| Notes |
- Van der Merwe Willem Schalkszoon van der MERWE, kom na die Kaap in April 1661.
Hy het voorheen op die VOC skip Dordrecht diens gedoen. In die Kaap werk hy eers as dagloner in die Companie se bouland onder Hendrik Boom.
Hy is oorlede in Julie 1716.
Hy het ariveer met 344 ander passasiers.
Willem Schalk van der Merwe was 'n haakbusskutter (“arquebusier”) op die skip Dordrecht. Burger op 5 Mei 1661.
Hy tree weer in diens van die V.O.C. in 1663 onder Hendrik Boom as adelborst belas met landbou.
Willem word binne drie weke voor sy troue aangekla dat hy beeste van die inboorlinge koop, hy word toe gevonnis tot lyfstraf. Die vonnis was opgeskort en hy moes 'n boete van vyftig riksdaalers betaal.
Hy trou op 9 September 1668 met Elsie Cloete die oudste kind van Jacob Cloete en sy vrou Fijtje Raderootjies (gebore Sophia Raedergortz).
In 1672 word al sy skape gesteel deur die Hottentotte.
Hulle het vyf van die diewe gevang en hulle vasgebind en toe na die Fort gevat, maar ons weet nie wat hulle lot toe was nie.
In 1673 is sy huis (sowel as dié van Christiaan Jansz) afgebrand.
In 1677 word die omgewing om Houtbaai aan Willem en die stamvader Pieter van der Westhuizen verhuur.
Die kontrak was vier jare later gekanselleer, en die grond is aan hulle as vrye eiendom gegun.
Hier het Willem en Elsie moontlik hulle kinders op die plaas Kronendal grootgemaak.
Kronendal is dus die eerste plaas van die Van der Merwe stamouers, en nie De Hoop in die Paarl nie.
DOGTER BY 'N SLAVIN
Willem het 'n dogter gehad met 'n slavin wat Simon van der Stel aan hom geskenk het, die kind se naam was Maria.
Hierdie slavin was in 1686 vrygestel (Attestasie 1664 in C 326 pp 478-9, p 6 en 27).
Maria het die stammoeder geword van die Heyns familie, sy trou in 1696 met Paulus Heyns.
Elsie se vader Jacob Cloete word in 1693 naby die Kasteel vermoor.
Die Goewerneur beskrywe die voorval soos volg: "Deesen avon tusschen 8 a 9 uren is niet verre van casteel en bij't vleeschhuis vermoort Jacob Cloeten, corporaal in dienst der der E. Compagnie"
The name van der Merwe comes from the Merwede or Merwe river in Holland which flows near Dordrecht. There was a castle on the banks of the river with the same name, which is in ruins today.
According to the registers of the Cape Church, William Schalksz(oon) van der Merwe, the progenitor of the van der Merwe family in South Africa, came from "Oud-Beyerland" (between Rotterdam and Dordrecht in Holland), and according to the resolutions of the political council, he was from Broek.
He was a son of Schalk van de(r) Merwe, a farmer in Oud Beyerland and a grandson of Willem van de(r) Merwe, from whom the existing Van Der Merwe family in Holland is descended.
He arrived in South Africa as a arquebusier on the ship "Dordrecht," becoming a citizen on the 5th May 1661, only nine years after the arrival of Jan van Riebeck. He rejoined the Duch East India Company in 1663 as a midshipman, charged with agriculture; afterwards a "vrykneg" who obtained leave from the Dutch East India Company on 23 March 1677 together with Pieter van der Westhuizen, to go and farm some land in Houtbaai. (The farm "Kronendal").
This agreement was cancelled in 1681 and the farm became a free property of Willem.
The farm de Hoop in Klein Drakenstein which was given to his son Schalk Willem in 1692 was thus the second farm in the van der Merwe family.
Willem Schalk van der Merwe married Elsje Cloete, the daughter of Jacob Cloete on 9 September 1668 and they had 13 children.
|