Print Bookmark

All Media


Tree:  

Matches 1 to 50 of 184     » See Gallery

    1 2 3 4 Next»

 #   Thumb   Description   Linked to 
1

 
 
2

 
 
3

San COETZESan COETZERR 
 
4

 
 
5
'De Goede Hoop' farm of Gideon Joubert at the end of the 18th Century
"De Goede Hoop" farm of Gideon Joubert at the end of the 18th Century
Noordhoek, Cape, South Africa 
 
6
'Galway Castle'
"Galway Castle"
Poskaart van die skip waarmee Jan Daniel LEONARD (gebore 1893) in 1914 gedurende die Eerste Wêreld Oorlog na Suid-Wes Afrika gereis het.
Jan Daniel was toe 21 jaar oud gewees.
Sy vrou was toe swanger gewees met hul dogter Maria Elizabeth Francina gebore 7 Aug 1915.
"In August 1914, immediately after the outbreak of World War I , the ship was converted into an armed auxiliary cruiser and from then on transported troops from Cape Town to Namibia , who fought against the German troops from German South West Africa under General Louis Botha .
After the occupation of German South West Africa in July 1915, the ship returned to commercial passenger and mail traffic." - Wikipedia 
 
7
5 Generations: Joubert, Koch, Conradie, Engelbrecht, Janse Van Rensburg
5 Generations: Joubert, Koch, Conradie, Engelbrecht, Janse Van Rensburg
Wilhelmina Johanna JOUBERT
Anna Sophia Jacoba KOCH
Wilhelmina Johanna CONRADIE
Susanna Elizabeth ENGELBRECHT
Annamie JANSE VAN RENSBURG 
 
8
<strong>JOUBERT - SCHEEPERS - WETHERILL</strong>
JOUBERT - SCHEEPERS - WETHERILL
Liewe Valie,

Susanna Maria Magdelena Joubert is op 12 de Oktober 1914 gebore op Vlakpoort.
Die 31ste Julie 1933 tree sy in die huiwelik met Frederick Coenraad Scheepers gebore 14 des.1903. Hy is ook te Vlakpoort gebore. Hulle is op Volksrust getroud.
Uit hierdie huwelik is drie kinders gebore, naamlik:
Hester Elsie Susanna 22-10-1936 te Volksrust.
Chrisroffel Nicolaas Gehardus 03-11-1940 te Newcastle.
Paul Joshua op 08-04-1951 ook te Newcastle.

Fritz en Sannie het te Verkyk geboer, maar het later na Newcastle verhuis waar hulle op die plot "Studley" klein geboer het. Fritz het by Talmage [Hardeware Winkel] vir 'n geruime tyd gewerk. Later van tyd het hulle 'n plot in Jooste weg gekoop, en Fritz het by die Paaie Dept. aangesluit waar hy gewerk het tot sy afsterwe op 29-08-1969.

Hettie of "Koekie" soos sy by die familie bekent is, is op 22-10-1955 met Johannes Christiaan Kotze getroud, maar is 7 jaar later geskei. Sy ontmoet toe vir Walter Vincent Wetherill. Hy is die enigste kind van Thomas Walter en Dorothy Wetherill.
Hettie en Vince is op die 16de Mei 1964 op Newcastle getroud, en hulle het 2 kinders gehad.
Mark Sean gebore 25-06-1967 en Natasha Madelena gebore 21-07-1969.

