| Notes |
- info[@]familiebande[.]co[.]za
Die webmeester, Familie Bande
Graag wil ek u bedank dat u so mildelik u navorsing op die web beskikbaar gestel het
Dit is via die FICK bande (Paula FICK) in Australie dat ek op u webtuiste afgekom het en met GROOT vreugde ondek het wie is
Johannes Paul FICK, van Elandsfontein se grootVader en grootMoeder aan FICK kant
MY vrou se ouma "Petronella Hendrina /Fick/ was die jongse suster van Johannes Paul FICK, van Elandsfontein van u navorsing en belang Sy was geroud met Ignatius ( Naas) Wilhelm Rabe van Piet Retief. Naas en Koos Fick was vriende in 1914 en het toe met Koos en Jan se sus getrou.
Ek het ook NOOIT die koekte volgorde van hierdie broers en susters geweet NIE
Ek het nooit kon bepaal dat Paul Johannes Fick (oorl 1875) en Anna Francina Booysen die ouers van Nicolaas Hendrik Fick was nie!
Dit kon ek op jou webblad uitklaar ! BAIE dankie daarvoor en BAIE klip- en baksteenmure het hiermee vir my kon afgebreek word
Nou die GOEIE nuus
ek het FOTO's van van hierdie perone in my besit en ek deel dit graag met u as 'n bylaag.
Ek het hulle terwille van e - pos saamgepers. Sou u die volle kwaliteit foto verlang kan ek vir u op CD laat sny
Ook mag ek miskien datums ea inligting het wat u nie het nie. Ek stuur dan 'n opsomming van die stamboom waar my vrou PETRONELLA (nooi RABE) verwant is
Graag verneem ek wie u wepblad onwerp het en of u dit self kan admistreer.
Beste Groete
Louis Scheepers VRYHEID
|