Tydlyn: Die Hoof Gebeure en Persone in konteks

+-1687
St.Thomas Island, Nederland

Huwelik

Jean Prieur DU PLESSIS & Madeleine Marie MONANTEAU
Hy is ‘n sjirurg van Poitiers, Frankryk

+-1700
Dom Kerk , Amsterdam

Huwelik

Jean Prieur DU PLESSIS & Marie BUISSET 
Na die afsterwe van sy eerste vrou tree Jean Prieur op 62-jarige ouderdom in die huwelik met die 22-jarige verpleegster Maria Buiset

1708
Stellenbosch

Afsterwe

Jean Prieur DU PLESSIS sterf op die 7de Desember 1708.

+-1712
Stellenbosch

Huwelik

Charl Prieur DU PLESSIS  & Cecilia VAN MARSEVEEN
Hy word in 1688 op die skip “Oosterland” gebore tydens sy ouers se reis van Frankryk na Suid-Afrika 

1746
Drakenstein 

Huwelik

Charl en Cecilia se seun Charl DU PLESSIS tree in die huwelik met Anna DU TOIT

+-1774
Paarl 

Huwelik

Andries Stephanus DU PLESSIS & Elisabeth DU TOIT

+-1801

Huwelik

Willem Schalk DU PLESSIS tree in die huwelik met Elisabeth Helena APPEL Dit is sy eerste van 3 huwelike.

1813
Kaap

Leonard – Stamvader

John Edward LEONARD, ‘n soldaat in die “Royal Garrison Company” is van Limerick in Ierland afkomstig, en arriveer via Londonderry (Ierland) in Suid-Afrika

1817

Ontslag

John Edward se militêre eenheid word ontbind en hy doen aansoek om in Suid-Afrika te bly

1820
George – Kaap

Huwelik

John Edward LEONARD & Wilhelmina Hendrina KEMP.
Hy werk op die plaas Outeniquas Drift, Riversdal, vir Pieter Terblanche waar hy die melkery bestuur. Lord Charles Somerset ken die plaas Portkleys Kraal (Potkleiskraal), net suid van Herbertsdale aan hom toe , waar hy boer tot sy dood en waar hy begrawe is. Vier van sy seuns (Jan daniel, William morris, Petrus(Jack) en Edward John) het noordwaarts na die Vrystaat en Volksrust getrek

+-1830

Huweliksverbreking

Nadat hulle 10 kinders saam gehad het verlaat WIllem Schalk Du Plessis skielik sy vrou Elisabeth Helena APPEL vir ‘n onbekende rede en in sy afwesigheid word ‘n klag teen hom ingedien: “…. married Willem du Plessis … who left her in the year 1830 and was cited by Edich the 19th August 1834 but has never been heard of”

1833
Uitenhage

Huwelik

WIllem Schalk Du Plessis tree in die huwelik met sy tweede vrou Johanna Catharina OLIVIER

1835

Geskiedenis en Konteks

Die Groot Trek neem ‘n aanvang

1840
Winburg

Geboorte

WIllem Schalk Du Plessis enJohanna Catharina OLIVIER sluit aan by die Groot Trek. Hul enigste kind en dogter word gebore en haar doop in die Winburg se Voortrekkerregister opgeteken.

1843

Huwelik

Dit is onbekend wat ‘n einde bring aan WIllem Schalk DU PLESSIS se tweede huwelik maar drie jaar na die geboorte van sy dogter tree hy weer in die huwelik met sy derde vrou Maria Anna Elizabeth GROBLER

1844
Winburg

Geboorte

WIllem Schalk Du Plessis en Maria Anna Elizabeth GROBLER se seun Cornelis Johannes word gebore en sy doop word in die Winburg se Voortrekkerregister opgeteken.

1853

Huwelik

John Daniel LEONARD &
Susanna Johanna OOSTHUIZEN

+-1870

Huwelik

Cornelis Johannes DU PLESSIS &
Maria Magdalena Elizabeth JACOBS tree in die huwelik.

1884

Huwelik

Edward Leonard & Susanna Labuschagne

1871

Geboorte

Cornelis Johannes DU PLESSIS & Maria Magdalena Elizabeth JACOBS se seun Willem Schalk Du Plessis word gebore

Geboorte

Barbara Meintjes word gebore

1889
Piet Retief

Huwelik

Gerhardus Griezel en Maria Elizabeth Francina Swanepoel tree in die huwelik op Piet Retief, en boer in die Pogola omgewing, maar vestig hulself later op Dassieklip, Volksrust.
Dassieklip was oorspronklik ‘n groot plaas wat met oorerwing onderverdeel is dus het verskillende families op gedeeltes van Dassieklip gewoon.

1891

Geboorte

Jan Daniel Leonard word gebore

Geboorte

Cecilia Johanna Labuschange word gebore.
Sy is die dogter van Edward Leonard se suster, Susanna Sophia Leonard en Johannes Jacobus Christoffel Labuschagne.

1892

Geboorte

Tant Poppie, of te wel Hester Johanna Griezel, Ouma Ellie se suster

1893

Geboorte

Hendrik Jacobus Griezel, Ouma Ellie se broer

1895

Geboorte

Ouma Ellie, Burgershoop

1899-1902

Geskiedenis en Konteks

Anglo-Boere Oorlog

1900

6 Januarie

Geskiedenis

SLAG VAN PLATRAND:
Die boere het Ladysmith beleër (omsingel) en op een geleentheid probeer om dit te bestorm en te verower, wat uitgeloop het op die slag by Platrand, suid van Ladysmith. Hulle het hulle egter misgis en ná ‘n verwoede geveg met swaar verliese aan albei kante, moes die Boere ongelukkig terugval onder toenemende Britse versterkings.

