| Notes |
- 1732/1733
1732/1733
Died after his wife. His estate inventory was drawn up on 30.3.1730: from Vredenburg, in on 31.12.1693 and 27.11.1694 a soldier in the Cape in service of the "Kompanjie". For 1692 he paid over 45.35 gulden and 54 gulden for 1693. This possibly points to him haveing entered into service of the "Kompanjie" at the end of February 1692 in Amsterdam and possibly arrived at the Cape in the winter of 1692. It is also mentioned that he came from Vredenburg. Although there is no town or city of this name in the Netherlands, Vredenburg is possibly the name of diverse farmhouses and monasteries in the former barony of Breda. According to Redelinghuys, the family descends from Floris de Bruen born in Brabantand died in Gorinchem, Netherlands 17.4.1639. In 1712he owned amongst other things, 25 cattle, 200 sheeo and 3000 vines. He sold Vderenburg to his brother in law Hans Jacob Conterman on 19.4.1715. With the completion of the "Opgaafrolle" [Return rolls] in April 1716 he only owned a horse, a "snaphaan" [flintlock presumably musket], a "degen" [sword] and two pistols.
Du Plooy.paf:
Volgens die bekende historikus, George McCall Theal, was Theunis de Bruyn in 1691 'n burger van Drakenstein. Hierdie fout, soos hieronder aangetoon word, kom ook, onder andere, in C.C. d e Villiers se Geslagsregisters voor.
Op 27.11.1694 het Theunis volmag gegee dat 99 gulden aan Margaretha Lindenhovius (wed. Tas) , van Amsterdam, oorbetaal word. Simon van der Stel het die Kamer van Amsterdam per brief versoek om die geld in ontvangs te neem. In hierdie twee dokumente word vermeld dat Theunis op 3 1.12.1692, 3 1.12.1693 en op 27.11.1694 'n soldaat in die Kaap in diens van die Kompanjie was. Vir 1692 het hy 45,35 gulden oorbetaal en 54 gulden vir 1693. Dit dui moontlik daarop dat hy teen die einde van Februarie 1692 in Amsterdam in diens van die Kompanjie getree het , en moontlik in die winter van 1692 in die Kaap aangekom het. Daar word ook vermeld dat hy van Vredenburg afkomstig was. Hoewel daar nie 'n dorp/stad met hierdie naam in Nederland is nie, is Vredenburg moontlik die naam van diverse landhuise en kloosters in die voormalige baronie van Breda. Theunis en Willem Reinierst Duyssers het die plaas "Bloemkoolfontein" (61 morge, 200 vierkante roede) op 29.11.1694 van Steven Vermey, in gelyke dele, gekoop. "Bloemkoolfontein" is tans die kern van die bekende "Fairview"-landgoed in Suid-Agter-Paarl. Theunis, wat op 27.11.1694 nog 'n soldaat was, is op 29.11.1694 'n vryburger genoem. Sy naam kom eers in die Monsterrolle van vryburgers van 1695 voor. Hy het in 1695 wapens, vyf beeste, 100 skape en 1 500 wingerdstokke besit. In 1700 het hy wapens, 20 beeste, 150 skape en 6 000 winger dstokke besit, terwyl Duyssers niks besit het nie. Theunis het dus Duyssers se deel van "Bloemkoolfontein" voor of gedurende 1700 gekoop. Op 28.7.1701 het Theunis die plaas "Vrymansfontein" (65 morge, 100 vierkante roede) van Barend Janz van Swol gekoop. Hierdie plaas is naby "Bloemkoolfontein" geleë. 'n Paar maande later, op 27.1.1702, het hy Jan Ketelaar, 'n soldaat in diens van die Kompanjie, as boukneg vir een jaar teen 12 gulden per maand gehuur. Volgens die kasboek van die Drakensteinse koringmeul het Theunis strooi gedurende 1702 gelewer. Dit het skynbaar goed met sy boerdery gegaan, want op 3.1.1705 het hy weer 'n soldaat, Coenraad Hendriksz Clunder, vir een jaar teen 14 gulden per maand gehuur. In Julie 1705 het hy beide plase verkoop; "Vrymansfontein" aan Marthinus van Staden, en "Bloemkoolfontein" aan J van Brommert en Steven Vermey.