Vince soos hy maar oral bekend is is 'n baie intersante persoon.
Sy vader was 63 jaar jonk toe Vince gebore is en het hom baie, baie geleer en bederf.
Sy pa het op 12 jaar ouderdom van die huis af weg geloop, en by transport ryers aangesluit op die ou roete vanaf Lourenso Marques na die goud velde van die Oos Transvaal. Op 16 jaar het hy sy eie span osse en wa gehad. Hy was 'n persoonlike vriend van Sir Percy Fitzpatrick skrywer van die boek Jock of the Bushveld.
Sy vader het toe later plase gekoop, onder ander die bekende Mac-Mac waar die Mac-Mac Falls geleë is. Die plase het hy met Denne en Bloekom bome geplant, en is later deur die regering gekoop. Dit is so te sê die begin van die bosbou bedryf in die Transvaal. Sy pa het terselfde tyd 'n klein hoewe tussen Pilgrims rus en Graskop besit waar Vince op 11-07- 1933 gebore is. Hy het ook 'n klein goud myntjie "Glyns Lydenburg" net buite Sabie gehad wat hy verkoop het toe Vince gebore is. Hy is op 10-03 1943 oorlede en is op Graskop te ruste gelê.
Sy moeder is van Frans-Italiaans afkoms. Haar vader was 'n klipmesselaar, en het al die bruê in die Lydenburg distrik gebou, as ook die klip kerke op Lydenburg en Middelburg.
Na Vince se pa se afsterwe trou sy met 'n Italianer Dr Bruno Folli. Hy het 'n steen en teel fabriek te Lawley begin en het uitgebrei na Duitsland en Suid Amerika. Sy teëls kan die hele land vol gevind word, selfs die Johannesburg se lughawe is van sy teëls gekleë. National Ceramics is toe verkoop en staan nou bekend as Italtile.

Vince was 'n grootwildjagter soos sy eie vader hom geleer het. Kry hom om die kampvuur en hoor van sy ervaringe. Hy het sy seun Sean nou 35jaar oud op verskei jagtogte geneem.
Sean het sy eerste rooibok geskiet toe hy net 8 jaar oud was. Ma belowe hom toe as hy 'n koedoe skiet sy die kop sal laat monteer en vir hom 'n geweer as geskenk sal gee, 11/2 uur later gebeur dit toe en sy moes opdok. Hulle kleinseun Kyle gebore 06-08-1992 volg baie vinnig in sy oupa se voetspore met jag en visvang Hy vegesel sy oupa elke saterdag gedurende die jag seisoen om op plase in die distrik bosbokke en duikers te jag. As oupa 'n blaas kans het vang hulle vis.
Die enigste kleindogter Courtney hou net van see- swem en dans. Sy was amper haar Go-Go (soos Hetty bekend is by haar kleinkinders) se verjaarsdag geskenk, sy is op die 23-10 1997 gebore. Haar ma Shelley is op die 24ste gebore.
Sean was in die polisie na matriek waar hy in veiligheid was, hy het 'n belowende toekoms gehad maar na hy in 'n skietvoorval gewond was het hy besluit dit nie die moeite werd is nie.
Nou is hy in die privaat sektor.

Hulle dogter Natasha of Tasha soos al om bekend het na matriek besluit sy wil in die Hotelwese haar loopbaan maak - wat sy toe baie suksesvol hanteer. Sy het so pas die prys vir die beste "Catering Manager" vir die jaar vir hulle firma verower asook vir die hoogs higien en boekhouding vir Natal vir 2002. Sy het 'n pragtige ou seuntjie van 3 jaar Calvin, Maar ongelukkig kon sy nie dieselfde sukses van haar huwelik maak nie en is nou geskei.

Christofel of Boet is met Iola Joubert getroud en hulle het 3 dogters en 7 kleinkinders. Hy besit 'n ingenieursbesigheid op Newcastle.

Paul is met Sandra van Rensburg getroud en hulle het 2 kinders, Melenie en Paul Joshua.
Hy het 'n eiendomsagentskap op Newcastle.

Baie liefde,
Vince en Hetty 
 
9
<strong>JOUBERTSDAL - deur Ellie Joubert</strong>
JOUBERTSDAL - deur Ellie Joubert

As kind het ek baie saam met my pa, Frikkie (Grote) Joubert rondgeloop. Die inligting waaroor ek beskik het hy maar so mettertyd vir my vertel. Sy oupa was Gideon Francois Joubert en sy ouma Elsje Sophia van Eeden.

Oupa Gideon is baie jonk oorlede terwyl sy vrou hulle vierde kind, ons oupa Jacobus Petrus Willem verwag het. Omdat Oupa (Jacobus Petrus Willem) sonder ’n pa grootgeword het, is min van hom bekend.