1900

Newcastle

Afsterwe :: 38 Jaar

Edward Leonard (Jan Daniel was 6jr oud ) sterf in die Newcastle hospitaal na ‘n operasie nodig as gevolg van ‘n kopwond opgedoen twee maande tevore tydens die Slag van Platrand.

1902

Volksrust

Konsentrasie Kamp

Edward Leonard se weduwee Susanna Gertruida Labuschagne was na sy dood in die Volksrust konsentrasie kamp in 1901/1902 saam met haar kinders waaronder Oupa Jan;
Anna Elizabeth Magdalena Johanna 17 jr, Susanna Johanna 15 jr, Susanna Gertruida 7 jr en Jan Daniel (Oupa Jan) 11 jr.
Na die oorlog het sy ‘n eis ingedien vir skade gelei as gevolg van besittings wat deur die Engelse op Dassieklip gekonfiskeer is, maar slegs ‘n klein bedrag is goedgekeur en uitbetaal.
Haar ma Anna Elizabeth Magdalena Johanna Hattingh is aan ‘n beroerte in die Merebank kamp oorlede asook ‘n baba dogter van een van haar susters.
Twee van haar broers is na Bermuda gestuur het en na die oorlog siek teruggekeer en een was half verlam.

1904

Newcastle

Huwelik

Edward se weduwee, Susanna tree weer in die huwelik met oom Johannes Stefanus Cornelius Botha

circa 1907

Huwelik

WIllem Schalk Du Plessis en Barbara Meintjes tree in die huwelik

1908

Vaalkop , Marico

Geboorte

Cornelius Johannes Du Plessis (Oupa Cor) word op Klaarstroom, langs Vaalkop by Zeerust gebore

1908 | 1909

Verhuising

Willem Schalk en Barbara Meintjes verhuis na Rhodesië en boer in die Motobo omgewing suid van Figtree, wes van Bulawayo.
As stukkie geskiedenis kan genoem word dat Cecil John Rhodes se graf op ‘n heuwel in die Motobo Nasionale Park geleë is.
Van Oupa Cor se susters het in Rhodesië gewoon en getrou soos Tant Alie met Oom John Douglas de Haast.

1910

Geboorte

Frederick Carl (Fred) Sandow word gebore

1913

Volksrust

Huwelik

Oupa Jan en ouma Ellie se ouers boer op aangrensende plase en so ontmoet hulle mekaar as bure en tree later in die huwelik

1914

September

Geskiedenis en Konteks

Die 1ste Wêreldoorlog is onderweg en Groot-Brittanje verklaar oorlog teen Duitsland in 1914. Duitsland val Duits-Suid-Wes Afrika (Namibië) binne. Suid-Afrika maak sy voorneme bekend om aan die kant van die Geallieerdes te veg en Duits-Suidwes-Afrika in te val.
Die Anglo-Boere Oorlog en verbittering was nog vars in die geheue en baie Afrikaners het nie hulle weg oopgesien om saam met die Britte te veg nie. Dit lei tot opstand en die Maritz-rebellie van 1914, of die Huilooorlog waartydens die bekende Jopie Fourie tereggestel is.

Militêr :: Oproeping

Volgens ‘n poskaart is Oupa Jan in 1914/1915 met die “Galway Castle” tussen SA en die Duits Suid-Wes oorlog vervoer. Ouma Ellie was toe swanger met Ouma Miemie. Die skip is later in die oorlog deur ‘n torpedo gesink.

Geskiedenis en Konteks

“The SS Galway Castle was built in 1911 and was a passenger liner of the Union Castle Line. Requisitioned at the outbreak of war, it operated initially as a troop ship, until 1915 when it reverted to back to commercial service as the only remaining Union Castle ship. Having survived a direct hit by an unexploded bomb on deck in 1916 and running aground in 1917, luck ran out on the 12th September 1918 when … fell prey to a torpedo fired by U-82, 160 miles south of Fastnet Rock. The torpedo struck the port side and exploded inside the ship. The mid-ship decks buckled and burst up. At this time, many of the passengers were eating breakfast and not wearing lifejackets. The damage sustained made access to the two ends of the ship impossible. Many people could not get to the lifeboats and the lifeboats that were launched fell or capsized. The survivors were picked up nine hours later by Royal Navy ships. The heavy seas and low visibility hampered their rescue. Over 143 lives were lost. She remained partially afloat for three days and an attempt was made to take it in tow but this failed and the Galway Castle sank.*

* One of the surviving passengers were Sir Ernest Oppenheimer of the well-known Oppenheimer family according to a tribute by his son Harry.

[2] “She went aground on the Orient Bank at East London on 12th October 1917 but was refloated five days later without any damage”

1915

Volksrust

Geboorte

Ouma miemie

1918

Afsterwe ::

Hendrik Jacobus Griezel kom te sterwe.
Sy weduwee Cecilia Labuschagne trou later met die wewenaar Willem Schalk Du Plessis na die afsterwe van sy vrou Barbara Meintjes

1920

Geboorte

Sannatjie gebore

1922

Afsterwe :: 51 jaar

Barbara Meintjes sterf in Rhodesie.
Oupa se broer, Oom Johannes was ‘n grootwildjagter en klaarblyklik die enigste persoon wat die ligging van Barbara se graf geken het.

