Kategorie: Persone
Ma en Dogters
Sannatjie en twee Elsie Aletta Cecilia’s
| Fotos: Sannatjie en twee Elsie Aletta Cecilia's |
Fotos: 4 Geslagte – Joubert, Du Plessis, Leonard en Griezel
| Fotos: 4 Geslagte - Joubert, Du Plessis, Leonard en Griezel |
Groot-Ouma Ellie, Ouma Miemie en Ma Elsie met dogter Mari op haar doopdag.
Fotos: Elsie Joubert – Koekversierings
Een van Elsie se tydverdrywe en stokperdjies was koekversiering en as gevolg was sy later vir verskeie familielede se troukoeke, en ook ander funksies se koeke verantwoordelik.
Dit was ‘n baie tydrowende proses wat baie konsentrasie en geduld geverg het om die delikate en fyn versiersuiker blaartjies, blomme en honderde patroontjies te maak en aan te bring.
Ons as kinders onthou die vervoer van die koeke spesifiek baie goed want as gevolg van die delikate aard van die fyn versierings en die belangrikheid van die gebeurtenis, was daar baie angstigheid en moes die koeke soos goud behandel word. Die vervoer van die koeke na, en van die motor en die onthaal areas was dus spanningsvol en ons kon almal eers ontspan wanneer die koeke hul belangrike plekke veilig en in een stuk ingeneem het.
| Elsie Joubert - Koekversierings |
Familie: Brooks
Joseph BROOKS is die stamvader van die Brooks-familie van Tannie Lena Joubert se man Roy Brooks:
Fotos - Joseph Brooks and friend William Henry Bell - provided by Albany Museum
Grafstene - Brooks
Kommandant “Rooi” Jozua Adriaan Joubert – ‘n held se voorbeeld van rekonsiliasie

| Genealogiese navorsing is ‘n opwindende reis: |
Later raak jy ge-frustreerd en fenaties oor ‘n ontwykende skakel en ander kere weer in ekstase en verlig indien daardie skakel wel gevind word. Soms moet jy net aanvaar dat sekere skakels nooit gevind sal word nie. Jy moet jy gevoelens en gedagtes verwerk oor verlore tyd en vrae wat nooit gevra is nie, en dokumente wat nooit volledig ingevul is nie, en kinder wat gesien moes word en nie grootmense moes uitvra oor hierdie en daardie oom en tyd nie.
Jy reis ook terug in tyd in die nasionale argiewe veral as jy eeu-oue dokumente in jou hande hou soos ‘n geboortesertifikaat van ‘n stamvader, ‘n kwitansies van jou oupa se aankope op krediet by die dorpswinkel of ‘n foto van ‘n oupa-grootjie. Vir die bevoorregtes is ‘n reis na Europa of elders en ‘n besoek aan die geboortedorp van ‘n stamvader onvergeetlik en daarmee saam is die ervaring en bewuswording dat jy die sirkel van jou oorsprong voltooi het sielsverreikend en gerusstellend.
Party persone onthaal jou gasvry in ‘n ou familie woning of plaashuis en beantwoord jou vra geduldig en ander maak die deur in jou gesig toe of word skielik stil wanneer jou stamboom ou potensiele spoke wakker maak en opjaag. Hulle weet immers nooit wie het verskuilde agendas en wil jou erfporsie probeer opeis of jou familie in ‘n swak lig plaas nie.
Jy voel spesiaal en trots as een jou voorsate iets noemenswaardig verrig het en ander kere voel jy skaam en vernederd indien hulle iets kontroversieel of oneties gedoen het.
Jy worstel met integriteit en deursigtigheid want met eersgenoemde wil jy spog en laasgnoemde wil jy eerder verberg.
Partykeer is jy die teiken van ander se vooroordele en selfs haat en fisiese dreigemente oor familie konflikte, oorlog, verraad, politiek, ras, geestesversteuringe en skandale.
Ek het byvoorbeeld in die verloop van my navorsing afgekom op interessante historiese dokumente wat familie moontlik kon betrek het by gebeure van moontlike verraad en die teregstelling van 4 broers deur hulle mede-boere en nabye familie-lede.
Dit het my met baie vrae gelaat. Hoe hanteer ek dit as dit familie was? Het ek iets om oor skuldig te voel? Moet ek eerlik wees daaroor of dit probeer verberg.
