| Name |
Johanna Isabella CLAASEN [1, 2, 3, 4, 5, 6] |
- Alternative surname: Claase, Klazen, Claasen
|
| Born |
1792 [7] |
| Christened |
13 May 1792 |
Land van Waveren, Cape, South Africa (Tulbagh) [8] |
| Gender |
Female |
| Died |
1 Jun 1877 |
Gonna Kraal, Mossel Bay, Cape, South Africa [9] |
| Notes |
- Pieter en Petronella Terblanche se kleinseun, ook Pieter, was getroud met Johanna Isabella CLAASSEN (my niggie 5 x verwyder), kleindogter van stamvader CLAASSEN en broerskind van Maria Magdalena. Pieter (1783-1855) en Johanna (ca. 1792-1877) was ?n goeie span en hulle het vooruitstrewend geboer. Eers hulle twee en later, sy alleen.
Tweede huis op Rheeboksfontein
Johanna was ?n formidabele vrou wat gesag afgedwing het. Daar word vertel dat sy net so hard soos haar man kon werk en het hom bedags in sy wa-en-meubelvervaardigingsaak gehelp. Sy was boonop ?n sakevrou uit eie reg. Sy het aalwyn-ekstrak, botter en meubels al die pad van Groot-Brakrivier se wêreld Kaapstad toe geneem en daar gaan verkoop en met baie geld huis toe gekom. Hulle was baie vermoënd en het heelwat plase (Gonnakraal, Moordkuil, Grootvlakte, Erfpachtland nr. 7, Hartebeeskraal) besit en so ook haar ouers wat omtrent al die grond tussen Mosselbaai en Herbertsdale (Outeniquasdrift, Rooihoogte, Hemelrood?) besit het. Mettertyd het sy die bynaam van Hetta Agent gekry.
Kleinvlei (Moordkuil)
Volgens oorlewering het Pieter een aand baie moeg en moedeloos van die veld by die huis aangekom. Hy en sy werkers het skynbaar vreeslik gesukkel om ?n groot geelhout boomstomp uit ?n kloof te kry. Johanna het sonder om verder te luister, sy perd gegryp, die werkers en stokflou diere gemaak omdraai en vertrek na die kloof. Laataand het sy teruggekeer ? met die stomp!
Sterfkennis van Johanna Isabella Terblanche née Claassen
Die egpaar het 10 kinders gehad. Hulle lê in een graf begrawe op die plaas Gonnakraal. [10]
|
| Person ID |
I3189 |
LC Joubert |
| Last Modified |
28 Oct 2025 |