1923 | 1924

Verhuising

TERUG NA DIE REPUBLIEK:
Uit die huwelik van Willem Schalk en Barbara Meintjes is 10 kinders gebore. Dit moes ‘n moeilike taak gewees het om manalleen vir ‘n familie van 10 kinders te sorg en het seker bygedra to Willem Schalk se besluit om na SA terug te keer. Hy gaan woon op Dassieklip.

1924

Huwelik

Wewenaar Willem Schalk en weduwee Cecilia Labuschagne tree in die huwelik.

1929

Afsterwe :: 69 jaar

Susanna Labuschagne kom te sterwe

1930

Geskiedenis

Oupa Jan Leonard; Groot Ouma en Oupa Griezel met die inwyding van Volksrust se N.G. Kerk in 1930

Kerkraad

Oup Griezel dien as kerkraadslid in Volksrust.

1931

Skoolverlating

Ouma miemie verlaat skool na sy standerd 6 voltooi het op ongeveer 15/16 jarige ouderdom.

Romanse

Ouma Miemie ontmoet Oupa Cor wat as sinjaalman (lampman) vir die SAS&H te Sandspruit werk en by Oupa Jan en Ouma Ellie loseer.

Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hoofweë (SAS&H)

Die spore van die SAS&H strek vêr in ons familie-geskiedenis en beide Oupa Cor en Fred Sandow het vir die SAS&H gewerk in posisies soos arbeiders, spoorleêrs, sinjaalman, lampman, rangeerder, terreininspekteur en kondukteur. Hulle het hulle hande eers stukkend gewerk en hulself toe stelselmatig opgewerk en vir hulle families in moeilike tye gesorg.

Van boerdery na saagmeule

Oupa Jan staak die boerdery en gaan werk by saagmeule by Idala, Ishwepe, 19km van Piet Retief.
Sannatjie gaan verder skool in Piet Retief.

Van Spoorweë na Hoofweë

Oupa Cor bedank die SAS&H en trek agter Ouma Miemie aan Piet Retief toe. Hy werk eers as padmaker naby Pongola, maar later vir ‘n Jood, ene Schiel, as vragmotorbestuurder op Brummersdorp

Skote Petoors

Oupa Cor het die skoot hoog deur. Hy loseer by Oupa Jan-hulle en terwyl hy in Pongola werk gaan kuier hy Vrydae vir Ouma Miemie met die motorfiets en keer weer Sondagmiddag terug.

1929-1934

Geskiedenis en Konteks

Dit is depressie jare en werk is skaars, salarisse min en kos duur.
In hierdie omstandighede moes Ouma Miemie wat maar 19 jaar was en Oupa Cor vir twee kinders sorg.

1932

Piet Retief

Huwelik

Ouma Miemie (17jr oud) en Oupa Cor trou in die NG Kerk op Piet Retief

1934

Geboorte

Willie Du Plessis word buite Piet Retief op ‘n plaas gebore

Terug Spoorweë toe

Na hulle twee jaar getroud is kry Oupa Cor ‘n oorplasing Sandspruit toe en werk weer vir die SAS&H

Na Van Reenen

Nie lank na sy verplasing Sandspruit toe word Oupa Cor oorgeplaas na Van Reenen Pas en gaan woon hulle op Clova, ‘n treinhalte in die Drakensberg.

1935

Geboorte

‘n Jaar en drie maande later word Elsie Du Plessis gebore. Vir haar geboorte gaan Ouma Miemie van Clova na Tant Mien Delport op Sandspruit waar dit winter en ysige koud is, soveel so dat Oupa Cor ‘n parafienstofie moes gaan soek sodat Elsie nie verkluim nie.

Verhuising na Amsterdam

Oupa Jan bedank en verhuis na Amsterdam waar hy vir ‘n privaat onderneming werk wat plant pale vir elektriese drade.
Sannatjie sit haar skoolloopbaan in Amsterdam voort

Verhuising na Charlestown

Oupa Jan bedank en verhuis na Charlestown waar hy werksaam is met die konstruksie van die spoorlyn tussen Charlestown en Newcastle by Inkwelo.

1936

Skoolverlating en Romanse

Sannatjie voltooi standerd sewe op Charlestown en verlaat skool.
Sy ontmoet Fred Sandow wat ook op die spoorweë werk as arbeider en rangeerder, en later as terreininspekteur op Glencoe en Newcastle

1938

Huwelik

Sannatjie en Fred Sandow tree in die huwelik

Geboorte

Frederick Carl (Freddie) Sandow word in Charlestown gebore

Verhuising

Fred en Sannetjie verhuis vanaf Charlestown na Volksrust en bewoon ‘n huis in Volkstraat en
koop later ‘n huis in Schoonstraat, nr 67a.

Terug Volksrust toe

Oupa Cor word verplaas na Volksrust en na kondukteur bevorder. Hulle woon eers in De Jagerstraat op die Rooibult, later in Monumentstraat en toe in Schoonstraat

1939

Geboorte

Jan Du Plessis word in Volksrust gebore.

1940

Geboorte

Elsie Cecilia Sandow word in Volksrust gebore

1942

Geboorte

Cornelius Johannes Du Plessis (Cor | Duppie) word in Volksrust gebore.

1944

Geboorte

John Daniel (Johnnie) Sandow word in Volksrust gebore

1946

Geboorte

Eduard (Eddie) Du Plessis word in Volksrust gebore

Verhuis en Aftrede

Oupa Jan bedank sy werk in Charlestown en die gesin verhuis na Volksrust, waar hulle eers op die Rooibult woon en later ‘n huis koop in Schoonstraat. Oupa Jan het vir homself as bouer begin werk het totdat hy in sy laat vyftigs weens siekte nie verder kon werk nie.

