Print Bookmark

Histories

» Show All     «Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 Next»     » Slide Show

Ellie (Elsie Aletta Cecilia) GRIEZEL - deur Fred Sandow (Kleinseun)

AGTERGRONDGESKIEDENIS VAN
ELSIE ALETTA CECILIA LEONARD (GEBORE GRIEZEL)~[OUMA ELLIE]
& JAN DANIËL LEONARD (OUPA JAN)
Elsie Aletta Cecilia Griezel (Ouma Ellie) se Grootouers, m.a.w haar Oupa en Ouma, was Hendrik Johannes Griezel en Elsie Aletta Cecilia (Gebore Grobler).Ouma Ellie se ouers was Gerhardus Griezel (Oupa Griezel) en Maria Elizabetha Francina (gebore Swanepoel) en het ... (lees meer)

Loading...


ELLIE - deur Fred Sandow (Kleinseun)

AGTERGRONDGESKIEDENIS
ELSIE ALETTA CECILIA LEONARD (GEBORE GRIEZEL)~[OUMA ELLIE]
en
JAN DANIËL LEONARD (OUPA JAN)

Elsie Aletta Cecilia Griezel (Ouma Ellie) se Grootouers, maw haar Oupa en Ouma, was Hendrik Johannes Griezel en Elsie Aletta Cecilia (Gebore Grobler).
Ouma Ellie se ouers was Gerhardus Griezel (Oupa Griezel) en Maria Elizabetha Francina (gebore Swanepoel) en het op die plaas Driepoort, Sandspruit, in die destydse distrik Wakkerstroom, waarvandaan Volksrust later afgestig is en die Volksrust distrik op sy eie geword het, gewoon.
Die plaas is ongeveer 20 kilometer buite Volksrust op die nasionale pad na Standerton-pad geleë. By Sandspruit draai jy links af op die enigste plaaspad wat daar is, en sowat vyf kilometer verder kom jy aan die regterkant van die plaaspad by die plaas Driepoort, uit. Die plaas Dassieklip is sowat twee kilometer verder aan die linkerkant van die pad geleë.
Oupa Griezel-hulle was boere en het hoofsaaklik met skape, beeste en mielies geboer.
Oupa Griezel is op 26 Maart 1864 te Bloemfontein die Vrystaat gebore en Ouma Griezel is in Volksrust op 16 April 1872 gebore.
Oupa Griezel is oorlede op 22 Mei 1949 en Ouma Griezel is oorlede op 31 Desember 1954. Albei is in die ou Kerkhof op die Rooibult te Volksrust begrawe.
Oupa Griezel was een van een-en-twintig kinders gewees. Sy een suster en 'n broer Dawid het in die Pongola distrik geboer. Volgens oorlewering het Oupa Griezel as jong man gereeld met sy skape na die wintersveld in die Pongola omgewing getrek en dis waar hy vermoedelik vir ouma Griezel ontmoet het.
Hulle is in Piet Retief getroud en na skatting ongeveer in die jaar 1890.
Van Oupa Griezel se baie broers en susters se name wat onthou kan word is Oom Jaap wat getroud was met Tan Magriet, Oom Dawid, Oom Flippie en Oom Heinie. Oom Flippie was nooit getroud nie.
Uit Oupa Griezel-hulle se huwelik is twee dogters, Hester Johanna (Tant Poppie), gebore 23 November 1892 op die plaas Burgershoop, distrik Wakkerstroom en Elsie Aletta Cecilia (Ouma Ellie of Latie soos sy ook bekend gestaan het), gebore 6 Maart 1895 op die plaas Burgershoop, distrik Wakkerstroom, en 'n seun, Hendrik Jacobus gebore in 1893, ook op die plaas Burgershoop.
Hendrik sterf op 1 Desember 1918 op 25 jarige leeftyd, kort nadat hy uit die konsentrasie kamp op Volksrust vrygelaat is, vermoedelik aan longontsteking. Hy is op die plaas Driepoort waar hulle gewoon het, 'n aangrensende plaas aan die plaas Dassieklip, begrawe.
Hendrik was getroud met Cecilia Labuschagne (Tan Celia) en uit hul huwelik is 'n seun, Gerhardus, gebore, bekend by die familie as Gert of Rooie. Na Hendrik se afsterwe is Tan Celia weer getroud met oom Kerneels du Plessis (Oom Corn) se pa.
Tant Poppie was getroud met Willem Adriaan Labuschagne (oom Willem), en uit hul huwelik is twee seuns gebore : Jacobus Johannes (Kosie) en Gerhardus (Kleingert / Lappies).
Kosie was getroud met Miemie Roberts. Haar ouers was boere van die Volksrust distrik. Haar ma is oorlede toe sy nog klein was en is deur familie grootgemaak. Kosie is van haar geskei en trou later weer met Hettie Knight van Charlestown , Natal. Hettie was die dogter van Oom John en Tant Hester Knight van Charlestown. Kosie en Hettie het saam vier kinders gehad, twee seuns en twee dogters: Willie, Hannes, Hettie en Hanlie.
Kosie is in 'n motorongeluk te Stanger oorlede, hy het beheer oor sy motor verloor en in 'n sloot beland. Hy is in Stanger begrawe. Chrissie is gedurende 2008 oorlede en in Pietermaritzburg begrawe.
Die oudste dogter, Hettie is aan kanker oorlede en te Volksrust begrawe. Willie woon in Blythdale op die Natalse Noordkus, Hannes woon in Durban en Hanlie woon in Pietermaritzburg.
Kleingert was drie keer getroud en drie keer geskei. Sy eerste vrou se naam was Maggie Erasmus en saam het hulle twee kinders, 'n seun, Willie en 'n dogter, Gloria, aangeneem.
Willie het in 'n motorongeluk gesterf en gloria is deur haar man op Volksrust doodgeskiet.
Sy tweede vrou se naam was Sally - van onbekend- en by haar het hy 'n dogter, Sonja, gehad.
Sy derde vrou, Susie, se van is ook onbekend, en hulle het ook nie kinders gehad nie.
Albei die susters, Tan Poppie en Ouma Ellie, het slegs tot standerd drie skoolgegaan. Hulle het hul skoolloopbane in Wakkerstroom begin. Daar was daardie tyd 'n skoolboekie genaamd die “Trap der Jeugd”en as 'n leerder hierdie boekie deurgewerk en geken het, was dit as voldoende akademiese geletterdheid beskou.
Ouma Ellie was getroud met Jan Daniel Leonard (oupa Jan), vir wie sy op die plaas Dassieklip by Sandspruit, naby Volksrust, in die destydse Wakkerstroom distrik, ontmoet het.