Oupa se ma (Elsje Sophia) is later weer getroud met ’n Steyn (Johannes Franciscus), natuurlik in gemeenskap van goedere. Hy staan borg vir sy broer met haar geld, dié gaan bankrot en Ouma verloor toe haar grond. Hy is oorlede en Ouma bly agter, arm en met vier klein seuntjies. Sy het toe geen heenkome nie. Sy stap met haar kinders en gaan woon êrens langs die Breërivier, waar Bruintjiesrivier in Breërivier inloop, in ’n klein huisie. Waarvan hulle geleef het, is onbekend. Soos haar seuns mondig geword het, het die Barry-broers, bekende prokureurs op Swellendam, hulle geld by die weesheer gekry, natuurlik teen ’n groot kommissie. Toe Oupa (Jacobus Petrus Willem), die jongste, se beurt kom, besluit hy om ’n perd, esel en kar te leen en sy geld self in die Kaap te gaan haal. Hy was verbaas hoeveel geld hy meer as sy broers gekry het, natuurlik sonder die Barry’s se kommissie.

Oupa is later getroud met ons ouma, Elsje Maria Dedrika Linde en hulle het saam met sy ma in Bruintjiesrivier gaan woon. Sy ma (Elsje Sophia) was nooit van Oupa geskei nie en sy het tot haar dood toe by hom gebly. Oupa besluit toe om sy pa (Gideon Francois) se grond terug te koop. Ondertussen het die plaas verskeie eienaars gehad, want almal het daar bankrot gegaan en die huis en die plaas was in ’n verwaarloosde toestand. Ouma se ma (Elsje Sophia) het onthou hoe sy op die huis se fondamente gespeel het toe haar pa, ene Van Eeden (Frederik Jacobus), die huis gebou het. Ons het die datum op 1793 uitgewerk. 

Die steenoonde is ook later oopgeploeg. Oupa vernoem toe die plaas, wat as Bruintjiesrivier bekend was, na Joubertsdal. Die rivier het sy oorsprong op Joubertsdal gehad, die deel waar oom Dirk gewoon het. Hy het sy plaas Waterval genoem, na die mooi waterval wat die oorsprong van die rivier is. Die baken staan vandag nog op die hoë bergspits voor die huis.

Die oorspronklike huis op die plaas was naby die ou stoor en is in 1922 afgebreek. Ek onthou die murasie en wie almal daar gewoon het, sal ek graag wil weet. Oral op die plaas het mense gewoon wat nie grond gehad het nie, vandaar al die murasies. Hulle het tuin gemaak en verskeie vrugtebome het ons dus op onmoontlike plekke aangetref. Pappa se suster, Aunt Sophie en haar man het, nadat hulle getroud is, tydelik in die ou huis gewoon. In daardie huis was ook ’n donker vertrekkie waarin die slawe wat verbrou het, opgesluit was. Die deur van dië vertrek is later in oom Hans se spens ingebou op Bakovenshoogte. Laasgenoemde was nie deel van Joubertsdal nie en is aangekoop deur ons oupa. Sy drie seuns op Joubertsdal se plase was ongeveer 550 morge groot. Nog ’n deel van die plaas het na sy dogter Sophie gegaan.

Oom Koos se huis se boukoste was ses honderd pond en oom Dirk s’n ’n duisend pond. Pappa moes later meer vir sy grond betaal, omdat hy die opstal en die buitegeboue gekry het.

Water was maar altyd ’n kwessie, want geen behoorlike voorsiening is vir opgaargeriewe gemaak nie. Vroeër jare moes al die water vir huisgebruik met emmers uit die rivier aangedra word. In 1933, die depressiejare, het die regering ’n dambouprojek begin om werk vir die armblankes te skep. Met graaf en pik teen vyf sjielings per dag en die voorman teen sewe sjielings per dag het hulle die damme op die plaas gemaak. Geen masjiene was beskikbaar nie. ’n Tydrowende harde werk wat maande geneem het om ’n behoorlike dam te maak. 

Om Joubertsdal te bekom, moes oupa Koos togte Vrystaat toe ry om geld te verdien. Met sy ossewa het die togte drie maande geneem. Ouma was ’n vrou met ’n sterk persoonlikheid en moes dan alleen agterbly en na die boerdery omsien. So is die plaas stuksgewys teruggekoop. 

As gevolg van die stadige en ongerieflike verkeer en gebrek aan oornagplekke het talle mense snags op Joubertsdal kom huisvesting soek. Pappa onthou hoe hy as kind baie oggende op ’n baadjie op die vloer wakker geword het. In die nag is al sy beddegoed vir die moeë reisigers gebruik.

