| Notes |
- Hans het sy skoolopleiding in Pretoria gehad en is aan die Universiteite van Pretoria en Stellenbosch as predikant opgelei. Hy dien in die NG gemeentes Riversdal en Arcadia. Daarna het hy 30 jaar diens gelewer by Bybelkor/Bybel-Media in Wellington en was by sy aftrede in April 2005 uitvoerende direkteur van kerklike media van die NG Kerk. Susan het in Pretoria skoolgegaan en is aan die Universiteit van Pretoria as maatskaplike werker opgelei. Sy was vir meer as twintig jaar verbonde aan ’n tuisbywerheid in die Paarl. Hans is in 2002 gekies as voorsitter van die Linde-familiebond en tree van die 26ste uitgawe af as redakteur van die Linde-Nuus op
|