Family videos

Uitreksels uit ‘n film van Loutjie Joubert (Snr) geneem rondom 1970. Kyk solank wie julle kan uitken. Ons sal later die persone identifiseer.

 

Uitreksels uit ‘n film van Loutjie Joubert (Snr) geneem op die troudag van Willie Du Plessis en Heleen Steyn.

 

Uitreksels uit ‘n film van Loutjie Joubert (Snr) geneem op die troudag van Jan Du Plessis en Yvonne Delport.

Uitreksels uit ‘n film van Loutjie Joubert (Snr) geneem op die troudag van Eddie Du Plessis & Therina Hough.
* Sommige dele is ongelukkig uit fokus.

Last Updated on Sunday, 20 February 2011 16:01

 

Copyright © 2018 Familiebande. All Rights Reserved by the respective content owners.
 
 
 
 
 

Meintjieskop (Pretoria) En

Meintjeskop is vernoem na Stephanus Jacobus Meintjes wat van Graaff-Reinet na Pretoria gekom het.

Meintjes het ‘n gedeelte van die ou plaas Elandsfontein, wat oorspronklik aan Marthinus Wessel Pretorius behoort het, op 7 April 1865 vir £2 400 van Andries du Toit gekoop.

Du Toit het die grond waar die Uniegebou vandag staan uit die die boedel van Gerrit Bronkhorst gekoop.

Oorspronklik is daar na “Meintjes se kop” verwys, maar reeds in 1870 het dit as Meintjeskop bekend gestaan. [1]

Verwantskap met Barbara Christina MEINTJES

Die tabel hieronder wys die verwantskap tussen Barbara Christina MEINTJES, vrou van Willem Schalk DU PLESSIS, en Stephanus Jacobus MEINTJES wat Meintjieskop besit het.

Beide is dus afstammelinge van Johannes MEINTJES en Jacoba VAN WIJK.
Barbara is die afstammeling van Willem MEINTJES, en Stephanus is weer ‘n afstammeling van Willem se broer, Hendrik MEINTJES.

Barbara Christina MEINTJES 1871  
 

Johannes Willem Petrus MEINTJES

 

 

Stephanus Jacobus MEINTJES 1819

 

 

Albertus Jacobus MEINTJES

 

 

Stephanus Jacobus MEINTJES

 

 

Johannes Petrus MEINTJES

 

 

Jacobus Johannes MEINTJES

 

 

Willem MEINTJES

 

 

Hendrik MEINTJES

 

 

Johannes MEINTJES 1719 & Jacoba VAN WIJK

 

Fotos

Plekke/Meintjieskop

[1] Wapedia