Oorlog is nie speletjies nie, en bring ons tot by self-preservering. Veg of vlug. Geweld of vrede. Volk en Vaderland, of familie. Ons en hulle.
Ek het terselftertyd toevallig ‘n persoon in my navorsing raak gelees wat vir my verligting en vrede op hierdie vrae gegee het.
Snaaks genoeg en heel toevallig – nee, werklik! – ‘n mede-Joubert.
Hier is ek alweer vasgevang in die tou-trekkery van die gewete. Is ek nie besig om my goeie familie te belig nie?!
In elk geval die “Wie” is nie hier van grootste belang nie maar die dade, en hopelik sal dit die praatwerk en die oorreding doen.
“one of the bravest, noblest men alive – a grand man!”
Generaal Louis Botha se siening van J.A Joubert
Kommandant Jozua Adriaan Joubert:
Die persoon na wie ek verwys is Kommandant Jozua Adriaan Joubert, ook bekend as “Rooi” Jozua, heel moontlik as gevolg van die kleur van sy baard.
Hy word op 21-jarige ouderdom lid van die Wakkestroom Kommando en maak verskeie kommandos en veldslae mee, soos die van Colenso en die slag van Laingsnek.
Hy word verskeie kere gewond, maar herstel elke keer sodanig om na die slagveld terug te keer en bewys hom op sodanige wyse dat hy met tyd bevorder word na Veldkornet en later Kommandant.
Volgens Sir J. Percy Fitzpatrick beskryf Generaal Louis Botha “Rooi Jozua” as: “one of the bravest, noblest men alive – a grand man!”.
‘n Persoon wat deur almal, selfs die Engelse, hoog aangeslaan word. Dit is na aanleiding van sy heldhaftige reaksie na die lot op hom val en hy gekies word om ‘n strategiese en lewensgevaarlike element van die slag van Colenso te lei. Hy het blykbaar dadelik opgestaan en sy enigste woorde was blykbaar net: “Die uitkoms was die keuse van God. Ek gaan!”.
Generaal Botha was veral verlig dat dit Rooi Jozua was wat gekies is want ‘n ander man kon dalk in huiwering die manskappe ge-demotiveer het, maar die geluksgodin het sy planne vir Colenso ‘n broodnodige hupstoot gegee en “Rooi Jozua” en sy mantskappe het deur ‘n rivier in volle vloed geswem en “Hlangwane” beset.
Rooi Jozua se reaksie is insiggewend want Albert Kuyt noem dat dit alombekend was dat hy nie altyd met Generaal Botha ooreengestem het nie. Volgens Albert Kuyt kon “Rooi Jozua” met vrymoedigheid ‘n selfstandige houding inneem en van die meerderheid verskil mits hy seker was dat sy houding eerlik was. So was hy nie bang om voor die oorlog sy mening, en ‘n onpopulêre een as lid van ‘n klein minderheid, te lig dat die oorlogstryd volgens hom te ongelyk sou wees om met sukses vir die republieke gevoer te kon word. Ten spyte van sy verskille het hy hom egter verbind tot die besluite wat geneem is.
As seun het Albert Kuyt Rooi Jozua geken en volgens hom was Rooi Jozua die opvolger van die hoog-aangeskrewe Veldkornet G.P. Brits Snr en later Kommandant Andries L. Pretorius. Dit was dus was nie maklike skoene om vol te staan nie.
Hy verwerf ondermeer held-status deur sy optrede by die slag van Tugela waar sy kommando-lede hom met die huldesang “Rooi bul, rooi bul van Wakkerstroom!” begroet het na hy gewond en bebloed saam met sy perd na die agterlinies teruggekeer het.
Die skietwond wat sy betrokkenheid by die oorlog op ‘n einde bring word ironies genoeg deur ‘n mede-boer in ‘n omstrede verloop van gebeure toegedien, en veroorsaak ook dat sy arm ge-amputeer moet word en dat hy die laaste deel van die oorlog as krygsgevangene in Tintown, Ladysmith, moes deurbring. Hierdie skietvoorval het later tot gevolg gehad dat 5 boere, waarvan 4 broers was, deur ‘n boere krygshof gevonnis is en deur ‘n vuurpeloton teregstel is. Die gebeure is onlangs vervat in Arthur Blake se boek “Boereverraaier” en die rolprent “Verraaiers” is ook daardeur ge-inspireer (Meer oor hierdie tragiese gebeurtenis… ).
