| Notes |
- Hy was 'n Voortrekker wat kort voor die Trek in die wyk Winterberg, Albaniƫ gewoon het (volgens Visagie). Hy besit ook ander eiendom by die plaas Varkenskuil, Oos-Rietrivier, Somerset. Hy verlaat die kolonie in Februarie 1837 in die trekgeselskap van Piet Retief, sy stiefvader (Sy ma, Magdalena Johanna de Wet trou na die dood van sy pa Jan Christoffel Greyling met Piet Retief).Volgens SAG 2 en Visagie se Voortrekker Stamouers is hy saam met Piet Retief en sy ander makkers vermoor te KwaMathlwane (Hloma Amabutho) in Natal op 6 Februarie 1838.
|