Boere vuurpeloton – Vier Brits-broers, Koch, Joubert – verraad, teregstelling en vergifnis
| Ter agtergrond: |
Onbewus daarvan dat Albert Blake klaarblyklik besig was om op dieselde stadium aan sy boek “Boereverraaier” te werk, het ek in die Pretoriase Nasionale Argief met opgewondenheid afgekom op dokumente wat verband hou met moontlike verwante familie (Onder andere Brits, Koch en Joubert).Die dokumente, oor die teregstelling van 4 broers deur hule mede-boere en die toedien van lyfstraf aan andere, lees soos ‘n spanningsverhaal en vertel ‘n hartseer en emosionele maar baie insiggewende storie oor die lewe en gebeure gedurende die oorlog.
Die verhaal was die onderwerp in verskeie koerant-artikels, boeke en het ook aanleiding gegee tot inspirasie vir die draaiboek van die rolprent “Verraaiers” wat later verfilm is.
Veral interessant is die wisselwerking tussen die inhoud van die oorspronklike Britse MilitĂȘre dokumente, verklarings van getuies, emosionele oorvertellings van familie en vriende, en latere publikasies en hoe die feite, emosies en onsekerhede vervleg raak en ons steeds met vrae en onsekerhede laat.Â
Van die Britte het ondermeer geglo dat die hele verhaal ‘n versinsel van Generaal Botha was aangesien die verskeie boere so naby verwant was dat dit die lewe vir almal ondraaglik sou gemaak het indien dit inderdaad waar sou wees.
Aangesien dit naby familie-lede kon betrek het dit vir my ‘n baie sensitiewe noot aangeraak en het dit baie vrae na vore gebring oor die aard van oorlog, patriotisme en verraad, maar heel belangriker rekonsiliasie, vergifnis en hoe ons in ons genealogiese soeke die skandes en kontroversieĂ«le ook moet hanteer en versoen met die prestasies en die positiewe bydraes van ons voorgeslagte.
Arthur Blake het byvoorbeeld die teiken vir haatspraak geword vir die lig wat hy op hierdie sensitiewe en taboe onderwerp geskyn het.
Ek skryf meer hieroor in die artikel oor Kommandant Jozua (Rooi) Andriaan JOUBERT, wie die direkte slagoffer van “verraad” was en wie se voorbeeld van onvoorwaardelike rekonsiliasie gehelp het om berusting te vind op my vrae en worstellinge rakende my eie Joubert-geskiedenis. Hopelik kan hy dit ook vir ander en die kollektiewe nasionale bewussyn verrig en moontlik word dit ‘n toevoeging tot sy lys van heldedade en dĂe een vir wie hy die meeste onthou sal word.Â
NS.
 – Koordinate en kaarte vir die liggings van die plase waar die gebeure plaasgevind het verskyn onderaan.Â
 – In ‘n verdere interesssante skakel met die gebeure en die sameloop van omstandighede vertolk ‘n neef van ons, Jacques Retief, ‘n rol as agtergrond speler in die rolprent “Verraaiers”.
| Dokumente: Verraad van 1901 - Koch en 4 Brits broers tereggestel deur mede boere |
| Van der Westhuizen Gert en Erika - Gids tot die Anglo Boere Oorlog - FW Koch, Brits broers, Joubert | PDF | 540 kb |
| NAAIRS - Military Report and witness statements relating to Surrendered Burghers Killed - 4 Brits brothers and Koch - Lashes for Joubert | PDF | 3 mb |
| Verraad van 1901: Vraeterg steeds - At van Wyk - Die Burger 28 Jul 2001 | PDF | 540 kb |
| 'n Eeu se bitterheid - At van Wyk - Beeld - 27 Jul 2001 | PDF | 31 kb |
| Onderhoud met Arthur Blake - Die Burger - 6 Nov 2010 | PDF | 52 kb |
| Die verborge skandvlek van die Boereverraaiers - Rapport - 30 Okt 2010 | PDF | 588 kb |
| Uittreksel |
BOEREVERRAAIER – ALBERT BLAKE
HOOFSTUK 3 – Vier broers, een skandegrafDie winter van 1901 was buitengewoon koud op die HoĂ«veld. Die Anglo-Boereoorlog het reeds die vorige jaar sy guerrillafase betree met bittereinderÂburgers van Transvaal en die Vrystaat wat geweier het om die stryd gewonne te gee. Die sterftesyfer in die konsentrasiekampe was die hoogste ooit, plase in vele distrikte en baie dorpe byna heeltemal verwoes[1]. Net die merkwaardige wilskrag van ân handjievol onversetlike Afrikaners het die stryd teen die Britse oormag aan die gang gehou.