Motors was slegs vir ver afstande gebruik en almal wat nie na Middelrivierskool toe kon stap nie, het per perdekar (trap) gery. Die paaie was veilig en niemand is ooit aangerand en vermoor nie.

Ek onthou hoe die vliegtuie se roete vanaf Kaapstad na Port Elizabeth al langs die Langeberg was en hoe ons ons verwonder het oor die vliegtuie wat oor ons koppe gevlieg het. 

Op Joubertsdal was luiperds (ons het gepraat van tiere) ’n groot gevaar. Verskeie skape is in die bergveld doodgebyt tot groot verliese vir die boere. Oom Hans op Bakovenshoogte was vindingryk en het ’n baie doeltreffende vanghok gemaak en verskeie luiperds gevang. 

Pappa onthou dat in sy kinderjare ’n boerekommando na die een of ander oorlog op pad was en Ouma het vir hulle ontbyt gegee. Na die oorlog het die kommandant uit dankbaarheid vir ouma Ellie ’n geelhout-spenskas present gegee. Dit het in Joubertsdal se spens gebly tot 1961 toe Pappa die plaas verkoop het. Hy het dit toe aan die museum op Swellendam geskenk.

Die ou stoor op die plaas was eers ’n woonhuis met baie pakkamers. Die een vertrek, sonder venster en met ’n grondvloer, was die skoolkamer. Oupa het van tyd tot tyd iemand gehuur om die kinders te leer. As die onderwyser dros, was die kinders soms lank sonder skool en het intussen alles verleer. So onbevredigend was dit dat Oupa en van die ander boere besluit het om die skool in Middelrivier te laat bou. Elkeen het maar iets bygedra en so was Pappa-hulle die eerste leerlinge van die nuwe skool. Later was daar tot drie personeellede.

Onder die ou stoor was ’n groot turksvyboord wat ’n groot aantrekkingskrag vir baie gehad het. Na die cochinele dit getakel het, het dit tot niet gegaan. Verskeie mure en krale wat van klei gemaak is, was op die plaas. Dit was oorblyfsels van vorige bewoners.

Oupa Koos was in ’n stadium parlementslid vir Swellendam. Hy het niks daarvan gehou nie, want hy kon nie die geflankeerdery van die mans met die ander se vrouens verdra nie. Hy was ’n streng godsdienstige mens. Dit was ook in dié tyd toe Cecil John Rhodes en Merriman in die parlement was. Pappa het vertel dat hy hulle dikwels gesien het. Ek wonder hoeveel die boere van die Engelse toesprake verstaan het.

Aangesien geld so skaars was, moes Pappa, so groot, en oom Dirk, so klein, saam hulle beste klere dra. Pappa se voete is met vet gesmeer om in die klein skoene te kom, maar sonder sukses. Ouma sê maar net die skoene is nog gaaf en goed. Waar het die moue en broekspype nie gesit nie?

Oupa het in 1918, toe Pappa en Mamma getroud is, Swellendam toe getrek. Sy huis was waar die Koöp se geboue vandag staan. Ouma is in 1923 oorlede en Oupa op 91-jarige leeftyd in 1935. Toe hy die plaas aan die seuns verkoop het, het hy gesê hulle moet dit geniet. Daarom vra hy vir hulle dieselfde prys as wat hy daarvoor betaal het. Hy het gesê hy kon dit nooit geniet nie, want hy het te swaar gekry.

Volgens vandag se standaarde het ons primitief geleef. Ons het geen moderne geriewe geken nie. Elektrisiteit was nie beskikbaar nie, telefone het later jare gekom en motors ook maar later. Pappa het sy eerste motor, ’n Studebaker Semi Sedan, teen 395 pond in 1926 gekoop en die broers hulle s’n later. Niemand was goeie bestuurders nie omdat hulle so laat in hulle lewe motors bekom het en was redelik gevaarlik op die pad. Oral was grondpaaie en almal het met perdekarre oor die weg gekom. ’n Kapkar met twee mooi perde was gesog. Na Pappa se eerste trekker, die derde in Swellendam se distrik, het die mense gestroom om die wonderwerk te beskou. Ons drie susters het dié Saterdag ons pennie se sakgeld verbeur vir dié groot aankoop!

