| Short Title | Die Polisie Stasies Van Montagu Oor Die Jare - Joubert Huis | |
| Author | Dirkie Joubert | |
| Publisher | montagumuseum.co.za | |
| Repository | WWW | |
| Source ID | S635 | |
| Text | My pa, ook Piet Joubert, gebore in 1832, was toe 'n man van omtrent vyf-en-twintig jaar en was nog ongetroud, het by my oupa in die huis gewoon (Joubert Huis Lang Straat). Hy het self daardie huis van sy vader gebou. Die hele huis is opgeklei en die mure is net so gelyk en regop soos die van 'n huis wat met bakstene gebou is. Die klei was in vorms gegiet, die mure omtrent twintig duim dik en die huis staan vandag nog, na byna honderd jaar, is in uitstekende toestand en word bewoon deur mevr. Lettie Burger, 'n kleindogter van my oupa se swaer, mnr. Frans du Toit. Die eerste tronk wat op die dorp gebou is, staan vandag nog, sover ek weet, in die agterplaas van daardie huis. 'n Paar klein kamertjies met klein luggaatjies en 'n agterplaas tussen die kamertjies, die mure waarvan met glasstukke gepak was om ontsnapping te voorkom, het die tronk gevorm. My oupa was die eerste vrederegter en het self ligte straffies opgelê. Dus was die tronk handig vir die opsluit van bandiete. Die magistraat van Robertson het eenmaal elke maand kom sitting hou en dan groter straf opgelê vir groter kwaaddoeners. Hy het gewoonlik by my oupa en ouma tuis gegaan. | |
| Linked to | Pieter Gideon JOUBERT | |