| Notes |
- Susanna Magdalena Labuschagne was my pa Barend Christoffel Labuschagne se oudste suster.
Haar seun Pieter Jacobus Christoffel Stefanus Potgieter het ek as kind persoonlik geken.
Oom Piet soos hy by ons bekend was het gereeld vir ons kom kuier.Oom Piet het sy eie besigheid gehad in die ou Kingros. Oom Piet is in 1976 oorlede.
Hy en my pa was soos David en Jonatan. My pa was so ses jaar ouer as oom Piet en het hom ontferm oor die jong seun.
Sy seun Jan Harm Potgieter leef nog en bly in Secunda.
|