| Notes |
- Volgens familie-oorlewering was die stamvader [Pierre Jaubert] vasberade om Sy Bybel uit Frankryk saam te neem toe hy gevlug het. Omdat hy bang was dat hy as 'n Protestant uitgeken sou word indien die Bybel by hom gevind word het hy dit in 'n doek toe gedraai en binne-in ‘n gebakte brood versteek. Hy het ongemerk met sy Bybel die brood oor die Franse grens na Switserland gevlug. Dieselfde Bybel (eintlik 'n Nuwe Testament wat in 1672 gedruk is), het hy saamgebring na die Kaap waar dit van geslag tot geslag in die Jouberts se besit gebly het en nou die eiendom is van mnr Rocco De V Joubert van die plaas Parys, Paarl. Dit word tans in die Hugenote-Gedenkmuseum op Franschhoek uitgestal. Geen melding word egter in die Jouberts se boedelinventarisse van 'n Bybel gemaak nie. [1]
- Eienaar van die plaas "Parys" in die Paarl
- Hy, soos baie ander, erf sy naam Rocco van Rocco Catoggio, 'n Italianer van Napels wat deur die Engelse gevang is en die galg vrygespring het deur hul opsie te aanvaar om na Suid-Afrika gestuur te word. Hy het homself in die Paarl gevestig en met verskeie suksesvolle besighede baie rykdom opgebou.
|