Alle vervoer van goedere het met eselwaens en die trein geskied. Gedurende die depressiejare in 1933 het landbouprodukte geen prys behaal nie as gevolg van die armblankevraagstuk. In 1939 tot 1945 het die oorlog uitgebreek en dit was ’n verdere terugslag. Min was beskikbaar soos byvoorbeeld seep, meelblom, suiker, breekware en klerasie was baie moeilik bekombaar. Boonop is petrol gerantsoeneer. Vir 200 myl se petrol per maand moes koepons by die magistraatskantoor gekry word. Sonder koepons kon jy nêrens petrol kry nie. Weer word perdekarre gebruik. Op Joubertsdal is met graan, lemoene en skape geboer.

Oupa JPW Joubert is in 1844 gebore en sy drie broers was Gideon, wat in Barrydale gaan woon het, Jan in die Vrystaat en Frikkie in Montagu. Oupa se kinders was die volgende:

  1. Ellen is getroud met Ben Viljoen van Robertson, maar vertrek Vrystaat toe.
  2. Gideon is getroud met Rosa van Eeden – Middelrivier.
  3. Koos is getroud met Cora van Eeden – Middelrivier.
  4. Barbara is getroud met Pieter van Eeden – Nooitgedacht.
  5. Miemie is getroud met Fanie Kriel – Montagu.
  6. Hans is getroud met Elizabeth Steyn – Leeurivier.
  7. Dirk is getroud met Daisy Bosman – Wellington.
  8. Frikkie is getroud met Bettie Badenhorst – Swellendam.

Oupa Koos was ’n merkwaardige persoon. As in aanmerking geneem word met watter agterstand hy begin het en wat hy vermag het, is hy te bewonder. Hy was ’n vredeliewende en baie hoflike man. Hy het altyd ander as u aangespreek. Ongelukkig was sy verstand as gevolg van verkalkte are al baie swak toe ek hom in sy hoë ouderdom leer ken het. Hy was jare in die kerkraad en daar is mooi foto’s in die konsistorie op Swellendam van hom as kerkraadslid. Hy was ’n oupa op wie ’n mens kon trots wees en dis ’n voorreg om ’n afstammeling van hom te wees.

Pappa het Joubertsdal in 1961 aan oom Attie van Eeden verkoop. Daarna is dit weer verkoop en nou behoort dit aan Duitsers wat direk uit Duitsland gekom het. In 1993 het hulle die huis se 200-jarige bestaan gevier en ek en my susters is ook genooi, omdat ons die laaste Jouberts was wat in die huis gewoon het.

Pappa het vertel dat brandhout baie skaars was en toe koop hy by meneer Tolmie ’n pakkie “Black Wattle”-saad teen ses pennies – van Natal afkomstig. Dit plant hy al langs die rivier. Ek onthou die reuse bome en hoe bome se saad versprei het en vervuil het in die rivier. Oorkant die rivier was ’n bamboesbos en ’n rietbos. Van die bamboes is lere gemaak. Oral op die plaas was swartolienhoutbosse – die wilde olyf. Daarvan is die sporte vir die lere gemaak. Geen gekoopte lere het ons geken nie. 

Van tyd tot tyd het ’n kleurling op die plaas aangestap gekom om die tuie heel te maak. Hy sit dan vir ’n paar dae in die waenhuis met al die stukkende tuie. Die twee stukke leer word dan met ’n spesiale klamp vasgehou en die tou waarmee hy werk, word styf gespan en met pik gesmeer om ’n swart sterk gare te vorm. Dan word die tuig met die gare en twee naalde heelgemaak. Die een naald word bo ingesteek en die ander een van onder af. 

Verder het daar ook soms een gekom wat soldeerwerk doen. Alle stukkende sinkbaddens en kastrolle maak hy heel en ore word aangesit aan Lyles-gouestroopblikke om gerieflike skepbekers te maak.

Daar was geen spuitmasjiene nie en vir die lemoenbome was reuse seile – soos tente – deur die tuiemakers gemaak. Die reuse seile word oor die bome getrek, onder op die grond dig toegemaak en ’n spesiale apparaat se tuit word onder ingesteek. Daarin word ’n koekie gegooi wat sianied bevat, die slinger word gedraai en die giftige gas word onder die boom ingeblaas. Dit moes saans gebeur want die gas het brand aan die bome veroorsaak as die son daarop skyn. Dit was gebruik teen skaal wat op die lemoenbome gevorm het. Elke boer het sy eie gradeerder gehad en self sy lemoene gepak, wat dan per wa na Drew-stasie vervoer is en daarvandaan na die agente in die Kaap wat dit weer na die oorseese mark gestuur het.