1949

Afsterwe :: 58 jaar

Oupa Jan sterf aan maagkanker op 58 jaar

1952

Afsterwe :: 80 jaar

Willem Schalk Du Plessis sterf op Dassieklip.
Cecilia erf vruggebruik van die plase. Na haar afsterwe bemaak sy alles aan haar seun Gert. Sodoende ontvang Oupa Cor geen erflating van sy ouers nie.

1953

Huwelik

Ouma Ellie trou met Ferdinand Viljoen

1956

Afsterwe :: 76 jaar

Oom Ferdinand viljoen kom te sterwe

1958

Geboorte

Jeannie Moira Sandow word in Volksrust gebore

Verhuising

Vanaf Volksrust word Fred Sandow verplaas na Glencoe, Natal, as terreininspekteur by die SAS&H waar Johnnie ook gematrikuleer het.

Aftrede

Fred Sandow word verplaas na Newcastle, waar hy aftreë en woon tot en met sy afsterwe in 1971

Aftrede

Sannatjie woon en werk op Newcastle tot haar aftrede en afsterwe

Na die Goudstad

Oupa Cor verhuis na Germiston waar hy verder werk as kondukteur tot met sy amptelike aftrede by die SAS&H in 1968.

Germiston

Oupa Cor en Ouma Miemie woon vir ‘n kort wyle eers in Presidentstraat en trek later Selkirkstraat toe. Later sou hulle vir die laaste keer trek – Elsburgweg toe

1968

Aftrede

Oupa Cor tree amptelik af by die SAS&H – Funksie gehou in Selkirkstraat op 7 September 1968 tesame met die viering van sy 60ste Verjaarsdag die dag tevore.
Luister na ‘n opname van die geleentheid gemaak deur Loutjie Joubert, skoonseun.

1971

Afsterwe :: 79 jaar

Cecilia Labuschagne kom te sterwe

1972

Sterfte: 62 jaar

Frederick Carl (Fred) Sandow kom te sterwe

1974

Terug in die saal

Oupa Cor werk by McKechnie as sekuriteitsbeampte.

1975

Afsterwe :: 80 jaar

Ouma Ellie sterf

1982

Huweliksherdenking :: 50 Jaar

Ouma Miemie en Oupa Cor vier hul 50ste Huweliksherdenking

1984

Afsterwe :: 76 jaar

Oupa Cor kom te sterwe

1990

Afsterwe :: 74 jaar

Ouma Miemie kom te sterwe

2016

Afsterwe :: 95 jaar

Ouma Sannatjie kom te sterwe

Tydlyn: Die Hoof Gebeure en Persone in konteks

+-1712
Stellenbosch

Huwelik

Charl Prieur DU PLESSIS  & Cecilia VAN MARSEVEEN
Hy word in 1688 op die skip “Oosterland” gebore tydens sy ouers se reis van Frankryk na Suid-Afrika 

+-1746
Drakenstein 

Huwelik

Charl DU PLESSIS & Anna DU TOIT

+-1774
Paarl 

Huwelik

Andries Stephanus DU PLESSIS & Elisabeth DU TOIT

+-1801

Huwelik

Willem Schalk DU PLESSIS tree in die huwelik met Elisabeth Helena APPEL Dit is sy eerste van 3 huwelike.

1813
Kaap

Leonard – Stamvader

John Edward LEONARD, ‘n soldaat in die “Royal Garrison Company” is van Limerick in Ierland afkomstig, en arriveer via Londonderry (Ierland) in Suid-Afrika

1817

Ontslag

John Edward se militêre eenheid word ontbind en hy doen aansoek om in Suid-Afrika te bly

1820
George – Kaap

Huwelik

John Edward LEONARD & Wilhelmina Hendrina KEMP.
Hy werk op die plaas Outeniquas Drift, Riversdal, vir Pieter Terblanche waar hy die melkery bestuur. Lord Charles Somerset ken die plaas Potkleiskraal, distrik Riversdal aan hom toe , waar hy boer tot sy dood en waar hy begrawe is. Vier van sy seuns (Jan daniel, William morris, Petrus(Jack) en Edward John) het noordwaarts na die Vrystaat en Volksrust getrek

+-1830

Huweliksverbreking

Nadat hulle 10 kinders saam gehad het verlaat WIllem Schalk Du Plessis skielik sy vrou Elisabeth Helena APPEL vir ‘n onbekende rede en in sy afwesigheid word ‘n klag teen hom ingedien: “…. married Willem du Plessis … who left her in the year 1830 and was cited by Edich the 19th August 1834 but has never been heard of”

1833
Uitenhage

Huwelik

WIllem Schalk Du Plessis tree in die huwelik met sy tweede vrou Johanna Catharina OLIVIER

1835

Geskiedenis en Konteks

Die Groot Trek neem ‘n aanvang

1840
Winburg

Geboorte

WIllem Schalk Du Plessis enJohanna Catharina OLIVIER sluit aan by die Groot Trek. Hul enigste kind en dogter word gebore en haar doop in die Winburg se Voortrekkerregister opgeteken.

