| Notes |
- Frans Rossouw het Hugot onder dieselfde kontrakbewoording opgevolg, maar ons weet nie
hoe lank hy gebly het nie, maar Frederik Hendrik Conradie het hom (Frans) in 1763 opgevolg
9
en daar gewoon tot in 1775. Sy pagbrief "RLR18 p.25 Over the Hex River at the Goa" was
geteken deur Ryk Tulbagh, maar een van die kwitansies
is geteken deur secundus Reede van Oudtshoom. Die huur van 1774 is deur 'n Daniel
Rossouw Daniels zoo voorgeskiet. 'n Mens wonder of dit nie die eerste Rossouw êrens in die
Koo was nie.
Die twee Burger broers, Alwyn en Bêrend, het F H Conradie in 1779 of 1789 opgevolg om te
bly. Op 20 November 1740 teken H Swellengrebel ? pagbrief vir landbouer Pieter Hugo om
op die "plaats achter de Goa genamdt De Diepe Com (Keerom) met zyn vee te mogen gaan
leggen". In Oktober 1743 gee Pieter Hugo (albei spellings "Hugot" en "Hugo" word gebruik)
kennis dat hy die plaas verlaat en word opgevolg deur Hendrik Francois Möller. Hy word weer
in Maart 1758 deur Gideon Jozua Joubert opgevolg. Daar was moontlik al by dié tyd meer
veeboere duskant Cogmanskloof, maar die oudste tasbare bewys is die pagbrief RLR
10/2p363a van 14 Februarie 1744 toegeken aan "de weduwee Hendrik van der Merwe
hertrowt met Arend Blyeberg om met vee te mogen gaan leggen en weyden op Pag gen?t De
Uÿtvlugt (later Montagu) gelegen agter in de Mond de Coghemans Cloof op de Cral mits al
daar iemand leggen in't hoedan niet hinderlyk te zyn". Die laaste kwitansie aan Blyeberg
uitgereik is dateer 14 September 1754, maar hoe lank Blyeberg nog gebly het, is onbekend.
Op 20 April 1786 word Uitvlug eers weer as "verlatene plaats aan Jacob Francois Joubert G
Zn" toegeken, wie se laaste kwitansie op 8 September 1788 uitgereik is ? RLR34/2 P.179a.
(?n Mens wonder of vandag se Lemoenkraal destyds Blyeberg se veekraal was).
Daar volg 'n onbekende tydperk tot en met 'n Pieter Swanepoel uit Wellington weer sy
verskyning maak. Bykans sewe-en-neëntig jaar na Blyeberg en drie-en-vyftig jaar na J F
Joubert, wat moontlik nog langer gebly het as sy laaste bekende kwitansie van 1788.
Swanepoel (sien Montagu Geskiedenis van Hofmeyr) kry ? grondbrief gedateer September
1841 vir 1448 morg, maar in 1844 verkoop hy weer aan Daniel S. van der Merwe. (Swanepoel
se grondbrief is in Montagu se Biblioteek te sien). In 1850 besluit van der Merwe om dorp
uit te Iê. Volgens die Rietvlei II-Joubert Geskiedenis in die Museum, het Jozua Petrus Joubert,
toe op "Die Erf? woonagtig, as ouderling van die Wyk Agter Cochmanskloof van Swellendam
gemeente, hom beywer vir afstigting en het op 'n Kerkraadskomitee gedien en is Uitvlug sterk
aanbeveel. Dis toe dat D S van der Merwe aansoek doen om ? dorp uit te Iê in 1850 en die
Kerk koop die res van die plaas wat nie as erwe opgesny en verkoop was nie. (Die nuwe
gemeente het ? bruidskat van 90c gekry). [1]
|