Die groot geleentheid in die jaar was oestyd wat maar soms met groot teenspoed en verliese gepaard gegaan het. Na die graan afgesny is met die snymasjien wat vroeër jare deur perde getrek is, was baie gerwe los en moes dan eers vasgebind word voor dit in hope gepak is. Baie hande-arbeid was nodig. Elke gerf word op ’n wa gelaai en na ’n plek geneem waar ’n mied gepak word. Dit is ’n groot kuns om ’n goeie mied te pak wat nie van binne sal nat word as dit reën nie. Dan kom die groot wag vir die dorsmasjien. Jy moes maar jou beurt afgewag het tot die eienaar van die masjien by jou kan uitkom. Soos die masjien vorder, sluit werkloses by die proses aan en moet daar sekuur getel word vir hoeveel jy moet kos voorsien. Voor die tyd word ’n bees geslag. Geen koelkaste het ons geken nie. Die vleis word dan in pekelbalies gepak en elke dag word van die stukke vleis in die groot potte buite gaargemaak. 

Spesiale eetgerei wat na oestyd weggepak word, word van die solder afgehaal en massas kos word elke dag gekook en na die masjien geneem. Dik snye brood en boontjiesop en stampmielies was die aandkos. Elke sak graan wat geweeg en toegewerk is, word sorgvuldig getel want dit bepaal jou inkomste vir die jaar.

Ek wonder wat die moderne boer sou sê as hy sou sien hoe swaar sy voorouers moes werk om hulle geld te verdien. Ons het baie teëspoed, droogte, te veel reën in oestyd en swak pryse geken. Ons het geen koelkaste, vrieskaste, elektriese stowe, wasmasjiene, warmwatertoestelle en elektriese pompe en ligte geken nie.

Later was geringe geriewe slegs in die dorpe beskikbaar wat kragstasies gehad het. Meestal was dit maar elektriese ligte. ’n Groot gerief wat ons later jare geken het, was die tuisgemaakte cooler. ’n Ronde sementvloer word gegooi en slepers wat deur die spoorweë uitgegooi is, word in die rondte op die vloer op hulle koppenente staangemaak – ongeveer een meter uitmekaar. Dit word aan die binnekant met sifdraad uitgevoer en aan die buitekant oorgetrek met die sif. Die spasies tussen die slepers word dan opgevul met uitgebrande steenkool – ook van die spoorweë – op stukkies baksteen. Bo-op word ’n ronde sinkbak gesit. Rondom die bak was ’n rand van ’n paar sentimeter hoog. Gaatjies word in die rondte bokant die bakstene gemaak. Water word in die bak gegooi en drup stadig op die bakstene. As dit goed nat is, word stokkies in die gaatjies gesteek. Heerlik koel om vleis, melk, room en botter in te bêre.

Oom Dirk het baie lemoenboorde gehad wat tot onder die berg gestrek het. Omdat hy baie probleme en skade deur die bobbejane gehad het, het hy besluit om lemmetjieboorde naaste aan die berg te plant. Of die suur lemmetjies die bobbejane afgeskrik het, weet ek nie. 

Ons het ons verwonder aan die gasligte (Gloria Lights) wat oom Koos in sy hele huis aangelê het. ’n Groot luukse en groot gerief.

In Oupa se huis op Swellendam was ’n wit marmerkaggel. Toe Oupa oorlede is, het Lukas Odendaal die huis gekoop, dit gesloop en die kaggel in sy kafee ingebou. Later het die Koöp die kafee oorgeneem en vir ’n winkel gebruik. Ek het in 1969 by die direksie aansoek gedoen om die kaggel te koop. Dis aan my toegesê en ons het dit daar gaan uitbreek en in ons huis in Goree, Robertson gaan inbou waar dit nou nog is. Ek het R50 vir die kaggel betaal. 