1843

Huwelik

Dit is onbekend wat ‘n einde bring aan WIllem Schalk DU PLESSIS se tweede huwelik maar drie jaar na die geboorte van sy dogter tree hy weer in die huwelik met sy derde vrou Maria Anna Elizabeth GROBLER

1844
Winburg

Geboorte

WIllem Schalk Du Plessis en Maria Anna Elizabeth GROBLER se seun Cornelis Johannes word gebore en sy doop word in die Winburg se Voortrekkerregister opgeteken.

1853

Huwelik

John Daniel LEONARD &
Susanna Johanna OOSTHUIZEN

+-1870

Huwelik

Cornelis Johannes DU PLESSIS &
Maria Magdalena Elizabeth JACOBS tree in die huwelik.

1884

Huwelik

Edward Leonard & Susanna Labuschagne

1871

Geboorte

Cornelis Johannes DU PLESSIS & Maria Magdalena Elizabeth JACOBS se seun Willem Schalk Du Plessis word gebore

Geboorte

Barbara Meintjes word gebore

1889
Piet Retief

griezel-swanepoel

Huwelik

Gerhardus Griezel en Maria Elizabeth Francina Swanepoel tree in die huwelik op Piet Retief, en boer in die Pogola omgewing, maar vestig hulself later op Dassieklip, Volksrust.
Dassieklip was oorspronklik ‘n groot plaas wat met oorerwing onderverdeel is dus het verskillende families op gedeeltes van Dassieklip gewoon.

1891

Geboorte

Jan Daniel Leonard word gebore

Geboorte

Cecilia Johanna Labuschange word gebore.
Sy is die dogter van Edward Leonard se suster, Susanna Sophia Leonard en Johannes Jacobus Christoffel Labuschagne.

1892

Geboorte

Tant Poppie, of te wel Hester Johanna Griezel, Ouma Ellie se suster

1893

Geboorte

Hendrik Jacobus Griezel, Ouma Ellie se broer

1895

Geboorte

Ouma Ellie, Burgershoop

1899-1902

Geskiedenis en Konteks

Anglo-Boere Oorlog

1900

6 Januarie

Geskiedenis

SLAG VAN PLATRAND:
Die boere het Ladysmith beleër (omsingel) en op een geleentheid probeer om dit te bestorm en te verower, wat uitgeloop het op die slag by Platrand, suid van Ladysmith. Hulle het hulle egter misgis en ná ‘n verwoede geveg met swaar verliese aan albei kante, moes die Boere ongelukkig terugval onder toenemende Britse versterkings.

1900

Newcastle

Afsterwe :: 38 Jaar

Edward Leonard (Jan Daniel was 6jr oud ) sterf in die Newcastle hospitaal na ‘n operasie nodig as gevolg van ‘n kopwond opgedoen twee maande tevore tydens die Slag van Platrand.

1902

Volksrust

Konsentrasie Kamp

Edward Leonard se weduwee Susanna Gertruida Labuschagne was na sy dood in die Volksrust konsentrasie kamp in 1901/1902 saam met haar kinders waaronder Oupa Jan;
Anna Elizabeth Magdalena Johanna 17 jr, Susanna Johanna 15 jr, Susanna Gertruida 7 jr en Jan Daniel (Oupa Jan) 11 jr.
Na die oorlog het sy ‘n eis ingedien vir skade gelei as gevolg van besittings wat deur die Engelse op Dassieklip gekonfiskeer is, maar slegs ‘n klein bedrag is goedgekeur en uitbetaal.
Haar ma Anna Elizabeth Magdalena Johanna Hattingh is aan ‘n beroerte in die Merebank kamp oorlede asook ‘n baba dogter van een van haar susters.
Twee van haar broers is na Bermuda gestuur het en na die oorlog siek teruggekeer en een was half verlam.

1904

Newcastle

Huwelik

Edward se weduwee, Susanna tree weer in die huwelik met oom Johannes Stefanus Cornelius Botha

circa 1907

Huwelik

WIllem Schalk Du Plessis en Barbara Meintjes tree in die huwelik

1908

Vaalkop , Marico

Geboorte

Cornelius Johannes Du Plessis (Oupa Cor) word op Klaarstroom, langs Vaalkop by Zeerust gebore

1908 | 1909

Verhuising

Willem Schalk en Barbara Meintjes verhuis na Rhodesië en boer in die Motobo omgewing suid van Figtree, wes van Bulawayo.
As stukkie geskiedenis kan genoem word dat Cecil John Rhodes se graf op ‘n heuwel in die Motobo Nasionale Park geleë is.
Van Oupa Cor se susters het in Rhodesië gewoon en getrou soos Tant Alie met Oom John Douglas de Haast.

1910

Geboorte

Frederick Carl (Fred) Sandow word gebore

1913

Volksrust

Huwelik

Oupa Jan en ouma Ellie se ouers boer op aangrensende plase en so ontmoet hulle mekaar as bure en tree later in die huwelik

1914

September

Geskiedenis en Konteks

Die 1ste Wêreldoorlog is onderweg en Groot-Brittanje verklaar oorlog teen Duitsland in 1914. Duitsland val Duits-Suid-Wes Afrika (Namibië) binne. Suid-Afrika maak sy voorneme bekend om aan die kant van die Geallieerdes te veg en Duits-Suidwes-Afrika in te val.
Die Anglo-Boere Oorlog en verbittering was nog vars in die geheue en baie Afrikaners het nie hulle weg oopgesien om saam met die Britte te veg nie. Dit lei tot opstand en die Maritz-rebellie van 1914, of die Huilooorlog waartydens die bekende Jopie Fourie tereggestel is.

