BIOGRAFIE: Familie DU PLESSIS
Proloog
Â
Ons weet ân âfamilieâis ân gesin, ân huisgesin, ouers en kinders in die eerste plek, asook die vernaamste: Pa, ma en kind(ers) uit die huwelik gebore,of soms op ander maniere bekom, dus bloedverwante met dieselfde van en biologies verwant of familiebetrekkinge. Hierby ingesluit is uiteraard die ouers, grootouers, voorouers, afstammelinge of nakomelinge.
âStamâ is geslag en âafstamâ is afkomstig uit ân geslag. Ons voorsate is ons voorouers ( voorgeslagte) of mense van wie ons afstam (afstammelinge) en dus ook bloedverwante is, diegene wie se âgeneâ ons oorgeĂ«rf het deur generasie. Teenoor bloedfamilie staan aangetroude-, asook stief- wat familie geword het deur die huwelik en wat, alhoewel nie biologies nie, tog ook familie is!ân Stamboek is ân geslagsregister met die name van al die afstammelinge.
Dit is vir ons as familielede wat nog in lewe is beskore om met aangename herinneringe, maar ook met nederigheid en innige erkentlikheid as bevoorregtes die nodige hulde te betoon aan geliefdes wat ons vooruitgegaan het. ân Handvol vergeet-my-nietjies en herinneringe aan elkeen wat ân dierbare moes afgee en deur diep waters van beproewing gegaan het.Dit is met deernis in ons harte teenoor hulle wat in ons gedagtes sal bly voortleef totdat ons weer in die hiernamaals verenig mag wees.
Paul Kruger het gesĂȘ: âHaal uit die verlede dit wat mooi is en bou die toekoms daarop.â Ons berus dus in die onvermydelike, in Gods wil, aanvaar die beproewinge en onthou dit wat mooi was as heuglike belewenis en herinneringe wat ons sal bybly en ons lewens daardeur slegs kan verryk. Ons delf dus terug in die annale en oorlewerings, na die lewensdae van hulle wat bygedra het tot die familiegeskiedenis van die du Plessis-familie:Die Stamboom:Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â Â
Willem Schalk du Plessis het saam met sy vrou Barbara (nee Meintjies ) op ân plaas naby Figtree, tussen Bulawayo en die Botswana-grens, in RhodesiĂ« (tans ZambiĂ« ), geboer. Hulle het vier seuns gehad: Johannes, Barry, Willie en Corneels, asook ses dogters: Maria (NortjĂ©), Mien (Delport), Kleina (Viljoen), Lenie (Booysen), Barbara (Comsy) en Alie (de Haast).
Corneels, Cornelius Johannes du Plessis (geb 6 September 1908) tree in die huwelik met Miemie, Maria, Elizabeth, Francina Leonard (geb7 Augustus 1915). Jan Daniël Leonard (geb13-04-1891 en Elsie Aletta Cecilia Griezel (geb 06-03-1895), jongste dogter van Gerrie, Gerhardus Griezel en Maria, Elizabeth, Francina, Swanepoel. Oupa Jan en ouma Ellie het net twee dogters gehad: Miemie, getroud met Corneels du Plessis en Sannetjie wat met Fred Sandow in die huwelik getree het.
Ouma Ellie het ân ouer suster, Poppie, gehad wie met Willem Labuschagne getroud is en twee seuns, Kosie en Gert (Lappies), gehad.