Ons geslag het ons geleidelik by die moderne lewe aangepas. Die huidige geslag sal seker verstaan as ons en hulle oor baie dinge verskil. Aanvaar ons maar as julle dink ons is dom as ons nie alles verstaan nie. Ons het ook ons kant in die lewe gebring en die land help opbou.

Ons het sonder geriewe en vermaak grootgeword, maar het mooi herinneringe aan ’n gerieflike en veilige lewe.

Ek hoop die familie sal iets wys raak uit dié vertelling.

Ellie (Joubert) Loubser

Robertson

September 2001


(Met innige dank verskaf deur Hans Linde – Lindebond)

 
 
10
Albert KUIT
Albert KUIT
Albert Kuit (1876-1949), skrywer, politikus,spoorwegkommissaris van die Suid-Afrikaanse Spoorweë, voorsitter van die Spoorwegraad 
 
11
Albertus (Berrie) DU PLESSIS
Albertus (Berrie) DU PLESSIS
Albertus (Berrie) DU PLESSIS 
 
12
Albertus (Berrie) DU PLESSIS
Albertus (Berrie) DU PLESSIS
Albertus (Berrie) DU PLESSIS 
 
13
Aletta Judith Petronella (Alida/Alie) DU PLESSIS
Aletta Judith Petronella (Alida/Alie) DU PLESSIS
Aletta Judith Petronella (Alida/Alie) DU PLESSIS 
 
14
Alida Christina (Lietjie) JOUBERT
Alida Christina (Lietjie) JOUBERT
 
 
15
Anna Elizabeth Magdalena Johanna LEONARD
Anna Elizabeth Magdalena Johanna LEONARD
Anna Elizabeth Magdalena Johanna LEONARD 
 
16
Anna Francina FICK
Anna Francina FICK
 
 
17
Anna Kruger
Anna Kruger
Anna Kruger 
 
18
Anna Sophia J SWANEPOEL 1869 - 1950
Anna Sophia J SWANEPOEL 1869 - 1950
 
 
19
Anna Sophia Jacoba KOCH
Anna Sophia Jacoba KOCH
 
 
20
Anna Sophia Jacoba SWANEPOEL, McDuling
Anna Sophia Jacoba SWANEPOEL, McDuling
Anna Sophia Jacoba SWANEPOEL married to John Henry MCDULING, and previous spouse Johannes Hendrik CONRADIE 
 
21
Anna Sophia Jacoba SWANEPOEL/McDuling
Anna Sophia Jacoba SWANEPOEL/McDuling
 
 
22
Article - passing of An Joubert - Anna Sophia Jacoba KOCH
Article - passing of An Joubert - Anna Sophia Jacoba KOCH
An Joubert skielik oorlede
Die alombekende en geliefde mev Annie Joubert is verlede Donderdagaand onverwags in die Amajuba Gedenkhospitaal oorlede.Sy het sedert die afgelope Kerstyd by Rusoord op die dorp ingewoon waar sy opgeneem is ná verskeie terugslae wat ook n beenbreuk ingesluit het. Volgens haar dogter het sy aanvanklik goed aangesterk maar het haar gesondheid onlangs skielik erg begin verswak. Sy is Donderdagaand in die hospitaal opgeneem, waar sy later dieselfde aand oorlede is.
Die Joubert egpaar het baie jare op Volksrust deurgebring; hul drie kinders het ook hier skoolgegaan. Die vader van die gesin, wyle mnr Boet (Johannes) Joubert, het vir die stadsraad gewerk. Die Joubert kinders vertel met groot trots van hul vader se ywer, hoe hy al die nuwer huise en geboue op hul ouers se grond buite die dorp, gebou het en ook eiehandig met houtwerk toegerus het. Hy is in die vroeë "tagtigs oorlede.
Mev Annie Joubert was een van Volksrust se mees liefdevolle persoonlikhede. 
 
