| Notes |
- Toe Louis Trichardt met sy trek in 1834 die Kolonie verlaat het, het hy op die walle van die Witkeirivier 'n geselskap van dertig gesinne teegekom wat toe al daar ver buitekant die koloniale grens gewoon het. Onder hulle was die gesinne van Sybrand van Dyk gebore 1784, en Frans Johannes van Dyk gebore 1787, die twee oudste seuns van JOseph Van Dyk gebore 1752 en Zacharia Kruger. Hierdie Joseph was die vierde kind van Sybrand van Dyk en Sara De Clercq. Die gesinne van die twee Van Dyk-broers was in hierdie groep saam met hul skoonfamilies, die Van der Merwes en die de Langes. Laasgenoemde het bestaan uit die vader, Adriaan De Lange, en sy vier seuns Adriaan, Johannes (Hans Dons), RObert en Gert en hulle gesinne.
Sybrand Van Dyk was met Helena Susanna Van Der Merwe getroud; sy oudste suster Maria se eerste man was Hendrik van der Merwe en sy broer, Frans Johannes, was met Anna Catharina de Lange, dogter van Adriaan de Lange Snr. getroud.
SOURCE: Janet Melville
|