Militêr :: Oproeping

Volgens ‘n poskaart is Oupa Jan in 1914/1915 met die “Galway Castle” tussen SA en die Duits Suid-Wes oorlog vervoer. Ouma Ellie was toe swanger met Ouma Miemie. Die skip is later in die oorlog deur ‘n torpedo gesink.

Geskiedenis en Konteks

“The SS Galway Castle was built in 1911 and was a passenger liner of the Union Castle Line. Requisitioned at the outbreak of war, it operated initially as a troop ship, until 1915 when it reverted to back to commercial service as the only remaining Union Castle ship. Having survived a direct hit by an unexploded bomb on deck in 1916 and running aground in 1917, luck ran out on the 12th September 1918 when … fell prey to a torpedo fired by U-82, 160 miles south of Fastnet Rock. The torpedo struck the port side and exploded inside the ship. The mid-ship decks buckled and burst up. At this time, many of the passengers were eating breakfast and not wearing lifejackets. The damage sustained made access to the two ends of the ship impossible. Many people could not get to the lifeboats and the lifeboats that were launched fell or capsized. The survivors were picked up nine hours later by Royal Navy ships. The heavy seas and low visibility hampered their rescue. Over 143 lives were lost. She remained partially afloat for three days and an attempt was made to take it in tow but this failed and the Galway Castle sank.*

* One of the surviving passengers were Sir Ernest Oppenheimer of the well-known Oppenheimer family according to a tribute by his son Harry.

[2] “She went aground on the Orient Bank at East London on 12th October 1917 but was refloated five days later without any damage”

1915

Volksrust

Geboorte

Ouma miemie

1918

Afsterwe ::

Hendrik Jacobus Griezel kom te sterwe.
Sy weduwee Cecilia Labuschagne trou later met die wewenaar Willem Schalk Du Plessis na die afsterwe van sy vrou Barbara Meintjes

1920

Geboorte

Sannatjie gebore

1922

Afsterwe :: 51 jaar

Barbara Meintjes sterf in Rhodesie.
Oupa se broer, Oom Johannes was ‘n grootwildjagter en klaarblyklik die enigste persoon wat die ligging van Barbara se graf geken het.

1923 | 1924

Verhuising

TERUG NA DIE REPUBLIEK:
Uit die huwelik van Willem Schalk en Barbara Meintjes is 10 kinders gebore. Dit moes ‘n moeilike taak gewees het om manalleen vir ‘n familie van 10 kinders te sorg en het seker bygedra to Willem Schalk se besluit om na SA terug te keer. Hy gaan woon op Dassieklip.

1924

Huwelik

Wewenaar Willem Schalk en weduwee Cecilia Labuschagne tree in die huwelik.

1929

Afsterwe :: 69 jaar

Susanna Labuschagne kom te sterwe

1930

Geskiedenis

Oupa Jan Leonard; Groot Ouma en Oupa Griezel met die inwyding van Volksrust se N.G. Kerk in 1930

Kerkraad

Oup Griezel dien as kerkraadslid in Volksrust.

1931

Skoolverlating

Ouma miemie verlaat skool na sy standerd 6 voltooi het op ongeveer 15/16 jarige ouderdom.

Romanse

Ouma Miemie ontmoet Oupa Cor wat as sinjaalman (lampman) vir die SAS&H te Sandspruit werk en by Oupa Jan en Ouma Ellie loseer.

Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hoofweë (SAS&H)

Die spore van die SAS&H strek vêr in ons familie-geskiedenis en beide Oupa Cor en Fred Sandow het vir die SAS&H gewerk in posisies soos arbeiders, spoorleêrs, sinjaalman, lampman, rangeerder, terreininspekteur en kondukteur. Hulle het hulle hande eers stukkend gewerk en hulself toe stelselmatig opgewerk en vir hulle families in moeilike tye gesorg.

Van boerdery na saagmeule

Oupa Jan staak die boerdery en gaan werk by saagmeule by Idala, Ishwepe, 19km van Piet Retief.
Sannatjie gaan verder skool in Piet Retief.

Van Spoorweë na Hoofweë

Oupa Cor bedank die SAS&H en trek agter Ouma Miemie aan Piet Retief toe. Hy werk eers as padmaker naby Pongola, maar later vir ‘n Jood, ene Schiel, as vragmotorbestuurder op Brummersdorp

Skote Petoors

Oupa Cor het die skoot hoog deur. Hy loseer by Oupa Jan-hulle en terwyl hy in Pongola werk gaan kuier hy Vrydae vir Ouma Miemie met die motorfiets en keer weer Sondagmiddag terug.

1929-1934

Geskiedenis en Konteks

Dit is depressie jare en werk is skaars, salarisse min en kos duur.
In hierdie omstandighede moes Ouma Miemie wat maar 19 jaar was en Oupa Cor vir twee kinders sorg.

1932

Piet Retief

Huwelik

Ouma Miemie (17jr oud) en Oupa Cor trou in die NG Kerk op Piet Retief

1934

Geboorte

Willie Du Plessis word buite Piet Retief op ‘n plaas gebore

Terug Spoorweë toe

Na hulle twee jaar getroud is kry Oupa Cor ‘n oorplasing Sandspruit toe en werk weer vir die SAS&H

Na Van Reenen

Nie lank na sy verplasing Sandspruit toe word Oupa Cor oorgeplaas na Van Reenen Pas en gaan woon hulle op Clova, ‘n treinhalte in die Drakensberg.