Oupa Jan se ouers het op 'n aangrensende plaas, 'n onderverdeling van Dassieklip gewoon en was bure van Ouma Ellie-hulle.
Oupa Jan se ouers was Eduard Johannes Leonard, gebore 20 Junie 1861 en Susanna Gertruida Labuschagne, gebore 3 September 1860. Sy het bekend gestaan by die familie as Tant San Oupa Jan se oupa en ouma was John Daniel Leonard, gebore op 19 Oktober 1829 te Riversdale, Kaapprovinsie en Susanna Johanna Oosthuizen, gebore 31 Julie 1836 te Riversdale, Kaapprovinsie. Hulle is getroud op 4 Julie 1853 Ouma Susanna is oorlede op 31 Julie1909 op die plaas Dassieklip, en ook daar begrawe.
Haar eggenoot, oupa John is oorlede op 10 Maart 1900 in die ouderdom van 39 jaar en ook op die plaas Dassieklip begrawe.
Oupa Jan-hulle was vier kinders - hyself en drie susters.
Die susters se name was Anna Elizabeth Magdalena Johanna (Ou Tan/Tan San) gebore op 7 Maart 1885. Sy was getroud met oom Chrisjan Coetzer en het twee seuns gehad, Eduard en Chrisjan, en het in die Piet Retief distrik geboer. Ongelukkig moet inligting rondom hulle twee seuns, Eduard en Chrisjan nog ingewin word.
Die tweede oudste suster, Susanna Johanna , was gebore op 15 Februarie 1887. Sy was getroud met Daniël Stefanus Petrus Coetzer (oom Stefaans), gebore op 17 Januarie 1878. Hulle het vier kinders gehad : San, Daniël, Eduard en Gert.
Hulle het ook in die Piet Retief distrik geboer.
Sover dit hulle vier kinders betref, was San getroud met Henry Kuit van Piet Retief. Henry was 'n geskeide man en uit sy eerste huwelik is twee seuns gebore, Danie en Henry.
Uit sy tweede huwelik met San is net een dogter, Sanpat, gebore, wie tans op Volksrust woonagtig is. Sanpat was ook tweekeer getroud, eers met 'n Lourens Mol en daarna met 'n Dries van Wyk, 'n landdros van Volksrust.
Danie, die oudste seun, was getroud met Anna Kruger en hulle het geboer naby Hammanskraal by Rust-de-Winter. Danie is gedurende Februarie 2007 oorlede en Anna woon steeds by die kinders op die plaas. Geen inligting is beskikbaar rondom die ander twee seuns, Eduard en Gert nie.
Die jongste suster van oupa Jan, Susanna Gertruida (Tant Truia), is gebore op 17 April 1895. Sy was getroud met Nicolaas Johannes van der Merwe (oom Niklaas). Hulle was boere en nadat hulle afgetreë het, in Charlestown, Natal, gaan vestig. Hulle het drie kinders, een seun en twee dogters gehad : Jan, Babs en Anna.
Jan was getroud met Dollie van Rensburg van Charlestown, en hulle het twee seuns en 'n dogter gehad : Ernst, die oudste seun en die ander twee se name is nie bekend nie.
Babs was getroud met 'n Odendaal, van wie sy later geskei is. Hulle het 'n seun en dogter saam gehad.