Daar was egter ook ân groot aantal Boere wat besluit het om die wapen neer te lĂȘ. Sommige het verder gegaan en besluit om die Britse magte aktief te steun deur self die wapen teen hul eie mense op te neem. So gebeur dit dat Lea Sofia KOCH (gebore Brits) van Wakkerstroom in Oos-Transvaal aan die einde van Julie 1901 die hartverskeurende tyding ontvang dat haar man Ă©n vier van haar broers weens verraad deur van hul voormalige kommandolede gefusilleer is. Die tereggesteldes het voorheen almal aan dieselfde kommando van Wakkerstroom behoort as waarvan hul teregÂstellers lid was. Boonop was sommige van die vervolgers en die tereggestelÂdes familie van mekaar.[2]
H.J.S. KOCH, G.P. BRITS, P.M. BRITS, O.J. BRITS, C.J. BRITS
â 26 Julie 1901, Baltrasna, Amersfoort
Die aanloop tot die gebeure was dat al die mans van die Brits-familie van die plaas Schurvepoort in die distrik Wakkerstroom hul wapens in SeptemÂber 1900 neergelĂȘ het. [3] Met die uitbreek van die oorlog was hulle ân vermoĂ«nde en vooruitstrewende familie. Die bejaarde ouers, Gert Pieter en Susanna Salomina, het verskeie plase en dorpseiendom in die distrikte Amersfoort, Lydenburg, Vryheid en Wakkerstroom besit. Sommige van hul 14 kinders het op van die plase geboer. [4] Klaarblyklik het die meeste van die kinders met hul gesinne die lyding in die konsentrasiekampe vrygespring â met ân rede.
Vyf van die broers is nogtans deur die Britte gevange gehou en na ân militĂȘre aanhoudingskamp by Ladysmith in Natal oorgeplaas.Die pa, wat nie deur Britse troepe weggevoer is nie, is daarna deur republikeinse burgers gevange geneem en van ontrouheid aangekla. Hy is vrygelaat nadat hy met ÂŁ 100 beboet is. [5] Hy sterf egter op 25 Mei 1901 in die ouderdom van 69 jaar aan natuurlike oorsake te Zandspruit in die distrik WakkerÂsÂtroom. [6] Daardeur is hy die noodlottige gebeure wat sou volg, gespaar gebly.
Die Britte het die vyf Brits-broers etlike maande lank in die militĂȘre kamp op Ladysmith aangehou, waar hulle alles in hul vermoĂ« gedoen het om vryÂgelaat te word.Die afleiding kan gemaak word dat hulle toe al voorkeurÂbehandeling van die Britse militĂȘre owerhede ontvang het, want hulle is nie as krygsgevangenes oorsee of elders gestuur nie. Die broers se ontrouheid aan die vryheidstryd word geĂŻllustreer in ân brief van 2Februarie 1 901, waarÂin hulle die Britse bevelvoerder op Ladysmith vir sekere vergunnings vra en onomwonde hul onderdanigheid aan Britse beheer toon:
We, the undersigned, desire respectfully to bring to your notice, that we have surrendered voluntarily to the British military authorities for protection, and that we are anxious to have also our families & stock placed fully under British protection. We wish you kindly to assist us in having this done, & would therefore respectfully suggest not only but request that you release one of us on parole, & allow him to return to Volks Rust for the purpose of bringing the families & stock of all of us across into the British lines.We are willing to comply with any reasonable conditions that you may deem requisite for such a release.We trust sincerely, Sir, that you will assist us in this matter, & grant our humble request and have the honor to be, Sir, your obedient servants.