Die verset teen Willem Adriaan van der Stel was besig om 'n hoogtepunt te bereik. Theunis was een van die 242 vryburgers wat op 18.2.1706 'n verklaring ten gunste van W.A. van der Stel onderteken het.16 Ongeveer 'n maand later het die pagter van Kaapse wyn, Johannes Phyffer, op versoek van Van der Stel verklaar dat hy van 1.9.1705 tot 24.3.1706 wyn van 'n aantal burgers (insluitende ag leers van Theunis de Bruyn) gekoop het. Van der Stel het hiermee gepoog om te weerl dat die pagter slegs van amptenare wyn sou koop. Op 30.7.1706 het Theunis beves tig dat hy nog vier leers brandewyn aan Phyffer moes lewer.18 Op die volgende dag het hy di e plaas "Paarl Diamant" (128 morge, 50 vierkante roede), in die teenswoordige Noord-Agter-Paarl, van Theunis van Schalkwyk vir 15 000 gulden gekoop. Na 'n verblyf van meer as 14 jaar in Drakenstein het Theunis de Bruyn "Paarl Diamant" en twee van sy slawe, Augustus van Madagaskar en September, op 24.7. 1709 aan Nicolaas Gockelius vir 15 400 gulden verkoop. Theunis het tydens sy verblyf in Drakenstein 'n aktiewe rol in die burgermag van die gebied gespeel. In 1700 en 1701 was hy een van Drakenstein se voetvolk. Van 1702 tot lm was hy 'n sersant in die infanterie van Drakenstein. In hierdie hoedanigheid is in 1704 opdrag aan hom gegee om ammunisie in die Kaap te gaan haal vir die jaarlikse papegaaiskiet op Stellenbosch. Theunis het Drakenstein voor die einde van 1709 verlaat, want in die Opgaafrol van 1709, wat in Desember 1709 opgestel is, word hy onder Stellenbosch aangegee. 24 Op 27.10.1711 het hy die plaas "Vredenburg" (54 morge, 112 vierkante roede), naby die teenswoordige Firgrove, van Johannes Bockelenberg se boedel vir 2 400 gulden gekoop. 21 Volgens die Opgaafrol van 1709 het hy, onder andere, nege beeste, 100 skape en 3 000 wingerdstokke besit. Hy het "Vredenburg" dus moontlik al in 1709 in besit geneem, alhoewel oordrag eers op 27.10.1711 geskied het. Na byna 20 jaar in die land is hy op 17.5.1711 met Justina Cleef getroud. Justina is op 13.4.1697 in Drakenstein gedoop. Haar doop is in Frans in die "Fransch Doopboek" opgeteken. Justina se ouers was Nicolaas Cleef van Groszsalze in Duitsland, en Barbara le Febre van Fleurbaix in Waals-Vlaandere. Volgens haar pa se boedelinventaris is Justina kort voor haar doop gebore. Sy was dus met haar huwelik skaars I4 jaar oud. Barbara le Ftbre was waarskynlik 'n suster van Pierre le Febre van Fleurbaix. Simon van der Stel het op 31.1.1695 en 28.7.1695 die bekende Stellenbosse buurplase, "Grote Zalte"
en "Fleurbaa", aan Nicolaas Cleef en Pierre le Febre, onderskeidelik, toegeken . Met Theunis en Justina het dit gedurende die eerste paar jaar van hul huwelik oenskynlik goed gegaan. Hulle twee oudste kinders is waarskynlik op"Vredenburg" gebore en beide is op Stellenbosch gedoop. Volgens die Opgaafrol van 1712 het Theunis, onder andere, 25 beeste, 200 skape e n 3 000 wingerdstokke besit. Op 19.4.1715 het hy egter "Vredenburg" aan sy swaer, Hans Jacob Conterman, verkoop. Kort hierna is Theunis en Justina se enigste dogter, Maria, gedoop. Die verkoop van "Vredenburg" het 'n tydperk van swaarkry vir die gesin ingelui. Met die opstel van die Opgaafrolle in April/Mei 1716 het Theunis en sy gesin nog op Stellenbosch, of in die omgewing van Stellenbosch, gewoon. Hy het toe net 'n perd, 'n snaphaan, 'n degen en twee pistole besit. Catharina le Fibre het op 14.7.1716 'n versoekskrif aan die Politieke Raad in verband met haar oorlede man, Abraham Everts, se boedel gerig. Daarin word vermeld dat Theunis de Bruyn een van die skuldenare van die boedel is. Hy en sy gesin het hierna Drakenstein toe getrek. Hy was 'n lid van die burgermag van Drakenstein van Oktober 1716 tot Oktober 1722. In die Opgaafrolle, wat jaarliks gedurende April en Mei opgestel is, word hy egter in 1719, 1720 en 1721 onder Stellenbosch aangegee. Die egpaar se seun, Pieter, is op 24. 10.1717 in Drakenstein gedoop, terwyl hul jongste kind, Hendrik, op Stellenbosch op 21.7.1720 gedoop is. Die De Bruyns het dus van 1716 tot 1722 tussen Stellenbosch, en omgewing, en Drakenstein rondgetrek. Theunis het in hierdie tydperk net wapens en soms 'n perd besit. Tot oormaat van ramp is hul seun, Sybert, in 1718 of 1719 oorlede. Van 1723 af het Theunis en sy gesin hulle weer op Stellenbosch, of in die omgewing van Stellenbosch, bevind. Dit het stadigaan beter begin gaan. In 1724