1935

Geboorte

‘n Jaar en drie maande later word Elsie Du Plessis gebore. Vir haar geboorte gaan Ouma Miemie van Clova na Tant Mien Delport op Sandspruit waar dit winter en ysige koud is, soveel so dat Oupa Cor ‘n parafienstofie moes gaan soek sodat Elsie nie verkluim nie.

Verhuising na Amsterdam

Oupa Jan bedank en verhuis na Amsterdam waar hy vir ‘n privaat onderneming werk wat plant pale vir elektriese drade.
Sannatjie sit haar skoolloopbaan in Amsterdam voort

Verhuising na Charlestown

Oupa Jan bedank en verhuis na Charlestown waar hy werksaam is met die konstruksie van die spoorlyn tussen Charlestown en Newcastle by Inkwelo.

1936

Skoolverlating en Romanse

Sannatjie voltooi standerd sewe op Charlestown en verlaat skool.
Sy ontmoet Fred Sandow wat ook op die spoorweë werk as arbeider en rangeerder, en later as terreininspekteur op Glencoe en Newcastle

1938

Huwelik

Sannatjie en Fred Sandow tree in die huwelik

Geboorte

Frederick Carl (Freddie) Sandow word in Charlestown gebore

Verhuising

Fred en Sannetjie verhuis vanaf Charlestown na Volksrust en bewoon ‘n huis in Volkstraat en
koop later ‘n huis in Schoonstraat, nr 67a.

Terug Volksrust toe

Oupa Cor word verplaas na Volksrust en na kondukteur bevorder. Hulle woon eers in De Jagerstraat op die Rooibult, later in Monumentstraat en toe in Schoonstraat

1939

Geboorte

Jan Du Plessis word in Volksrust gebore.

1940

Geboorte

Elsie Cecilia Sandow word in Volksrust gebore

1942

Geboorte

Cornelius Johannes Du Plessis (Cor | Duppie) word in Volksrust gebore.

1944

Geboorte

John Daniel (Johnnie) Sandow word in Volksrust gebore

1946

Geboorte

Eduard (Eddie) Du Plessis word in Volksrust gebore

Verhuis en Aftrede

Oupa Jan bedank sy werk in Charlestown en die gesin verhuis na Volksrust, waar hulle eers op die Rooibult woon en later ‘n huis koop in Schoonstraat. Oupa Jan het vir homself as bouer begin werk het totdat hy in sy laat vyftigs weens siekte nie verder kon werk nie.

1949

Afsterwe :: 58 jaar

Oupa Jan sterf aan maagkanker op 58 jaar

1952

Afsterwe :: 80 jaar

Willem Schalk Du Plessis sterf op Dassieklip.
Cecilia erf vruggebruik van die plase. Na haar afsterwe bemaak sy alles aan haar seun Gert. Sodoende ontvang Oupa Cor geen erflating van sy ouers nie.

1953

Huwelik

Ouma Ellie trou met Ferdinand Viljoen

1956

Afsterwe :: 76 jaar

Oom Ferdinand viljoen kom te sterwe

1958

Geboorte

Jeannie Moira Sandow word in Volksrust gebore

Verhuising

Vanaf Volksrust word Fred Sandow verplaas na Glencoe, Natal, as terreininspekteur by die SAS&H waar Johnnie ook gematrikuleer het.

Aftrede

Fred Sandow word verplaas na Newcastle, waar hy aftreë en woon tot en met sy afsterwe in 1971

Aftrede

Sannatjie woon en werk op Newcastle tot haar aftrede en afsterwe

Na die Goudstad

Oupa Cor verhuis na Germiston waar hy verder werk as kondukteur tot met sy amptelike aftrede by die SAS&H in 1968.

Germiston

Oupa Cor en Ouma Miemie woon vir ‘n kort wyle eers in Presidentstraat en trek later Selkirkstraat toe. Later sou hulle vir die laaste keer trek – Elsburgweg toe

1968

Aftrede

Oupa Cor tree amptelik af by die SAS&H – Funksie gehou in Selkirkstraat op 7 September 1968 tesame met die viering van sy 60ste Verjaarsdag die dag tevore.
Luister na ‘n opname van die geleentheid gemaak deur Loutjie Joubert, skoonseun.

1971

Afsterwe :: 79 jaar

Cecilia Labuschagne kom te sterwe

1972

Sterfte: 62 jaar

Frederick Carl (Fred) Sandow kom te sterwe

1974

Terug in die saal

Oupa Cor werk by McKechnie as sekuriteitsbeampte.

1975

Afsterwe :: 80 jaar

Ouma Ellie sterf

1982

Huweliksherdenking :: 50 Jaar

Ouma Miemie en Oupa Cor vier hul 50ste Huweliksherdenking

1984

Afsterwe :: 76 jaar

Oupa Cor kom te sterwe

1990

Afsterwe :: 74 jaar

Ouma Miemie kom te sterwe

2016

sannatjie

Afsterwe :: 95 jaar

Ouma Sannatjie kom te sterwe

Hugenote Kruis

“Post tenebras lux” – “After Darkness [comes] Light” – slagspreuk van die Protestantse Hervorming en kom voor op die Hugenote monument in Franschhoek.

Die simboliek van die Hugenote Kruis:

  • 8 Saligsprekinge
  • 4 Hartvormige Spasies
  • Malteserkruis – 4 blare van ‘n Franse Lelie wat verwys na die 4 Evangelies
  • 4 Fleur-de-Lis met 3 blare verteenwoordig die 12 Apostels
  • Die hangende duif is ‘n simbool van die Heilige Gees

Verwysing: http://www.hugenoot.org.za/x-afr.htm

Grafika bron: https://commons.wikimedia.org/wiki/User:Syryatsu

https://en.wikipedia.org/wiki/Huguenot_cross

LEONARD, Edward (Eduard) Johannes

Edward was ‘n veeboer en is die oupa van Maria Elizabeth Francina “Miemie” DU PLESSIS (Nee. LEONARD) en Susanna Gertruida “Sannatjie” SANDOW (Nee. LEONARD).

