| Notes |
- e9 Pieter Emelius Streicher, * 29-12-1855 en @ 10-02-1856 te Swellendam en + 21-12-1935
X 18-07-1882 Hendrina Jacomina CILLIERS te Swellendam
[Pieter is vernoem na ?n goeie vriend van sy pa en hierdie name het in hierdie afdeling van die Linde-familie ?n belangrike plek ingeneem. Pieter het van Boesmanspad af gekom en die plaas Bruintjiesrivier (vernoem na Bruintjie, ?n perd van die Steyns, die oorspronklike eienaars) vir 700 goue ponde gekoop. Was ?n dapper man en verower ?n silwermedalje vir sy deelname aan die laaste grensoorlog. Hy was ?n stil maar oplettende man wat ?n groot bydrae in die gemeenskap gelewer het.]
f1 Hans Jurie, * 27-08-1883 te Swellendam
X 19-09-1914 Christophera Frederika Johanna JOUBERT
g1 Christonera Frederika (Freda), * 12-12-1915 en @ 05-03-1916 te Swellendam
- Freda is die bekende skryfster wat reeds op heel jeugdige ouderdom begin skryf het. Sy het in Worcester en Kaapstad skoolgegaan. Sy tree op as redaktrise van Die Huisvrou en later as redaktrise vir twee welbekende uitgewers. Sedert 1971 lewer sy werk as vryskutskryfster. Sedert 1964 het sy sewe toekennings vir haar kinderboeke ontvang. Haar bekendste boek is ?Die singende gras? waarvoor sy die Scheepersprys en die JH Hofmeyrprys ontvang het. Sy woon in Kaapstad en het in haar loopbaan twee bundels essays en minstens agtien kinder- en jeugboeke die lig laat sien.
|