Die brief is deur vyf broers onderteken: Gert Pieter ( 35), Pieter Mathys ( 32), Okkert Johannes ( 26), Cornelius Johannes ( 22) en die enigste van die vyf broers wat die dood sou vryspring, Marthinus. (27) Met hul versoek het die broers gepoog om nie net hul vrouens en kinders uit die konsentrasiekampe te hou nie, maar ook hul eiendom te beskerm. Met die voortsetting van die oorlog het hulle die gevaar geloop om al hul aardse besittings te verloor. Nie net het die Britse troepe alles geplunder nie, maar die Boere kon hul vee en ander noodsaaklikhede opgekommandeer of eenvoudig daarop beslag gelĂȘ het as hulle nie in ân posisie was om dit te beskerm nie. Dit het inderdaad herhaaldelik gebeur terwyl die broers in aanhouding was.
Die Britte sou hul versoek egter nie sonder meer toestaan nie.Goeie rede moes daarvoor bestaan â soos onbetwiste lojaliteit aan die Britte. Interessant genoeg, het die Britse bevelvoerder op Volksrust die broers se aansoek aanvanklik afgekeur omdat ân sesde broer, Johannes Wilhelmus, reeds op parool vrygelaat is, maar nie teruggekeer het nie âand is now again on commandoâ, lui ân skrywe van 4 Februarie 1901. [8]
Na hul pa se dood was dit die Brits-broers se verantwoordelikheid om na die boerderybelange om te sien en dit teen oorlogsplundery te beskerm.Dit is waarskynlik dat die broers mekaar na hul wapenneerlegging beĂŻnÂvloed het om nog nouer by die Britse oorlogspoging betrokke te raak. Na aanleiÂding van die beweringe wat later teen die oudste, Gert Pieter, in die hoogÂÂverraadÂsaak gemaak is, kan ân redelike afleiding gemaak word dat hy ân leiÂdende rol in hul besluit gespeel het. Boonop het hy voorheen ân tydelike offisiersÂrang van assistent-veldkornet in die Wakkerstroom-kommando beklee.
Nadat parool aan hulle toegestaan is, is die broers toegelaat om na die Wakkerstroom-distrik terug te keer. ân Mens kan met redelike sekerheid aflei hulle het die Britse afdelings op Wakkerstroom en later op Volksrust gehelp en hulle dus aan een of ander vorm van verraad skuldig gemaak. Die vergunning van die Britte was veel meer as waarvoor hulle aanvanklik gevra het. Bevestiging is gevind dat minstens twee van die broers verder as die neutraliteitseed gegaan het deur die eed van getrouheid by die Britte af te lĂȘ. [9] Of die broers aktief as betaalde joiners by die Britse mag aangesluit het, kon nie vasgestel word nie. Die besonderhede in die aanklagte teen hulle in die latere hoogverraadverhoor dui egter daarop.
Oorlewering wil dit hĂȘ dat mense wat gesien het hoe die oudste broer ân jong burger doodgeskiet het, hom by die Boere verkla het. Die burger het glo gepleit: âOom Gert moet my nie skiet nie!â [10] Geen stawing van die voorval kon in ander bronne gevind word nie en dus kan die bewering nie bo twyfel aanvaar word nie.
Die vyf Brits-broers het hulle geskaar by die leier van die afvalliges in die omgewing, die 58-jarige Frederick Wilhelm Koch. Hy was ân vooruitstrewende boer met verskeie plase in die distrikte Wakkerstroom, Ermelo en Piet Retief. Die plaaslike waardeerder en afslaer beskryf sy boedel na die oorlog as âone of the richest in the districtâ. [11] Voorts het die Britse magistraat op Volksrust hom in1901 as âa Burgher of considerable influence and standing in the neighbourhoodâ beskou. [12]
Frederick en sy vrou, Elizabeth Wilhelmina Hendrina, het drie seuns en vyf dogters gehad. Die welvarende Koch- en Brits-families was aangetroude familie van mekaar. Koch se oudste seun, Hendrik Johannes Stephanus, was met Lea Sofia Brits, die vyf broers se suster, getroud. 13 Dit het ân ideale teelÂaarde vir groepsbeĂŻnvloeding geskep. Albei families het besondere belang by hul boerdery gehad. Hulle het die vryheidstryd waarskynlik as ân hulpelose en verlore saak beskou en geen sin daarin gesien om hul welvaart daarvoor prys te gee nie.Maar hulle het nog ân stap verder gegaan â hulle was ook bereid om die wapen teen hul volksgenote op te neem.