Corneels du Plessis se pa, Willem Schalk du Plessis en sy gesin, het van Zimbabwe na ân plaas op Sandspruit in Transvaal (Mpumalanga) getrek. Corneels is op Klaarstroom,
langs Vaalkop by Zeerust, gebore.            Â
Willie, oudste seun van Corneels, het sy name van sy oupa, Willem Schalk du Plessis, geĂ«rf. Elsie, die enigste dogter, het haar ouma Ellie se name, Elsie Aletta Cecilia, gekry. Jan het sy name gekry van sy ma se pa,Jan DaniĂ«l Leonard, wat op die familieplaas, Dassieklip, by Sandspruit, geboer het. Cor het sy pa, Cornelius Johannes, se name gekry en Eddie sy grootoupa, Eduard Johannes (Leonard), se name.                                                Â
Die du Plessisâs is dus daar van Robert Mugabe se wĂȘreld, toe nog RhodesiĂ«. My skoonpa het my ân paar keer vertel van die nagmerrie-ervaring wat hy, as jong seun, met ân toordokter gehad het wat hom in die veld âgejagâ het vir van sy âonderdele,âwaarvan hy âmutiâwou maak. Hy het hierdie gebeurtenis so meegevoer vertel dat jy die toordokter in jou geestesoog kon sien hoe hy op en af in die lang gras spring om te sien waar sy âprooiâ is. Die verhaaltjie, soos ek dit kan onthou:
âMy pa en oudste broer moes daardie dag met die perdekar dorptoe gaan en my pa het my voor hulle vertrek gemaan om nie te ver van die huis af te dwaal nie en op my pasoppens te wees vir die toordokter. Soos ân kind maar is steur jy jou mos maar min aan waarskuwings en maak dit af as bangmaak praatjies en soms vergeet jy net daarvan. Hoe dit ookal sy, ek en van die swart kinders het later by die rivier gaan speel en onder andere klei uitgehaal waarmee ons klei-osse gemaak het asook kleilat gegooi het. Ons was so geĂŻntereseerd en verdiep in ons spel dat die tyd behoorlik stil gestaan het en ons allermins aan toordokters of enigiets anders gedink het. Dit was eers toe een van die swart kinders alarm gemaak het dat ek van my pa se waarskuwing onthou het en ook die gevaar in die vorm van ân gebukkende toordokter wat besig was om ons stilletjies te bekruip. Onnodig om te sĂȘ ek het eers yskoud geword en toe soos ân pyl uit ân boog wegespring en rieme neergelĂȘ agter die ander aan op pad huistoe. Tot my verdere ontsteltenis sien ek hoe hy besig is om my van die swart kinders af te keer. Ek het in die lang gras probeer om vir hom weg te kruip en het gesien hoe hy spring-spring in die gras beweeg soos hy na my soek terwyl hy die skildvel en assegaai bokant sy kop rondswaai. Ek het, toe hy al nader aan my kom, koers gevat na die klipkoppie om hom daar te probeer ontkom. Die plaaspad het met ân draai om die koppie geloop en ek het met dĂe langs gehol om die koppie van die anderkant af te beklim en agter die klippe weg te kruip. Die toordoker het my plan agtergekom en my ook daarvan probeer afsny. Wat was my verligting groot toe ek die perdekar om die draai sien aankom! Ek het uitasem by my pa en broer op die perdekar gespring en vir hulle van die nagmerrie vertel .Die toordokter het intussen in die lang grasse verdwyn en was daar geen teken van hom nie. Dis asof ek nog koue rillings kry as ek daaraan dink hoe naby ek aan my dood was.âDit was later toe hulle Transvaal toe getrek het dat hy met âMiemieâ deurmekaar geraak het. Sy was blykbaar ân rabbedoe wat sy voete skoon onder hom uitgeslaan het en sy hart verower het. Sy was ân bobaas perderuiter en het menige jongman in die stof laat byt as dit by resies gekom het. Hulle twee is op 9 Desember 1932 op Piet Retief getroud waar hulle by Miemie se ouers gebly het. Corneels het elke Sondagmiddag per fiets Pongola toegery waar hy gewerk het en die Vrydagmiddag weer terug huistoe. Hulle eersteling, Willie, is hier op Piet Retief gebore. Hulle het later Clova toe getrek waar hulle in ân spoorweghuis gebly het en waar hulle tweede kind en enigste dogter, Elsie, gebore is. Hiervandaan is hulle Volksrust toe waar Jan, Cor en Eddie gebore is.
Sandspruit, Charlestown, maar veral Volksrust was die bakermat van die familie en wat aan die begin van die vyftiger jare na Germiston toe verskuif het.
