| Notes |
- Born of Jewish parents, Christened and accepted (aangeneem) in the NG Church, Capetown on 23.12.1678, bailiff and burger at Stellenbosch.
Abraham Hartog was van Frankfurt am Mein afkomstig en was die kind van Joodse ouers. Hy word later gedoop en aangeneem in die NG Kerk, Kaapstad op 23.12.1678. Hy was balju en burger te Stellenbosch.
Abraham HARTOG was gebore te Frankfurt aan die Main van Joodse ouers. Hy word op 23 Desember 1678 gedoop en die NG kerk in Kaapstad en word aangeneem. Hy trou 20 Junie 1683 met Maria BELLARDY. Maria Bellardy was die weduwee van Abraham de Lange (Hulle was getroud 28 Mei 1672, maar daar was geen kinders nie). Haar vader was 'n ouderling en diaken van die Engelse gemeenskap in die Zeelandse stad, Middelburg, hy was 'n Engelse godsdiensvlugteling.
Hy trou die tweede maal 12 Oktober 1704 met Anna Elizabeth HENNING.
Hy trou die derde maal toe hy 80 jaar oud was op 30 April 1724 met Lumke THOOLE. Hierdie laaste huwelik was ontwettig want Thoole was getroud met 'n Duitse matroos Thys Geertz. Lunke het as 'n vermomde man matroos na die Kaap gekom en het die naam Johan Theunis gebruik. Toe sy met Hartog trou gebruik sy die skuilnaam Johanna Theunis SWITTERS. Hulle het een kind gehad Maria Magdalena wat gedoop was 21 Januarie 1725.
KINDERS UIT DIE EERSTE HUWELIK
Johannes gedoop 30 Mei 1684
Maria gedoop 12 Desember 1688
Margaretha X 15 April 1719 Johann Caspar PiekPaulus, X 30 April 1719 Petronella Phillips {sy was die dogter van Philip van Bouton en Susanna van Boegies, beide vrygelate slawe. Philip was van die Indonesiese eiland van Pulau Butung aan die suidkus van die eiland van Celebes. Susanna het gekom van die eiland Celebes(Sulawesi) en hulle was van die etniese groep bekend as Boegies}
KINDERS UIT DIE TWEEDE HUWELIK
Abraham gedoop 23 Augustus 1705
Antoinetta gedoop 21 Augustus 1707
Martha gedoop 20 Oktober 1709
Judith gedoop 26 April 1711
Anna Dorothea gedoop 28 Mei 1713
KINDERS UIT DIE DERDE HUWELIK
Maria Magdalena gedoop 21 Januarie 1725
Bronne:DP Knoll, WM de Vries en WJ de Wet "Genealogie van 'n Familie met Osteogenesis Imperfecta: Die stamregister van Pieter Willem Adriaan Piek" Familia 1988 Vol 25 no 2
Inligiting van Anne Lemkuhl
Saamgestel deur:
Am van Rensburg
Mark Lingenfelder markling@worldonline.co.za
|