Na sy terugkeer van die oorlog het hy ten spyte van sy gestremdheid sy boerdery weer aan die gang probeer kry en alhoewel hy ook self arm was het hy hom aangesluit by die beweging om armoede te verlig en was hy steeds bedrywig by sy kerk en die C.N.O. Skool. Tussen 1910 tot 1913 dien hy ook as senator en as volksraadslid vir Wakkerstroom.
Sy grootste heldedaad volgens my was egter sy voorbeeld van rekonsiliasie waarvan Dr F.V. Engelenburg skryf in sy boek oor Generaal Louis Botha.
Na die oorlog is daar is verwag dat die verskille tussen die Bittereinders en die ander boere vir lank probleme sou veroorsaak vir die genesing van die oorlogswonde.
Na die oorlog het “Rooi Jozua” die mede-boer gaan besoek wat hom as “Joiner “ in die vyand se diens geskiet het en die verlies van sy arm veroorsaak het. Hy het aangedui dat hy wou rekonsilieer met sy vyande en as bure in vrede saamwoon.
Sy voorbeeld van broederskap en selfbeheer, komende van so ‘n respekteerde person, het wondere verrig en ‘n groot positiewe impak of die publieke bewussyn gelaat en die deur oopgemaak vir die aanvaarding van Generaal Botha se siening dat voortslepende haat en verdeeldheid die kanse vir almal vir politieke en ekonomiese herstel sou benadeel.
“Rooi Jozua” was ‘n held maar ook ‘n man wat al die verskonings gehad het om haat te koester of in self-verwyt en self-bejammering te verval. Hy het egter verkies om vrede te maak.
Ek hoop sy voorbeeld sal ook vir ons en komende generasies as inspirasie dien om die verlede te leer wat ons kan, en ons vooroordele, veroordelinge en verskille op sy te skuif ten gunste van vrede en ’n beter toekoms vir almal.
Deur: Loutjie Joubert Jnr
* Met dank en erkenning aan al die bronne wat hierdie artikel en my genealogiese reis moontlik gemaak het.
| Fotos - Jozua (Rooi) Adriaan Joubert |
Bronne en erkenning:
General Louis Botha. With an Introduction by General Smuts., Dr F.V. Engelenburg., JL van Schaik., Pretoria., 1929., p. 130-131.
Onze Krijgs-Officieren, album van portretten met levens-schetsen der transvaalse generaals en kommandanten e. a. uitgegeven ten “Volksstem” kantore, Pretoria. 1904.
DIE BOERE OFFISIERE 1899-1902. Jacques Malan. J.P. Van der Walt Uitgewers, Pretoria, 1990 Eerste uitgawe., bl. 95-96
South African Memories, Sir J. Percy Fitzpatrick.
Van der Westhuzen G&E – Gids tot die Anglo-Boereoorlog.
“Transvaalse Gister” (Tranvaal’s Past), Albert Kuyt (Page 87).
Fotos – Nasionale Argief Pretoria – Engelbrecht Versameling
https://www.labuschagne.info
http://labuschagne.netfirms.com/references.htm
| Dokumente: |
Familie: SANDOW
Frederick Carl (Fred) Sandow het die volgende dokumente oor die SANDOW familie oorsprong opgestel en vriendelik en vrygewiglik beskikbaar gestel vir die nageslag:
“Die woord Sandow beteken “Die naam van ‘n plek”, of kortliks “’n Pleknaam”.
“Hierdie Sandow-familie is die enigste wat ooit na Suid-Afrika ge-emigreer het, en derhalwe is alle Sandows in Suid-Afrika afstammelinge van hierdie enkele gesin.”
“Dit is die baie kortlikse verhaal van ons Duitse voorouers. Laat ons hulle op ‘n waardige wyse onthou en vereer. Hulle het gedien as fondament vir die toekoms.”
