die 4de September 1721 ingeval het en die preekstoel en ander meubels beskadig het. Hulle vra nou vir die nodige bystand om die skade te herstel. Hulle is nie self bevoeg om die situasie te hanteer nie, aangesien hulle uiters arm en behoeftig is. Hulle versoek dus die raad om hulle te help om geld in die hande te kry - sy dit van die Kompanjie of van die Kaapse kerkraad. God sal hulle beloon. Geteken deur die predikant en kerkraad: P van Aken, Claude Marais, Schalk Willemsz v d Merwe, Mattijs Strijdom, Jacobus Boota en Jean Durand (15 November 1721).
Hy is 'n tweede keer getroud op 3 Januarie 1751 met Magdalena Munnik, sy is die weduwee van Thomas Ferreyn + 1721 en Pieter Paesschen. Sy is afkomstig van Mauritius en het geen verbintenis met die Munnik familie van Suid-Afrika nie.
|