| Notes |
- Huidige opstal in 1787 deur Samuel Cats gebou.
gebaseer op sy troudatum
Huidige opstal in 1787 deur Samuel Cats gebou.
gebaseer op sy troudatum
Eerste Hugenoot wat hom permanent aan die Kaap kom vestig het.
Of vanaf Monestier-de-Clermont
(Sien Viljoen - D & P p.1024). Hulle trou inskrywing van 17.5.1676 lees: "Francois fignon (sic) J.M. van Clermont, vryburger alhier met Cornelia Campenaar J.D. van Middelburgh". Hy vestig hom in die Kaap c1671 en boer later op Idasvallei, Stellenbosch. Hy sterf na die doop van sy dogter Francina op 24.4.1689 maar voor die opname van 1690 monsterrolle waarin sy vrou 'n weduwee genoem word.
Arrived 1671. In the registers the name is spelt Vignon before 1678. Thereafter Villion. Today it is Viljoen.
Volgens Pama II word die van voor 1678 Vignon gespel, daarna Villion en vandag Viljoen.
Francois Villion arriveer in 1671 aan die Kaap van Goeie Hoop as 'n Hugenote vlugteling, afkomstig vanaf Clermont, Frankryk. Sy beroep word aanvanklik aangegee as "vry wagenmaker", en later as "Vryburger". Hy tree Kaapstad op 1676.05.17 in die huwelik met Cornelia Campenaar, 'n jongmeisie van Middelburg, Nederland. In 1682 ontvang hulle die plaas Idasvallei vanaf Goewerneur Simon van der Stel, waar Francois Villion tot sy dood in 1689 boer. Die van was aanvanklik "Villion" gespel (ook Villon), en het later verander na die huidige spelling van Viljoen.
Dit is nie heeltemal seker van welke Clermont in Frankryk Francois Villion afkomstig was nie, aangesien daar 'n hele paar dorpe met dié naam in Frankryk is. Die bekendste Clermont is 60 km noord van Parys in die provinsie Ile de France, en dit word algemeen aanvaar as sy dorp van herkoms. Ongelukkig is al die Protestantse kerkrekords gedurende die vervolging van die Hugenote, na die herroeping van die Edik van Nantes in 1685, vernietig. Daar is dus geen dooprekords beskikbaar om na te slaan nie.
Francois Villion het reeds voor die herroeping van die Edik van Nantes in 1685, wat die grootskaalse vervolging van Hugenote tot gevolg gehad het, uit Frankryk gevlug. Die vervolging van die Franse Hugenote het egter reeds sedert 1610 in felheid begin, en vele moes reeds voor die herroeping van die Edik van Nantes in 1685 uit Frankryk vir hul lewe padgee.
Francois Villion was welliswaar die eerste Hugenoot wat hom permanent aan die Kaap kom vestig het. (Maria de la Quellerie, die eggenote van Jan van Riebeeck en wat reeds in 1652 aan die Kaap geland het om 'n nedersetting te begin, was ook 'n Hugenoot; sy verlaat die Kaap met haar man in 1662). Ander vroeë Hugenote aankomelinge (d.w.s. voor die georganiseerde grootskaalse verhuising van 1688/89) was die broers Francois en Guillaume du Toit in 1685.
Die grootskaalse vervolging van Hugenote het in 1685 'n aanvang geneem, en het tot gevolg gehad dat sowat 180 Hugenote in 1688/89 na die Kaap gevlug het. Groter getalle het na Engeland, Amerika, Duitsland, Switserland, ens. gevlug.
Francois Villion het via Nederland na die Kaap van Goeie Hoop in 1671 gekom. Dit word aanvaar dat, terwyl hy in Middelburg (destyds 'n hawestad) op 'n passaat na die Kaap gewag het, hy sy toekomstige eggenote, Cornelia Campenaar, aldaar ontmoet het. Sy volg hom vyf jaar later na die Kaap, waar hulle in 1676 in die huwelik bevestig is (maar die 5de egpaar om in die Kaap te trou).
Uit die huwelik is ses kinders gebore, waarvan vier in Kaapstad en twee op die stamplaas Idasvallei by Stellenbosch. Twee seuns, naamlik Henning en Johannes Viljoen, het die stamnaam voortgeplant. Toe die stamvader in 1689 oorlede is, is sy weduwee Cornelia agter gelaat met ses kinders (van ouderdomme 12, 11, 7, 5, 3 en 1 jaar onderskeidelik), waarvan die jongste, Francina, na die stamvader self vernoem is (en waarskynlik kort na sy dood gebore is). As weduwee hertrou sy op 1690.04.14 met Wemmer Pasman, by wie sy drie kinders het.
Francois Villion gebore ongeveer 164?, Clermont, Frankryk, verw: a, beroep: Boer, (105) tro u 17 Mei 1676, Cornelia Campenaar, gebore ongeveer 164?, Middelburg, Nederland. François ster f ongeveer 1689. Afkomstig van Clermont, Frankryk. Presies waar dit was, weet ons nie verseke r nie. Dit is waarskynlik een van twee plekke: Clermont in die Terres Froides, noord van Gren oble, of Monestier-de-Clermont, suid van die provinsiale hoofstad. Hy is waarskynlik gebore t ussen 1640 en 1650, in Clermont. Land in 1671 in die Kaap van Goeie Hoop en vestig hom as vry burger in Kaapstad. Hy was die eerste Franssprekende in die Kaap, en dus ook die eerste Prote stante Hugenoot. Ontvang in 1682 (1692?) die plaas Idasvallei (Stellenbosch) van goewerneur S imon van der Stel, waar hy boer tot sy afsterwe. Sy van was Vignon of Signon gespel (voor 167 8); later verander dit na Villion, en uiteindelik na Viljon en die hedendaagse Viljoen. Sy la aste kind, Francina, is gebore na sy dood.
Francois Villion was the progenitor (stamvader) of Viljoen family in South Africa. He was from Clérmont in France. He fled France even before the Edict of Nantes was revoked in 1685. He arrived in the Cape in 1671 from the Netherlands. He was the very first French Hugenot refugee to arrive in the Cape, followed by the brothers Francois and Guillaume du Toit in 1686.
While waiting for passage to the Cape in the port town of Middelburg he met his wife Cornelia, who followed him to the Cape 5 years later, where they were married in 1676.
His occupation was given as wagon-maker. In 1682 he and his wife Cornelia received the farm "Idasvallei" outside Stellenbosch from Simon van der Stel as one of the first "vryboere" in the Stellenbosch district. He farmed here until his death in 1689.
He died even before the large scale emigration of the Huguenots to the Cape.
His surname was spelt in a number of different ways: Vignon, Signon (before 1678); later he changed it to Villion, then Viljon and the modern Viljoen.
(Research):Volgens Pama II word die van voor 1678 Vignon gespel, daarna Villion en vandag Viljoen.

|