| Notes |
- Dag almalDie saga raak al meer interesant. Ek sit met twee Maria BEZUIDENHOUT's wat ongekoppel is. Iewers moet daar 'n koppeling wees tussen die twee. As julle kyk na die twee gesinsblaaie wat ek aangeheg het teken Johannes Jacobus COETZER en Cornelia Carolina DU PREEZ, dogter van Johannes Lodewicus DU PREEZ en Maria BEZUIDENHOUT by die doop van Susanna Maria KRUGEL = 1 Desember 1797 Paarl. Uit die twee gesinsblaaie en volgens my skatting is daar 10 jaar verskil tussen die twee Maria's, maar is hulle nie dalk dieselfde persoon nie en dat sy dus twee huwelikke aangegaan het? Die eerste met Johannes Lodewicus DU PREEZ en die tweede met Johannes Zacharias KRUGEL?JL DU PREEZ en M BEZUIDENHOUT het net 2 kinders gehad naamlik Pieter Daniel * 1775 getroud met Christina Johanna Hendrina GROBBELAAR en dan Cornelia Carolina * 1777 getroud met Johannes Jacobus COETZER. Kyk ons dus na Maria BEZUIDENHOUT se huwelik met Johannes Zacharias KRUGEL getroud in Junie 1780 sou sy dus as dit dieselfde persoon is, 33 jaar oud gewees het en by die geboorte van Johannes Petrus in 1796 sou sy dus 49 jaar oud wees as sy in 1747 gebore is. Dit is dus 'n moontlikheid. Beide die Maria's is ongekoppel.Die twee DU PREEZ dope het geskied in Tulbagh (Roodesand) en die Dope van die KRUGEL's in Paarl (Drakenstein)Wat my ook pla is dat daar 'n gaping bestaan tussen die oudste KRUGEL kind, Johannes Zacharias * 1782 en die volgende kind, Helena Catharina * 1792 van 10 jaar, dus plek vir nog maklik twee kinders. Enige een wat moontlik toegang het tot die doopgetuies en of die huwelikke van die twee Maria's moet asseblief help.Groete
|