| Short Title | Transvaalse Gister (1942) | |
| Author | Albert Kuit | |
| Publisher | J.L. Van SchaiK BPK Pretoria | |
| Repository | Books | |
| Source ID | S794 | |
| Text | Albert Kuit (1876-1949), skrywer, politikus en op 'n tydstip die spoorwegkommissaris van die Suid-Afrikaanse Spoorwe? en voorsitter van die Spoorwegraad. Die NZASM-monument op die stasie van Waterval-Boven herdenk die duisende werkers op die Oosterlijn. Dit is opgerig op inisiatief van oud-Nederlanders en oud-NZASM-personeel en onthul in Augustus 1934 deur die in Nederland gebore Albert Kuit. Hy was ook stigterslid en ondervoorsitter van die Genootskap Oud-Pretoria. Albert Kuit was een van die sewe kinders van die winkelier Geerd Kuit en sy eggenote. Hy is op 9.4.1876 in die stadjie Steenwijk, provinsie Overijssel, Nederland, gebore en het in 1885 sa am met die ander gesinslede na Transvaal gekom. Die aanleiding tot die gesin se emigrasie was lotsverbetering.[3] Geerd Kuit het eers met sy gesin op Middelburg en daarna in die distrik Wakkerstroom gaan woon. Daar het hy 'n belangrike rol in verband met die stigting en opbou an die dorp Volksrust gespeel. Albert en sy broer Roelof het hulle jeugjare nie ononderbroke op Volksrust deurgebring nie, maar 'n paar jaar inĀ· Nederland onderrig geniet. Na sy terugkeer tree Albert in diens van die NZASM om daarna o.m. as posmeester van Volksrust (1899) op te tree en die veldpos op die Transvaals-Natalse grens te organiseer. Tydens die oorlog het hy sy plig gedoen en na die beeindiging van die vyandelikhede 'n tak van sy vader se saakwaarnemersfirma op Amersfoort begin. In 1904 is hy deur genl. Louis Botha gevra om te help om die Het Volkparty te organiseer. In 1914 het hy aan regeringskant 'n klein kommando aangevoer maar later sy steun aan genl. J.B.M. Hertzog gegee. In 1924 het hy tot die oorwinning van die Nasionale Party in die distrik Wakkerstroom bygedra en in 1925 het sy benoeming as spoorwegkommissaris gevolg; tien jaar later word hy voorsitter (hoofkommissaris) van die Spoorwegraad. Nadat hy die aftree-ouderdom bereik het, het Kuit o.m. as persoonlike raadgewer van die Minister van Spoorwee opgetree en hom na 1945 beywer om vir behuising vir teruggekeerde soldate en hulle gesinne te sorg. Mnr. Kuit was o.m. lid van die Londense Institute of Transport en erevoorsitter van die Bond van Oud-ZASM Ambtenaren en kommandeur in die Order of St. John. Sy liefde vir die verlede blyk o.m. uit talryke geskiedkundige toesprake en 'n viertal publikasies, t.w. Transvaalse Verskeidenheid (Pretoria, 1940); Transvaalse Gister (Pretoria, 1942); Transvaalse Terugblikke (Pretoria, 1945) en 'n Kommando-prediker (Pretoria-Kaapstad, 1948). Hy sal ook onthou word as die voorsitter van die Beweging 1652 wat daama gestrewe het om die samewerking tussen Nederlanders en Afrikaners te bevorder. Ook het hy 'n belangrike rol in verband met die totstandkoming van die vooroorlogse Bond van Burgers van die Zuid-Afrikaansche Repub/iek en sy Vrystaatse eweknie gespeel. Vit die na-oorlogse jare dateer die AfrikaansNederlandse Verwantschapsbond(band). Die organisasie het, onder voorsitterskap van prof. dr. G.M. Pellissier, op 12.12.1949 'n byeenkoms van gelykgesinde Nederlanders, oud-Nederlanders en Afrikaners in die Pretoriase Voortrekkergedenksaal bele om saam oor die betekenis van Geloftedag en die Voortrekkermonument te besin.4 In 'n huldeblyk is o.m. in die Hollands Weekblad va or Zuid-Afrika verklaar: "Kuit was een der geboren Nederlanders, die zulk een groote en geze. gende rol gespeeld hebben voor Zuid-Afrika en Nederland beide. Een der laatsten daarvan. Als zoodanig zal zijn roep onder ons in eerbiedige ge da cht enis b li jven"[5] BRON: https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/14929/002_p010-019.pdf?sequence=8&isAllowed=y https://atom.drisa.co.za/index.php/1935-mr-albert-kuit-railway-commissioner https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3W-4SMW?view=index&personArk=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQP82-35M1&action=view | |
| Linked to | Kommandant (Rooi) Jozua Adriaan JOUBERT Albert KUIT | |