| Notes |
- Joseph Albertus (Rooi Joseph) landswyd bekend as "Die Vader van die Afrikanerbees".
- Boer op Rietfontein, Distr. Theunissen, die plaas wat hy van sy Oupa Joseph du Plessis bekom het. Na sy dood word die plaas verkoop aan die Staat waar die Erfnisdam gebou is. Daarom vind Herbegrafnis plaas op 12.1.1942 te Theunissen van al die grafte op Rietfontein. Op Rooi Joseph se graf staan die veel besproke Bul op die grafsteen.
- So was daar byvoorbeeld, volgens oorlewering, verskeie boere wat tydens die Anglo-Boereoorlog tot die uiterste gegaan het om hulle geliefde kuddes teen uitwissing te beskerm. Veral een teler, ene Rooi Josef du Plessis uit die Hoopstad-distrik, is daarvoor bekend dat hy gedurende die oorlog met sy beeste na Lesotho gevlug het om hulle daar te versteek (Du Plessis 1997: 53-75). Rooi Josef was ook bekend vir sy kennis en besondere talent in die teel van Afrikanerbeeste. Daar was selfs sprake daarvan dat hy 'n "heldersiendheid" gehad het, sodat hy elkeen van sy beeste geken het en op enige tydstip kon weet presies waar elkeen in die veld was (Du Plessis 1997: 53-75). Na die oorlog was Rooi Josef een van die belangrikste telers wat gehelp het om die ras weer te vestig, en het hy na aanleiding van sy kundigheid landswyd bekend geword as die "Vader van die Afrikanerbees". Menige ander kuddes is weer opgebou met diere uit sy stoet. Volgens sommige is daar nie ?n Afrikanerkudde in die land wat nie "lewegewende bloed" uit Rooi Josef se kudde ontvang het nie (Du Plessis 1997: 60)
BRON: N KRITIESE ONDERSOEK NA DIE AFRIKANERBEES AS IDEOLOGIESE KULTURELE FENOMEEN BINNE DIE KONTEKS VAN AFRIKANERNASIONALISME (Tesis) en DIE NALATENIS (Roman) SIMONE HOUGH - Tesis ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Kreatiewe Afrikaanse Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch
- Sy dogter Hendrina Johanna trou met Helgaard Theunissen, stigter van die dorp Theunissen
- Dot Serfonteing se artikel in Rooi Rose van 27.7.1983 bl. 96 oor die Profeet van Rietfontein
|