23
Barbara Christina DU PLESSIS - Rhodesia circa 1950
Barbara Christina DU PLESSIS - Rhodesia circa 1950
Barbara Christina DU PLESSIS - Rhodesia circa 1950 
 
24
Barbara Christina MEINTJES
Barbara Christina MEINTJES
Wife of Willem Schalk DU PLESSIS 
 
25
Barbara Isabella (Bappie) STEYN
Barbara Isabella (Bappie) STEYN
 
 
26
Barend Christoffel LABUSCHAGNE 1911-1973
Barend Christoffel LABUSCHAGNE 1911-1973
 
 
27
Barend Christoffel LABUSCHAGNE 1911-1973
Barend Christoffel LABUSCHAGNE 1911-1973
 
 
28
Bertie Stoop
Bertie Stoop
 
 
29
botha-johannes-stefanus-cornelius-b1860
botha-johannes-stefanus-cornelius-b1860
 
 
30
BRUINTJIESRIVER (Bruijntjes Rivier over de Berg)
BRUINTJIESRIVER (Bruijntjes Rivier over de Berg)
On 3 February 1743 the quitrent grant 'de Bruijntjes Rivier over de Berg' was made in favour of Hermanus Steyn. He was known as Hermanus d'Oude, and had been baptised in Cape Town on 11 July 1711. He married Petronella Kemp in c1731. < More ...>  
 
31
Chrissie VAN WYNGAARDT
Chrissie VAN WYNGAARDT
Chrissie VAN WYNGAARDT 
 
32
Christiaan COETZER
Christiaan COETZER
Christiaan COETZER 
 
33
Christiaan Johannes Jacobus COETZER
Christiaan Johannes Jacobus COETZER
Christiaan Johannes Jacobus COETZER 
 
34
Cornelia Johanna Elizabeth PRINSLOO 1947-2007
Cornelia Johanna Elizabeth PRINSLOO 1947-2007
 
 
35
Cornelia Johanna Elizabeth PRINSLOO 1947-2007 Gravestone
Cornelia Johanna Elizabeth PRINSLOO 1947-2007 Gravestone
Gravestone Brakpan Begraafplaas Blok I 140 
 
36
Cornelius Johannes DU PLESSIS
Cornelius Johannes DU PLESSIS
Wife of Maria Elizabeth Francina LEONARD 
 
37
Cornelius Willem LABUSCHAGNE 1945-
Cornelius Willem LABUSCHAGNE 1945-
 
 
38
Daniël COETZER
Daniël COETZER
Daniël COETZER 
 
39
Daniel Kuit
Daniel Kuit
Daniel Kuit 
 
40
Daniel Stephanus Petrus COETZER
Daniel Stephanus Petrus COETZER
Daniel Stephanus Petrus COETZER 
 
41
Death Notice (Filed Rhodesia): Barbara Christina Meintjes (Du Plessis)
Death Notice (Filed Rhodesia): Barbara Christina Meintjes (Du Plessis)
Source: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:939N-C89F-8C?i=227&cc=1838530&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQVBQ-4SD4 
 
42
Death Notice (Issued Rhodesia): Barbara Christina DU PLESSIS (Chomse)
Death Notice (Issued Rhodesia): Barbara Christina DU PLESSIS (Chomse)
Source: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:939N-CF92-VS?i=16&cc=1838530&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQKZQ-YQ2V 
 
43
DEATH NOTICE - Anna Margaretha JORDAAN 1846
DEATH NOTICE - Anna Margaretha JORDAAN 1846
 
 
44
Death Notice - Eduard Johannes LEONARD - born 1861 pg.1
Death Notice - Eduard Johannes LEONARD - born 1861 pg.1
 
 
45
Death Notice - Eduard Johannes LEONARD born 1861 pg.2
Death Notice - Eduard Johannes LEONARD born 1861 pg.2
 
 
46
Death Notice - Elsie Aletta Cecilia GRIEZEL born 1895
Death Notice - Elsie Aletta Cecilia GRIEZEL born 1895
 
 
47
Death Notice - Hester Elsie Susanna COETZER - born 2 April 1892
Death Notice - Hester Elsie Susanna COETZER - born 2 April 1892
 
 
48
Death Notice - Maria Elisabetha Francina SWANEPOEL born 1895
Death Notice - Maria Elisabetha Francina SWANEPOEL born 1895
 
 
49
Death Notice - Paul Josua JOUBERT born 1847
Death Notice - Paul Josua JOUBERT born 1847
 
 
50
Death Notice - Paul Josua JOUBERT born 1947 (2)
Death Notice - Paul Josua JOUBERT born 1947 (2)
 
 

    1 2 3 4 Next»



This site powered by The Next Generation of Genealogy Sitebuilding ©, written by Darrin Lythgoe 2001-2026.