| Notes |
- http://web.me.com/seagosenekal/stamboom1/stamboom1/3235.htm
Another name for Jan was Carel.
Jan married Magdalena Johanna DE WET, daughter of Pieter DE WET and Maria Petronella OPPERMAN, on 9 Aug 1796 in Stellenbosch. (Magdalena Johanna DE WET was born on 30 May 1782 in Zwartberg, Distr Swellendam, christened on 29 Sep 1782 in Kaapstad, died on 31 Aug 1855 in Potchefstroom and was buried in Naby Kweekskool Van Die Greformeerde Kerk In Potchefstroom..)
Marriage Notes:
Hul huwelik vind plaas net na die vlug van die Prins van Oranje uit Nederland en hy Brittanje versoek om die Kaap te beset. Dit is ook ongeveer 3 jaar na die 2de Grensoorlog waar 'n onsuksesvolle poging aangewend was om die Xhosas uit die Suurveld te verdryf.Lenie en Jan het op die plaas Swagershoek in die Graaf-Reinet distrik gewoon. Drie van Lenie se kinders is klein dood. Sy en Jan het saam 5 kinders gehad voordat hy vroegtydig dood is. Sy was toe swanger met die sesde kind.Na Jan se dood het Lenie moedig bly voortboer op die plaas by Swagershoek. Die boedel was redelik sterk en het ook ingesluit: 1680 skape, 531 bokke, 129 beeste, 22 perde en 4 slawe. Die totale waarde van die boedel was by die 8665 riksdaalders. Volgens die artikel deur Esther Visser-Stieger in die Famnea-tydskrif is die kinders se gedeelte van die boedel vir hulle in trust gehou. Wat besonders was, is dat daar spesiaal in die boedel voorsiening gemaak is vir die blinde seun Petrus Jacobus. Daar is ‘n slaaf genaamd Present aan hom bemaak om hom by te staan.
|