Frederick Carl (Fred) Sandow
| Dokumente: verskaf deur Frederick Carl (Fred) Sandow |
| SANDOW Stamouers | PDF | 172 kb |
| Agergrond: SANDOW | PDF | 127 kb |
| GRIEZEL Stamouers | PDF | 86 kb |
| Agtergrond: Ouma Ellie (Elsie Aletta Cecilia) Sandow | PDF | 113 kb |
| Boek - Trap der Jeugd |
| Boek - Trap der Jeugd - Google | PDF | 2 mb |
Albei die susters, Tan Poppie en Ouma Ellie, het slegs tot standerd drie skoolgegaan. Hulle het hul skoolloopbane in Wakkerstroom begin. Daar was daardie tyd ‘n skoolboekie genaamd die “Trap der jeugd” en as ‘n leerder hierdie boekie deurgewerk het, was dit as voldoende akademiese geletterdheid beskou.
| Notas en opmerkings: Loutjie Joubert Jnr |
- “Oupa Griezel was een van een-en-twintig kinders…”
Dit moet not bevestig word. Volgens sy boedeldokumente was hy drie keer getroud. Daar is 5 en 6 kinders onderskeidelik uit elk van die eerste twee huwelike gebore en geen kinders uit die derde huwelik nie.
Hy was dus een van 11 kinders saam met die aangetroude broers en susters. - “Oupa Jan-hulle was vier kinders hyself en drie susters… ”
Volgens sy pa Edward se sterftesertifikaat was hulle 5 kinders. Daar was ook ‘n jonger broer Edward Johannes.
- “Hy het ook op die plaas Dassieklip gewoon en was drie keer getroud….”
Volgens sterftekennis was hy slegs twee keer getroud. - Heila lafina Labuschagne:
https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4N-CQMG-P?cc=2520237&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQP5T-JQP1
| Driepoort - moontlike ligging |
Persoon: DU PLESSIS Elsie Aletta Cecilia
Elsie is gebore op 26 Junie 1935 en sy vertel soos volg:
“Volgens wat ek van my ma verneem het, het ons daardie tyd op Clova*, ‘n klein treinhalte in die Drakensberge gewoon. My pa het aan die spoorlyn by van Reenenspas gewerk en het ons daar in ‘n spoorweghuis gewoon. Vir my geboorte is hulle Sandspruit toe, dit is ongeveer 10 km vanaf Volksrust, en was tuis by tannie mien DELPORT, ‘n suster van my pa. Dit was glo ‘n yskoue wintersdag en die vroedvrou het my pa gevra om ‘n paraffienstofie te gaan leen anders sou my ma en ek verkluim. Toe ek twaalfuur die middag gebore is het die ryp glo nog spierwit gelê. Geen wonder ek is so koulik nie!!
Terwyl ons op Clova gewoon het, het my ma glo melk vir ‘n tiekie (2.5c) of ‘n sikspens (5c) by ‘n swart vrou gekoop wat ‘n paar koeie aangehou het. Ek weet nie hoe lank ons daar gebly het nie, maar volgens my ma was my ouer broer, Willie, destyds ‘n siek kind wat asma-aanvalle gekry het en ek ‘n baie soet dogtertjie. Sy het my glo in ‘n paraffienkissie met kussings gestut en het ek my glo so in my spel verlustig dat sy my menigmaal daar aan die slaap gekry. Toe ek begin loop het sy ‘n swart meisie, Lizzie, gehuur om my op te pas.
My ma het vertel van die swaar tye wat hulle deurgemaak het want dit was glo depressiejare toe hulle getroud is en gedurende my en Willie se kleuterdae. Werk was skaars en die werkers het maar karige salarisse gekry Sy was ook nog maar jonk, slegs 17 jaar toe sy getroud is en op twintigjarige leeftyd toe ek gebore is was Willie maar eenjaar en drie maande oud.”
Bron: Elsie en Loutjie Joubert Snr.
* Clova (Clova) is a railroad siding (class S – Spot Feature) in KwaZulu-Natal, South Africa (Africa)
Clova is also known as Clova, Clove.
A Railroad siding is a short track parallel to and joining the main track.
| Fotos - DU PLESSIS Elsie Aletta Cecilia |
| Clova (Van Reenen) |



















































“Die woord Sandow beteken “Die naam van ‘n plek”, of kortliks “’n Pleknaam”.



















