Boek: Du Plessis-familie in Suid-Afrika Boek (vol. 1 – 2) deur Andrew Kok / Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika
| Boek: Du Plessis-familie in Suid-Afrika Boek (vol. 1 – 2) - Andrew Kok | Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika |
Die digitale stel van twee volumes is verkrygbaar by die Die Hugenote-Vereniging van Suid-Afrika se aanlynwinkel vir R675.
Die Du Plessis-familie in Suid-Afrika deur Andrew Kok is die 11de boek in die Genealogiese Publikasie-reeks van die HVSA. Dit is ‘n samevoeging van reeds bekende navorsing en ook nuwe bywerkings oor die Du Plessis-familie in een omvattende boek. Die geskiedenis begin by Tor de Belvoir wat reeds in die agste eeu geleef het. Dit beskryf die voorouers in elke generasie en raak ook bekendes van soos Richelieu en Mornay du Plessis aan. Dit beskryf verder die verhaal van die Suid-Afrikaanse stamvader Jẹan Prieur en sy twee eggenotes. Nie net plaaslike nasate nie, maar ook menige Du Plessis’s in die buiteland word gelys. Dit register dek meer as veertig generasies en beslaan twee volumes, oor bykans ‘n duisend bladsye en met 20 000 inskrywings waarvan sowat 12 000 Du Plessis’s is. Dit sluit ook heelwat foto’s van individue in.
Die stel van twee boeke kos R675 (plus R70 vir posgeld en verpakking binnelands, posgeld R770 (seepos) buiteland.) Lewenslede van die Hugenote-Vereniging van SA kan een stel aankoop teen R450 (plus R70 vir posgeld en verpakking, binnelands). Kontak die Hugenote-Vereniging vir groothandelbestellings van tien of meer boeke op ‘n keer. Bestellings kan geplaas word by die Sekretaresse deur ‘n e-pos te stuur met u bestelling na hugenote@telkomsa.net Bank besonderhede vir betaling sal dan aan u gestuur word.– Agterblad
* Die boek is nie deur die skrywer van hierdie artikel gelees nie en kan dus ongelukkig nie ‘n ingeligte mening oor die inhoud daarvan lewer nie.