| Notes |
- kommandant P. R. Botha (1771-1833, De Villiers 1, ( bl, 94, d2, el) van die Kango Nooitgedacht of Boomplaats
The first people to have inhabited the area are believed to have been the Khoi khoi, or men of men. When Portuguese explorers crossed the Southern shores of Africa in the 1500s they often reported seeing great columns of smoke rising from the land.This Khoi khoi used a method of smoking out bees to enable them to obtain their honey.This gave them their name as the Outeniquas, or the ‘men laden with honey. Knysna lies in the heart of Outeniqualand
Knysna's Main street in 1933
After settling at Cape Town in 1652, Europeans rapidly explored the hinterland and reached the Knysna lagoon in the late 1760s. Melkhoutkraal ('milkwood kraal') was one of the first loan farms to be granted in the area in 17770. it encompassed large parts of the Lagoon basin.
1802: Melkhoutkraal homestead burnt in Xhosa raid. A commando under Commandant Philip Rudolph Botha followed the raiders and completely destroyed them at Kafferskop (North of the Garden of Eden and know known as Fisanthoek).
********************************
Boomplaas vanjaar 200 jaar oud
BOOMPLAAS, die historiese opstal in die Kango Vallei, is vanjaar 200 jaar oud.
Die vallei was vroeër byna onbereikbaar en die eerste mens van Europese afkoms wat die gebied betree het, was waarskynlik Izak Schreuder.
Hy is in 1681 soontoe gestuur om skape met die Hottentotte te ruil.
Die imposante ou opstal van Boplaas in die Kango Vallei naby die De Hoek Vakansieoord en digby die pad na die Swartbergpas.
Die eerste boer wat hom in die vallei gevestig het, was ‘n Grobbelaar. Die Grobbelaarsrivier is in alle waarskynlikheid na hom vernoem.
Aanvanklik het die boere huurplase van die Hollandse Oos-Indiese Kompanje gekry. Hulle het nooit kaart en transport vir hul plase ontvang nie, maar wel weilisensies.
Die geskiedenis van hierdie streek is nou verweef met die Botha-familie. In 1760 het die stamvader, Friedrich Botha, hom hier gevestig.
In Februarie 1779 het Phillip Rudolph Botha die historiese plaas, Nooitgedacht, uit die boedel van ‘n weduwee Du Preez, gekoop.
Dit is vermoedelik die plaas waarvan Pauline Smith in haar kortverhale oor die Klein Karoo skryf.
Phillip Rudolph se oudste seun, Phillip, is ná sy dood deur Tjaart van der Walt as “commandant” aangestel.
Vir sy dienste in veldslae teen Hottentot- en Xhosa-bendes is die huidige Boomplaas, wat tans aan een van sy nasate, mnr Daantjie Botha, behoort, aan hom toegeken.
Die huidige eienaar van Boomplaas, Theuns Botha, is die vierde geslag Botha wat tans daar boer.
Kommandant Botha was ‘n welvarende boer, en die eerste watersaak was tussen hom en genl De la Rey se oupa.
Boomplaas is deur kmdt Botha en sowat dertig slawe gebou. Dit is in 1810 voltooi en word as die oudste plaas in die Oudtshoorn-distrik beskou.
Die huis het ‘n H-vormige grondplan. Die kleimure is 75 cm breed en daar is ses gewels.
In die ou kombuis is ‘n reusagtige vuurhert en soldertrap. Die plafonne is van breë geelhoutplanke en die vloere van greinhout.
Boomplaas het sowat drie geslagte lank aan die Keller-familie behoort, maar is in 1973 deur mnr Theuns Botha teruggekoop.
Hy was onbewus van die huis se geskiedenis. Dit was eers nadat die Stigting Simon van der Stel hom ingelig het dat hy daarvan bewus geraak het dat hy ‘n stukkie Botha-geskiedenis gekoop het.
(Inligting verskaf deur Ria Botha)
|