Terug by oupa Jan.
Oupa Jan se pa, Eduard, het 'n broer gehad ook met die naam Jan Daniël Leonard. Hierdie oom van oupa Jan het dieselfde name as oupa Jan gehad. Hy het ook op die plaas Dassieklip gewoon en was drie keer getroud.
Ter inligting kan net genoem word dat die plaas Dassieklip aanvanklik 'n baie groot plaas was wat aan die Leonard voorgeslagte behoort het, maar met die aanwas in die Leonard familie is die plaas herhaaldelik onderverdeel in kleiner plase.
Oupa Jan se oom, hierbo genoem, se eerste twee vroue se name is nie bekend nie. Sy derde vrou was Martha (Tant Martha) en saam het hulle drie kinders gehad: Jan, Koos en Frik.
Oupa Jan se pa , Eduard, was gedurende die Anglo-Boere Oorlog van 1899-1902 in die kop gewond. Hy is 'n maand later na 'n onsuksesvolle kop-operasie oorlede en is in Volksrust in die ou kerkhof begrawe. Oupa Jan was toe ongeveer ses jaar oud.
Na sy pa se afsterwe, trou Oupa Jan se ma (Tant San) met oom Hans Botha (oupa Botha). Dit is nie seker of oupa Botha geskei was of 'n wewenaar was nie. Nietemin, hy het een seuntjie gehad genaamd Antoon.
Saam het oupa Botha en oupa Jan se ma een dogter gehad - Fiena (Tant Fiena). Hulle het destyds op die plaas Weltevrede in die distrik Volksrust geboer, waar Tant Fiena ook gebore is. Sy was die halwe suster van oupa Jan en is later getroud mt ene Gert Worst. Gert was die seun van Oom Dirkie Worst Oom Gert Worst en Tant Fiena het saam ses kinders gehad waarvan die name en geslagte ongelukkig nie bekend is nie. Een van die dogters egter het die name Susanna Gertruida, een van die familiename, gehad en sy was met ene Moore getroud.

