| Notes |
- http://www.greyling.za.org/phpgedview/descendancy.php?pid=I476
===
Familie en bure
De Lange se familie en bure in die Oos-Rietrivier en omgewing het 'n belangrike rol in sy jagekspedisies en verkenning van die binneland en in sy besluit om Voortrekker te word, gespeel. Onder hulle was die invloedryke veldkommandant van Albanie, Cornelis Meyer (wat met 'n niggie van hom getroud was), en sy broers Lucas Johannes en Willem Petrus. Abraham Greyling, Cornelis Meyer se skoonseun, was insgelyks 'n stiefseun van Piet Retief,* en Cornelis Meyer se seun. Lucas Petrus Johannes, was met Retief se dogter, Deborah Jacoba, getroud. Nog 'n stiefseun van Retief, Piet Greyling, was eweneens 'n makker van De Lange met die gevolg dat Retief voor die Groot Trek goed ingelig was oor die binneland. Twee swaers van De Lange, die broers Willem Abraham en Paul Dirk Bester, het ook onder sy metgeselle getel. Die Yoortrekkerleiers Louis Tregardt,* en Louis Jacobus Nel was sy bure by die Oos-Rietrivier.
http://www.groottrek.co.za/delange.htm
==
Pieter Retief (gebore te Soetendal, Wamakersvallei (Wellington), 12.11.1780 - oorlede te Dinganestat (Mgungundhlovo), Zoeloeland, 6.2.1838), Voortrekkerleier, handelaar en grensboer, was die tweede seun van Jacobus Retief en sy vrou Debora Joubert. Sy oorgrootvader aan vaderskant, Francois Retief, en sy moeder se oorgrootvader, Pierre Joubert, het albei in 1688 in Suid-Afrika aangekom. Retief is op 14.7.1814 met die weduwee Magdalena Johanna Greyling (gebore De Wet) getroud. Hulle het vier kinders gehad: Debora Jacoba, Jacobus, Margaretha Magdalena en Pieter.
|