| Sources |
- [S69] DATABASE - eSAGI.
Geregsbode, landbouer Romansrivier (veeplaas aangrensend tot De Plaisante), Waveren.
Volgens SAG 1 was hy van Utrecht in Nederland afkomstig.
Watter inligting ek wel het is dat Rachel Joubert, die elfde en jongste kind van Pierre Joubert en Isabeau Richarde op 22.1.1730 te Stellenbosch getroud is met Dirk Willem CRAFFORD. Hulle het op die veeplaas, wat 'n leningplaas was, Romansrivier in die Land van Waveren (die huidige Tulbagh, geboer. Romansrivier het gegrens aan De Plaisante, die leningplaas van Rachel se vader Pierre Joubert. Dirk Willem Crafford is tussen 1740, toe hy as bewerker van die leningplaas geregistreer is en 1744 toe sy en Rachel Joubert se boedelinventaris by die weesheer geregistreer is, oorlede [KAB: RLR 10/1; 2.2.1740 bl.169; MOOC 8/6 no.61 Maart 1744].
|