en 1725 het Theunis darem, benewens sy wapens, 25 en 28 hoenders, onderskeidelik, besit. Op 7 .9.1726 het hy die plaas "Uitkyk" (60 morge, 271 vierkante roede) van Abraham Cloete gekoop . Hierdie plaas is tans 'n gedeelte van die bekende Stellenbosse plase "Uitkyk"en "Kanonkop". In dieselfde jaar het Theunis afge tree as 'n lid van die burgermag, nadat hy van 1723 af 'n lid van die infanterie van Stelle nbosch was. Sy aftrede in 1726 mag moontlik daarop dui dat hy in 1666 gebore is. Hy was weer 'n wynboer en het nog wingerd op "Uitkyk" aangeplant. Op 1.4.1731 was Theunis en Justina hul eerste kleinkind, Petronella Stevens , se doopgetuies. 'n Groot ramp het die gesin 'n jaar en 'n half later getref. Justina is teen die einde van 1732 op 35-jarige ouderdom oorlede. Theunis het nog geleef toe haar boedelinventaris op 23.12.1732 opgestel is. Hy het sy vrou nie lank oorleef nie. Op 30.3.1733 is ook sy boedelinventaris opgestel. Theunis is dus tussen 23.12.1732 en 30.3.1733 dood. Aangesien "Uitkyk" nog net gedeeltelik betaal was, moes die plaas en die gesin se roerende besittings verkoop word. Op 8.4. 1733 is kennis van die veiling van roerende besittings gegee. Hierdie veiling het op 20.4. 1733 plaasgevind en goedere ter waarde van 405.25 gulden is verkoop. In die betrokke vendurol word die prys en koper van elke item - van 'n ossewa tot teegerei - verstrek. "Uitkyk" is vir 6 000 gulden aan Jan Engelbrecht verkoop. Engelbrecht het die eerste paaiement van 2 000 gulden op 12.6.1733 betaal en die laaste op 10.10.1735. Theunis se boedelrekening is hierna afgesluit. Elke kind het 491,65 gulden geerf. Nicolaas en Maria se erfporsies is in Oktober 1735 aan hulle oorgedra , terwyl die minderjarige kinders, Pieter en Hendrik, onder die voogdyskap van die Weeskamer geplaas is. Theunis se boedelrekening bevat heelwat interessante gegewens. Die timmerman, Gilyn van Gogh, is, byvoorbeeld, 30 gulden vir die doodkis betaal, die begrafnisonkoste het 45 gulden beloop, en die voorleser van Stellenbosch, Abraham Faure, is vir "kerkegeregtigheid en aanspreking" 30 gulden betaal. In die kasboek van die Stellenbosse diakonie is op 26.12. 1733 ontvangs van 12 gulden vir die "lyk van Theunis de Bruyn" erken. Hy is dus waarskynlik in die ou kerkhof rondom die Stellenbosse Moederkerk begrawe.
Soos uit die voorafgaande blyk, is daar nog baie onbeantwoorde vrae. 'n Mens sou graag, byvoorbeeld, wou weet wie Theunis se ouers was, en waar en wanneer hy gebore is. Volgens J.H. Redelinghuys stam Theunis de Bruyn af van 'n sekere Floris de Bruen, wat in Brabant gebore is en op 17.4.1639 in Gorinthem oorlede is. Hierdie bewering is waarskynlik onjuis, want Theunis word nie in die gepubliseerde geslagsregister van Floris de Bruen (de Bruyn) se afstammelinge genoem nie. Sommige nasate van Theunis beweer dat hy van Franse afkoms was. Hoewel Louis Leipoldt dieselfde in sy boek oor die Hugenote beweer, kon opsteller nie dokumentere bewyse daarvan vind nie. Dit is wel waar dat Justina Cleef half-Frans was en dat baie van haar en Theunis se afstammelinge met die van Hugenote getrou het.
More history available on http://worldconnect.rootsweb.com/cgi-bin/igm.cgi?op=PED&db=:606972&id= I22554 and in Pama I p112.
Hy en Justina had 5 kinders.
Arriveer in 1691 van Vredenburg, Duitsland. Pama I sê dat volgens Redelmghuys sou die familie afstam van Floris de Bruen, gebore te Brabant en oorlede te Gorinchem (Nederland) op 17.4.1639.
epared by Prof G F C de Bruyn, Stellenbosch
|