| Notes |
- DIE JOUBERTS - Drankhandelaars, Wynmakers en Winkeliers van Montagu - Geskryf deur Irma Jordaan
Willempie, PJ, Epsie en Pieter (EM) Joubert van Montagu het oor ?n tydperk van ongeveer 75 jaar ?n enorme bydrae tot die ekonomie van Montagu en sy omgewing gemaak. Dit is net jammer dat daar so min gegewens opgeteken en beskikbaar is van die eerste brandewyn stookkelder wat Willempie Joubert bestuur het, die PJ Joubert Algemene Handelaar of PJ Joubert Wine and Brandy Merchants nie. Nadat PJ Joubert wyne in Suid-Afrika bekendheid verwerf het, sou ?n mens tog reken dat daar verwysings sou wees van hulle wyne en die kelder op Montagu, in boeke soos Desertwyne in Suid-Afrika en Brandewyn in Suid-Afrika deur van André P Brink óf Wynland deur Merwe Scholtz. Ongelukkig is dit nie die geval nie. Die verdere probleem is dat die mense wat sou kon gehelp het met die geskiedenis van die Jouberts is lank nie meer met ons nie. Ek het die geskiedenis probeer bymekaar bring uit gegewens wat nie altyd saamgestem het nie, en as enige foute ingekruip het, sal ek waardeer as julle vir my kontak.
Irma Jordaan
|