Aanvanklik het die Kochs net soos die Brits-broers aan Boerekant geveg. Nadat Frederick sr. sy rug op die republikeinse oorlogspoging gedraai het, het hy en sy drie seuns hul wapens neergelĂȘ. Dat hy aktief vyandig teenoor die republikeinse saak geword het, word gestaaf deur ân inkriminerende verklaring wat die Britse magistraat op Volksrust in Oktober 1901 oor hom gemaak het: âHe did everything in his power to assist the British in bringÂing the war to a conclusion, and the Military Authorities had such confidence in him that they allowed him and his sons to retain their arms for their own protection.â 14 In ân verklaring wat een van die Koch-seuns, Lodewyk Christiaan, in 1903 maak, bevestig hy ook: âWe were given rifles by the British in order to protect us.â 15
Die Kochs is toegelaat om met hul boerderybedrywighede voort te gaan. Die Brits-broers het ook wapens gehad, wat die Britse militĂȘre owerhede waarskynlik na hul vrylating vir hulle gegee het.Dit was ân taamlik drastiese stap van die militĂȘre owerhede om in ân oorlogsituasie wapens te verskaf aan voormalige vyande, veral wanneer hulle nie direkte beheer oor daardie persone kon uitoefen nie. Dit dui waarskynlik op die sterk vertrouensverhouÂding tussen die Britse magte en die twee Boerefamilies.
Die Koch- en Brits-mans, bygestaan deur ân aantal ander hendsoppers, het hul basis op die plaas Rooipoort naby Volksrust gevestig. Destydse Britse militĂȘre dokumente wek die indruk dat die groep as ân soort semi-militĂȘre eenÂheid gefunksioneer het. Hul bewapening was duidelik op hul volksgenote gerig en daar word deurgaans na hulle as âKochâs laager of surrendered burghersâ verwys. 16 Die nabygeleĂ« Britse mag op Volksrust het oĂ«nÂskynlik beskerming aan die groep afvalliges gebied. Die aanduidings is dat hulle groot hoeveelhede vee onder hul beheer op Rooipoort gehad het. Die Britse mag het waarskynlik ook ân gerieflike afsetgebied vir daardie vee gebied.
Die presiese omvang en aard van die Koch- en Brits-mans se betrokkenÂheid by die Britse militĂȘre bedrywighede kon nie vasgestel word nie, maar hul teregstelling het gevolg op ân skermutseling met die Boere by Amersfoort. Sowat 6 0 Britse soldate â bygestaan deur ân aantal joiners â het op 22 Mei 1901 ân hinderlaag vir die Boere by Amersfoort gestel, waartydens kmdt. Rooi Jozua Joubert en ân burger, Hendrik Spaarwater, gewond is. Joubert se arm moes geamputeer word en Spaarwater het later aan sy wonde beswyk. ân Groot groep burgers het Spaarwater se emosionele begrafnis op 26 Mei 1901 onder ân dreigende aanval van ân Britse kolonne bygewoon. 17
Hoewel dit onduidelik is of die Brits- en Koch-mans beslis ân rol in die Amersfoort-hinderlaag gespeel het, het die joiners se verraad tydens diĂ© voorval bygedra tot die latere optrede teen die mans van diĂ© twee families. 18 Inligting uit die Pretoriase Argief het gehelp om ân prentjie te skets van wat tot die Koch- en Brits-mans se einde gelei het. 19
Op Maandagaand 22 Julie 1901 was12 afvallige Afrikanermans van Kochâs laager of surrendered burghers op die plaas Rooipoort naby Volksrust saamÂgetrek. Saam met hul leier, Frederick Koch sr., was sy drie seuns, Frederick Wilhelm jr., Lodewyk Christiaan en Hendrik Johannes Stephanus, die vyf Brits-broers, en nog drie ander, Lodewyk (Louw) Christiaan Joubert, Gert Pieter Oosthuizen en Gert Brink, teenwoordig. Al die Koch- en Brits-vroue, -kinders en die Brits-weduweemoeder was die aand in die plaashuis bymekaar. Omdat dit ân groot groep was, is sommige in ân tentlaer langs die opstal gehuisves. ân Onbekende aantal swart werkers en hul families was ook in die nabyheid.
