| Notes |
- 1867 te Grootvallei, Wakkerstroom, 25, 71 is gedoop op 12 Jan 1868 te Ladysmith, 25, 62 oorlede op 5
Jun 1912 te Grootvlei, Wakkerstroom 25, 71 in die ouderdom van 45 jaar, en is begrawe te Grootvallei,
Wakkerstroom.25 Johannes was ook bekend as Johannes Hendrick. 62
Johannes trou met Hester Sophie Gosen [2606] [MRIN: 1021] op 20 Jun 1904. 71 Hester is gebore in
1877 te Rouxville215 en is oorlede in 194971 in die ouderdom van 72 jaar. Hester was ook bekend as
Hester Sophia Goosen. 13 Hulle het vier kinders gehad: Jan Harm, Willem Johannes, Johannes
Hendrik en Hester Sophia.
======================================
>>> "Herman Labuschagne" > 06/17 11:54 PM >>>Hallo AnnemarieNee, nie op die oomblik nie. Daar moet iewers nog rekords wees van dieprisoniers wat verskeep is. Heel waarskynlik in die Nasionale Argiewe inPretoria. Ek was verlede jaar in Oktober in George, en die Museum daar het'n Anglo-Boereoorlog uitstalling gehou. Onder andere was daar 'n duisternisvan prisoniers poskaarte en briewe wat op uitstalling was. Wonder-bo-wonderontdek ek toe 'n brief wat deur een van my oupagrootjie Kolbe se neefsgeskryf was vanuit Indie. Hoe dit daar gekom het, sal geen mens weet nie.Selfs die skrif is nog tipies van hoe die ander Kolbe's geskryf het!Jy noem Bermuda en dit herinner my aan 'n storietjie wat 'n ou oomKlingenberg my vertel het van sy oupa wat gevange was op Bermuda. Miskienhet hierdie JH Labuschagne nog die ou Klingenberg oom geken. Een aand hetdie dokter glo ingekom en aan almal in sy hospitaal-saaltjie so 'n lepel van'n pienk brousel ingegee. Die ou oom Klingenberg het geproe dit brand, entoe die dokter omdraai, spoeg hy dit uit langs die muur. Die ander siekeshet die goed egter gedrink. Daardie nag toe sterf almal van hulle, behalwedie Klingenberg oom, wat toe nog maar 'n kind was. Sy mond was egter blasegebrand. Die volgende dag toe sou hy glo gehoor het die dokter vra: "Howmany?" En toe antwoord 'n stem: "All but one..." En toe sou die dokter gloverbaas iets geantwoord het soos: "One left? But that can't be possible!"Die ou oom het die Engelse nooit vir hierdie "moord" vergewe nie. Op systerfbed het sy kinders hom gesmeek om vrede te maak en sy vyande tevergeef, maar hy het geweier. "Ek kan baie dinge vergewe, maar nie DIT nie,"was sy woorde. Ja, en so is die ou oom toe ook dood. Eienaardig genoeg hethy 'n stukkie grond in Bermuda gekoop en die akte in sy skoen teruggesmokkel SA toe. Ongelukkig het sy kinders die dokumentjie verloor. Grootverlies. Eiendom op Bermuda is vandag verskriklik baie geld werd. Dit wasonlangs gelys as een van die beste plekke in die wereld om te woon, watalgemene lewenskwaliteit aanbetref.Beste wense,Herman
====================
Jammer ek antwoord nou eers. Ek was bietjie oorsee gewees en sukkel nog om al die opgehoopte epos deur te werk.
Ek het ongelukkig geen foto's van Johannes Hendrik nie. Hy is oorlede toe my oupa 5 jaar oud was. Ek het wel foto's van my oupa en sy suster. Ek het ook 'n foto van Johannes Hendrik se vrou en haar 2de man. Hulle was die ouers van Abraham Laing, die vermeende vader van Sandra Laing (waaroor die film 'Skin' handel).
Groete
Annemarie
|