Volksrust,ân skilderagtige en geskiedkundige plattelandse dorpie aan die voet van die historiese berg, Amajuba, wat beteken â Berg van duiweâ, is een van die koudste plekke in ons land. En hier is ons getoĂ«, het ons vir die eerste keer met ân skool kennis gemaak en baie lief en leed deurgemaak. Eintlik meer âliefâas leed, trouens al leed wat ons daar beleef het was die gure weersomstandighede: die âAugustusâ-winde wat die gruisklippertjies teen ons kaal bene âgeskietâhet wanneer ons in die middae van die skool af huistoe geloop het asook die ysige wintermaande wanneer die waterdruppels glaserige stalaktiete en stalagmiete gevorm het, die ryp tot laat in die oggende gelĂȘ het en wanneer die wind daaroor waai jou laat klappertand het. Hier het ons menigmaal tot by ons knieĂ« in die kapok skooltoe geloop om maar net terug huistoe gestuur te word omdat daar te min kinders en onnies by die skool opgedaag het weens die onbegaanbaarheid van die paaie. Ons het sneeumanne gemaak, geski en mekaar met sneeuballe bestook, maar moes kort-kort eers ons by die koolstoof gaan warm maak het.
Om in die koue bed te klim was geensins aangenaam nie en daarom moes dit ook eers warm gemaak word. Daarvoor het ons bakstene in die koolstoof se oond warm gemaak, dit met koerantpapier en lappe toegedraai en dan by die voetenent van die bed onder die komberse geplaas.
Willie is op 23 Maart 1934 in Piet Retief gebore, Elsie 26 Junie 1935 op Sandspruit,wyl die ryp spierwit gelĂȘ het en Jan, Cor asook Eddie in Volksrust.ÂEk het vir die eerste keer met die du Plessis-familie as negejarige seun op Volksrust kennis gemaak toe hulle ons bure geword het. Dit was tydens ân kuier-sessie toe ons âtrouâ gespeel het en ek, die dominee, vir Willie en my sussie, Bertie, in die huwelik bevestig het, waarna hy weer die predikant was en vir my en sy sussie,Elsie, geâtrouâ het. Dit was dan ook hier waar ek gevoel het ek voel iets vir haar en hierdie gevoel het ek bly voel totdat ek en sy vir die tweede keer, maar toe wettiglik, in die eg verbind is en die gevoel nog steeds gevoel word! Ek het vanaf daardie eerste ontmoeting kontak bly behou deur soms by Willie te gaan speel en het ons vriendskap bly voortduur. Ons het nooit kon droom dat hy eendag nog my strooijonker en swaer, dus ook familie en vir die tweede keer met my trouery gemoeid sou wees.
Ons het ons kinderjare op Volksrust saam deurloop totdat ek Heidelberg Onderwyskollege toe is en hulle Germiston toe getrek het. Ek het egter nog steeds kontak behou en sommige naweke daar gaan kuier. In my finale jaar het ek en my kamermaat, Louis Bekker, vir drie weke by hulle loseer, terwyl ons by Delvilleskool met Proefonderwys was en hulle nie ver van die skool in Presidentstraat gebly het. Selfs gedurende die ses jaar wat ek as onderwyser by Nigel A.M. Skool werksaam was het ek volhard met my besoeke wat al hoe intenser geraak het, sodanig dat ek en Elsie op 31 Desember 1957 verloof geraak het en op 6 Desember 1958 getroud is.Van toe af het die familiebande hegter geword, die familie begin om te vermeerder en was ek dus die eerste toevoeging waarna Heleen, Yvonne, Anita,Therina , die kinders en kleinkinders gevolg het.
Willie is op 17 Desember 1960 met Heleen, ân suster in Germiston hospitaal waar sy destyds in die kraamafdeling werksaam was, getroud. Die huwelikseremonie is in die kiosk by Germistonmeer gehou en die uwe was die seremoniemeester (die heel eerste keer).
Loutjie Joubert Snr