Print Bookmark

Histories

» Show All     1 2 3 4 5 ... Next»     » Slide Show

HULDEBLYK AAN HETTIE FOURIE (deur haar broer Loutjie Joubert)

Sy het haar oorlede moeder, vir wie sy baie lief was, se name gekry: Hester, Elsie, Susanna JOUBERT, maar was altyd as HETTIE bekend.
Sy is op 'n plaas gebore, getoë op 'n plaas, skoolgegaan by 'n plaasskool, met 'n plaasboer, Koos Fourie, getroud, was plaasvrou/boervrou op 3 plase en vir 33jaar, tot sy oorlye, haar man se regterhand en steunpilaar.
Sy was getrou aan hom en selfs gedurende die 33jaar van weduweeskap het sy 'n eerbare en fatsoenlike lewe gevoer.
Haar naam sal altyd by ons in herinnering geroep word as 'n vrou wat die Here as haar Herder geken het, gedien het en vir Hom getuig het.
Sy het as moeder haar kinders 'n baie goeie opvoeding gegee. Ook om die huisaltaar is gereeld boekegevat, soms by kers-of lamplig, gekniel en beurtelings gebid en veral haar kinders ann die Hemelse Vader opgedra.
Sy sal onthou word as 'n besonder hardwerkende vrou wat newens haar huislike pligte ook nog haar eie boerdery met hoenders en groente suksesvol bedryf het.
Sy het die allerfraaiste naaldwerk gedoen, gebrei, gehekel, gesmok, gebak en was voortdurend besig.
Ook sy het in haar lewe hartseer beleef deur vroeg in haar huwelikslewe 'n pragtige dogtertjie op elf maande aan die dood moes afstaan, haar man na 33 gelukkige huweliksjare, 'n skoondegter en kort na haar, haar oudste seun in 'n motorongeluk verloor, maar sy het telkens berusting gevind.
Ons innige dank aan ons Hemelse Vader vir Hettie, haar voorbeeldige lewe, navolgenswaardige voorbeeldige lewe as suster, vriendin, vrou vir haar man, moeder vir haar kinders, as ouma en as grootmoeder.

Ons dank aan haar kinders wat aan haar eer en liefde betoon het en haar ook gedurende haar genade-jare versorg het: Petro en Piet vir julle liefdevolle aandag; Paul en Elsa wat haar vir etlike jare gehuisves en versorg het.

Ook aan haar pragtige, goedgemanierde en bedagsame kleinkinders by wie sy graag gaan kuier het: Oorlede Kobus se kinders: Elsa & ds Gerhard. Sy het dikwels vertel hoe lekker sy by julle gekuier het en hoe goed julle vir haar was.

Dankie vir die liefde wat julle vir haar gegee het en ook: Zelda en Glen, Sonja en Jompie; Petro se kinders: Suzette en Fanie, Jan en Lindsay; Hannelie en Bertus; Paul se kinders: Jaco, Jeanne en Charmain.

Dankie ook vir al die agterkleinkinders wat aan haar soveel vreugde verskaf het.

Ek, as haar jongste Boetie en my vrou Elsie sal haar altyd onthou, nie net vir die heerlike oliebolle nie maar haar liefde aan ons betoon, haar gebede, haar humorsin en die aangename kuiertjies.

Ons eer haar nagedagtenis!

HERE, hul wat weet, hul sê: "Wanneer U iemand wegneem, vul U daardie leemte met Uself."
Die wens om U te ken, is vêr beter as die swaar verlies!
Maak dit tog waar, o Heer vir elk wat so moet ly

Met liefde namens al die familie wat nie teenwoordig kan wees nie, maar wel in die gees saam met julle is.



Owner/Sourcefamiliebande
Linked toHester Elsie Susanna JOUBERT

» Show All     1 2 3 4 5 ... Next»     » Slide Show






This site powered by The Next Generation of Genealogy Sitebuilding ©, written by Darrin Lythgoe 2001-2026.