Oupa Jan se ma, Tant San, is oorlede gedurende 1926 en is op die plaas Dassieklip begrawe Oupa Jan en ouma Ellie, het aanvanklik ook geboer op die plaas Dassieklip.
Uit hul huwelik is gebore twee dogters, Maria Elizabeth Fransiena (Miemie of Tanna), gebore op 7 Augustus 1915 te Volksrust en Susanna Gertruida (Sannetjie of Tanna), gebore op 27 September 1920, op die Rooibult te Volksrust. Hulle het ook 'n seuntjie gehad, Eduard Johannes, wat oorlede is aan longontsteking toe hy tien dae oud was.
Digby die plaas by Sandspruit was 'n plaasskooltjie, waar hul twee dogters, Miemie en Sannatjie begin skool gaan het. Sandspruit is basies maar net 'n spoorweghalte met een of twee spoorweghuisies, 'n plaasskool en 'n plaaswinkeltjie wat dstyds deur 'n Jood, ene Berman, bedryf was. Berman was later deur ene Du Plessis vanaf Johannesburg, in sy winkel doodgeskiet na 'n geskil oor diamante.
Miemie het na standerd ses skool verlaat en Sannatjie het na standerd sewe die skool verlaat Oupa Jan self, net soos ouma Ellie, het net tot standerd drie geleer.
Nadat Miemie skool verlaat het, staak oupa Jan die boerdery en die gesin verhuis na Piet Retief. Sannetjie wat nog skoolgaande was, het haar skool loopbaan hier voortgesit.
Oupa Jan het begin werk by 'n saagmeule net buite Piet Retief naby 'n plekkie genaamd Idalia, digby Ishwepe , sowat sestien kilometer buite Piet Retief . Sy pligte was om toesig te hou oor die bykans 300 swart werknemers wat bome moes afkapn die stompe voorberei vir gebruik in myne landwyd.
Oupa Jan bedank hierdie werk en hulle verhuis na Amsterdam waar oupa Jan vir 'n privaat onderneming begin werk. Hy was behulpsaam met die plant van pale vir die span van elekriese drade. Sannatjie het weer hier verder skoolgegaan.
Ook hierdie werk bedank oupa Jan en die gesin verhuis nou na Charlestown in Natal waar hy by 'n konstruksie maatskappy aangesluit het wat die spoorlyn tussen Charlestown en Newcastle, by Inkwelo in Natal, gebou het. Hy was behulpsaam met die lê van die spoorlyn. Sannatjie het haar skoolloopbaan te Charlestown voltooi.
Oupa Jan bedank ook hierdie werk en die gesin verhuis na Volksrust, woon eers op die Rooibult en en koop later 'n huis in Schoonstraat. Oupa Jan het vir homself as bouer begin werk het totdat hy in sy laat vyftigs weens siekte nie verder kon werk nie.

Hy is op 3 Maart 1949 aan maagkanker op 58-jarige ouderdom oorlede en is in die ou kerkhof op die Rooibult in Volksrust begrawe.

'n Hele aantal jare na Oupa Jan se afsterwe, treë Ouma Ellie weer in die huwelik met ene Ferdinand Viljoen (Oom Nant) 'n afgetrede boer van die Volksrust distrik. Hul huwelik was kortstondig aan gesien Oom Nant na sowat twee jaar later aan maagkanker oorlede is. Hy is ook in die ou kerkhof op die Rooibult in Volksrust begrawe.