Sy oupa John Edward (Edward John), die stamvader in Suid-Afrika van hierdie spesifieke tak van die LEONARDS, arriveer in 1820 via Londonberry, Engeland en is volgens sy sterfkennis, van Limerick, Ierland afkomstig. John Edward trou op 5 November 1820 met Wilhelmina Hendrina KEMP in George.

Edward word ernstig gewond op 28 Feb 1900 tydens die Slag van Platrand, op die laaste dag van die beleg van Ladysmith.
Hy sterf op die 10de Maart 1900 in die hospitaal op Newcastle na ‘n operasie vir die kopwond opgedoen die vorige maand.

Gesinsfotos - Edward (Eduard) Leonard & Family Susanna Gertruida (Geertruida) LABUSCHAGNE & Jan Leonard

Stamboom Data

Plekke

Meer besonderhede oor plekke, soos plase en dorpe/stede wat voorkom, en ‘n rol gespeel het, in die geskiedenis van die families op familiebande.

Dorpe
  1. Franschhoek
  2. La Motte d’Aigues
    Geboortedorp van Pierre JAUBERT (JOUBERT) stamvader van die JOUBERTs in Suid-Afrika, in Provence, Frankryk.
  3. Meintjieskop- Pretoria
    Wat is Barbara Christina MEINTJES se verwantskap met die bekende landmerk in Pretoria waarop die Uniegebou staan?
  4. Swellendam
  5. Volksrust
  6. Wakkerstroom
  7. Zeerust, (Groot) Marico
Plase
  1. Bruintjiesrivier, Swellendam
    Plaas van Johannes Stephanus JOUBERT gebore 1809.
  2. Dammenburg
    Plaas van Willem Schalk DU PLESSIS gebore 1783.
  3. Dassieklip
    Familieplaas van onder andere oupa “Cor” en ouma “Miemie” DU PLESSIS (Nee. LEONARD).
  4. Potkleiskraal
    Plaas van John Edward LEONARD, toegeken aan hom deur Lord Charles Somerset.
  5. Verkyk
    Familieplaas van onder andere Lodewyk Christiaan JOUBERT.

Freda LINDE (Nee. JOUBERT)

Freda Linde skryf in haar boek “Terug na die Mimosas” onder andere oor haar kinderjare op die familieplaas Bruintjiesrivier en gee ‘n insiggewende blik op haar ervaringe, die omgewing en die lewe op die plaas. ‘n Verdere vertelling kan gevind word in haar artikel “Bruintjiesrivier — Toe en Nou” in “Die Tydskrif vir Letterkunde 11:3 (1973)”.

Ons het in 2013 sonder sukses met Freda Linde probeer kontak maak in die tehuis in Kaapstad waar sy toe gewoon het, maar vermoed weens haar gevorderde ouderdom (90jaar op daardie stadium) was dit nie vir haar moontlik om op ons briefwisseling te reageer nie. Gelukkig gee haar boek biejie insig in die familie en lewe by Bruintjiesrivier.

Freda was die bekende skryfster (d. 07 Mrt 2013) wat reeds op heel jeugdige ouderdom begin skryf het. Sy het in Worcester en Kaapstad skoolgegaan. Sy tree op as redaktrise van Die Huisvrou en later as redaktrise vir twee welbekende uitgewers. Sedert 1971 lewer sy werk as vryskutskryfster. Sedert 1964 het sy sewe toekennings vir haar kinderboeke ontvang. Haar bekendste boek is “Die singende gras” waarvoor sy die Scheepersprys en die JH Hofmeyrprys ontvang het. Sy woon in Kaapstad en het in haar loopbaan twee bundels essays en minstens agtien kinder- en jeugboeke die lig laat sien.
(BRON: lindebond.co.za)

Diagram van verwantskap met:

Christovira Frederika (Freda) LINDE is the 2x cousin of Lodewyk Christiaan JOUBERT
Stamboom Data

LABUSCHAGNE, Susanna Gertruida

labuschagensusannagertruida

Gebore: 3 Sep 1860
Oorlede: 9 Sep 1929
Eggenoot: Edward Johannes LEONARD, asook Johannes Stefanus Cornelius BOTHA

In 1902 stel sy ‘n eis vir oorlogkompensasie in. In haar eis noem sy dat sy op daardie stadium in die burger/konsentrasiekamp in Volksrust is.

Haar moeder Anna Elizabeth Magdalena Johanna HATTINGH is in 1902 in die Merebank Konsentrasiekamp oorlede.
Twee van haar broers is gevange geneem en na Bermuda gestuur.

Sy het klaarblyklik ‘n groot vrees vir slange gehad en haar skoonseun, Daniel Stephanus Petrus COETZER (Stefaans), kon dalk ‘n groot bydrae hierin gehad het.
Hy was blykbaar ‘n slangbesweerder (“Snake charmer”) en kon ‘n slang hipnotiseer deur in sirkels om die slang te beweeg. Hy het dan die gehipnotiseerde/dronk slang opgetel en ‘n ongelukkige slagoffer gevind te treiter, soos hy dan ook met Susanna gemaak het.

Lees meer oor Susanna…