Freda LINDE (Nee. JOUBERT)
Freda Linde skryf in haar boek “Terug na die Mimosas” onder andere oor haar kinderjare op die familieplaas Bruintjiesrivier en gee ‘n insiggewende blik op haar ervaringe, die omgewing en die lewe op die plaas. ‘n Verdere vertelling kan gevind word in haar artikel “Bruintjiesrivier — Toe en Nou” in “Die Tydskrif vir Letterkunde 11:3 (1973)”.
Ons het in 2013 sonder sukses met Freda Linde probeer kontak maak in die tehuis in Kaapstad waar sy toe gewoon het, maar vermoed weens haar gevorderde ouderdom (90jaar op daardie stadium) was dit nie vir haar moontlik om op ons briefwisseling te reageer nie. Gelukkig gee haar boek biejie insig in die familie en lewe by Bruintjiesrivier.
Freda was die bekende skryfster (d. 07 Mrt 2013) wat reeds op heel jeugdige ouderdom begin skryf het. Sy het in Worcester en Kaapstad skoolgegaan. Sy tree op as redaktrise van Die Huisvrou en later as redaktrise vir twee welbekende uitgewers. Sedert 1971 lewer sy werk as vryskutskryfster. Sedert 1964 het sy sewe toekennings vir haar kinderboeke ontvang. Haar bekendste boek is “Die singende gras” waarvoor sy die Scheepersprys en die JH Hofmeyrprys ontvang het. Sy woon in Kaapstad en het in haar loopbaan twee bundels essays en minstens agtien kinder- en jeugboeke die lig laat sien.
(BRON: lindebond.co.za)

Diagram van verwantskap met:
| Stamboom Data |