Voordat oupa Jan-hulle die plaas Dassieklip verlaat het, en nadat Miemie haar skoolloopbaan te Sandspruit voltooi het, het sy haar toekomstige man,Cornelius Johannes du Plessis (Oom Kerneels Of Oom Corn), wat as sinjaalman (lampman) by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens te Sandspruit werksaam was, ontmoet. Oom Kerneels het by Oupa Jan-hulle loseer.
Na ongeveer 'n jaar later bedank Oom Kerneels die SAS&H en sluit hom aan by Oupa-hulle te Piet Retief. Hy begin aanvanklik in Piet Retief werk as padmaker, maar begin later werk by 'n Jood, ene Schiel, as vragmotorbestuurder en moes op 'n gereelde basis diverse vragte per vragmotor na Brummersdorp vervoer.
Hy en Miemie is later gedurende 1932, hier getroud.
Na sowat twee jaar as getroudes in Piet Retief kry oom Kerneels 'n oorplasing terug Sandspruit toe en hervat sy ou werk by die SAS&H. Hulle het toe reeds vir Willem Schalk (Willie) hul oudste gehad wie net buite Piet Retief op 'n plaas gebore is.
Die gesin was nie baie lank terug op Sandspruit nie of oom Kerneels word verplaas na Van Reenenspas in die Vrystaat Willie en Elsie was noual sowat vyf en drie jaar onderskeidelik oud.
Vanaf Van Reenenspas word oom Kerneels weereens verplaas na Volksrust waar hy tot Kondukteur by die SAS&H bevorder is.
Bo en behalwe vir Willie en Elsie, is daar nog drie kinders gebore, in totaal dan vyf kinders uit hul huwelik. Van die oudste tot die jongste was dit Willem Schalk (Willie), Elsie Aletta Cecilia(groot Elsie), Jan Daniël Leonard (Jannie), Cornelius Johannes (Duppie) en Eduard Johannes (Eddie). Behalwe vir Willie is die ander vier kinders almal in Volksrust gebore.
In Volksrust het die gesin aanvanklik in De Jagerstraat op die Rooibult gewoon, daarna trek hulle Monumentstraat toe en later weer na Schoonstraat.
Hulle verhuis later na Germiston waar oom Kerneels steeds as kondukteur by die SAS&H gewerk het tot en met sy aftrede. Hulle albei is hier oorlede en in die Elspark begraafplaas in Elsburg, Germiston begrawe.

Wat Sannetjie betref, het sy , terwyl oupa-hulle op Charlestown woonagtig was, en nadat sy skool verlaat het, vir Frederick Carl Sandow (Fred) haar latere huweliksmaat ontmoet. Hy het ook by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens te Charlestown gewerk, eers as arbeider, daarna as rangeerder op Volksrust en laastens as terreininspekteur te Glencoe en Newcastle.
Vanaf Charlestown het Fred en Sannetjie na Volksrust verhuis en bewoon 'n huis in Volkstraat en koop later 'n huis in Schoonstraat, nr 67a.
Saam het hulle vier kinders gehad: Frederick Carl (Freddie), Elsie Cecilia (klein Elsie), John Daniel (Johnnie) en Jeannie Moira (Jeannie) . Freddie is in Charlestown gebore en die ander drie is aldrie op Volksrust gebore.
Vanaf Volksrust word Fred verplaas na Glencoe, Natal, as terreininspekteur by die SAS&H waar Johnnie gematrikuleer het.
Fred word later verplaas na Newcastle, alwaar hy ook afgetreë en gewoon het tot en met sy afsterwe.
Fred is op 29 Augustus 1971 oorlede en in die ou kerkhof te Newcastle begrawe.
Sannetjie is nou 90 jaar oud en woon steeds op haar eie te Newcastle in die Belle Vie aftreë-oord.

Owner/SourceLJoubert-Familiebande
File namegriezel-elsie-aletta-cecilia-leonard-viljoen-b1895.jpg
File Size3.06k
Dimensions80 x 97
Linked toElsie Aletta Cecilia GRIEZEL

» Show All     «Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 9 Next»     » Slide Show






This site powered by The Next Generation of Genealogy Sitebuilding ©, written by Darrin Lythgoe 2001-2026.