VroeĂ«r die middag het drie burgers ân strooptog op die Koch-groep se vee uitgevoer. Dit het in ân skietgeveg ontaard waaraan nege van die afvalliges deelgeneem het. Die drie burgers het met ân aantal beeste weggekom, hoewel die Koch-groep hul skape kon terugkry. Die jongste van die Brits-broers, Cornelius, moes tydens die skermutseling na die opstal teruggeneem word nadat hy van sy perd afgeval en seergekry het. Dit was reeds donker toe die ander afvalliges na hul vesting teruggekeer het.
Die skietgeveg vroeĂ«r die dag moes ernstige wrewel by die burgers ontlok het. Daar is besluit om nog dieselfde aand ân vergeldingsmag van 25 burgers na die Koch-vesting op Rooipoort te stuur om met die verraaiers af te reken. Die Boere-aanvalsmag, bestaande uit burgers van die Wakkerstroom-kommando, die Edwards Verkennerscorps en twee lede van asst.kmdt.genl. Chris Botha 20 se staf, het onder leiding van kapt. M.W. Myburgh 21 en vdkt.Badenhorst 22 na Rooipoort opgeruk. Hulle het die plaas omstreeks 23:00 bereik. Die burgers het hul perde sowat 600 treĂ« van die opstal gelaat en onopgemerk te voet na die opstal beweeg.
Toe die burgers omtrent 40 treĂ« van die opstal was, het ân hond begin blaf, waarna alarm gemaak is. Daarna het ân buitewagpos van die afvalliges die Boere by ân beeskraal gekonfronteer. Die burgers het met geweervuur geantwoord.
Die wagposlede het na die plaashuis teruggeval en die burgers het dit omsingel. ân Hewige geveg het uitgebreek. Gert, die oudste Brits-broer, het eerste ân vleiswond aan die arm opgedoen.Terwyl Frederick Koch sr. regop geloop en sy manne aangespoor het om hulself met mening te verdedig, het hy ân skoot deur die kop gekry en dood neergeslaan. Daarna is sy seun Lodewyk gewond. ân Swart man en meisie is ook raakgeskiet toe hulle waarskynlik in die kruisvuur beland het. Die meisie het later aan haar wonde beswyk. 23
Bevestiging kon nie in die argivale bronne gevind word van beweringe dat Koch sr. op die voorstoep van die opstal ân aggressiewe houding teenÂoor die burgers ingeneem het voordat die skietgeveg uitgebreek het nie. Daarvolgens het hy half agter sy vrou Elizabeth op die stoep geskuil, terwyl hy gedreig het om die burgers te skiet. Twee burgers het hom gelyktydig geskiet toe hy vir ân oomblik agter haar uitbeweeg het. Volgens Koch se kleinseun Jan Fick was sy oupa so naby aan sy ouma dat sy bloed op haar gespat het. Oorlewering wil dit verder hĂȘ dat die verraaiers daarna die wit vlag gehys het, maar toe die burgers nader aan die huis beweeg, het die verraaiers weer op hulle begin skiet, gevolg deur ân onafwendbare geveg. 24 DiĂ© aspek word ook nie in die destydse verklarings genoem nie.
Die verraaiers moes geweet het hulle kon genadelose behandeling te wagte wees as die burgers hulle vang en het hulle hardnekkig verset. Die burgers het hulle herhaaldelik gewaarsku om oor te gee, maar hulle wou nie. Volgens die ongepubliseerde dagboek van Jan Leendert Moerdijk, ân lid van die Boere se Edwards Verkennerscorps en pa van die bekende argitek Gerhard Moerdijk (Moerdyk), het die geveg sowat ân uur en ân half lank voortgewoed. Deur hulle so te verset, het die verraaiers hul uiteindelike lot waarskynlik vererger.
Die verraaiers was gedoem omdat die Britse mag op Volksrust hulle nie te hulp gesnel het nie. Die ligging van die opstal is van so ân aard dat dit moeilik verdedigbaar is. Voor die huis is ân laagte en aan die noorde- en oostekant is hoogtes, van waar die opstal maklik bestook kon word. Die burgers kon boonop onder dekking van die donkerte onophoudelik deur die vensters en voordeur skiet.
Intussen het van die burgers die huis aan die agterkant aan die brand begin steek. Nie net die afvallige mans nie, maar ook hul vroue en kinders het in lewensgevaar verkeer. DiĂ© het histeries begin gil en huil. Intussen het die mans aan die voorkant van die huis in ân stoepkamer saamgedrom waar die burgers hulle vasgekeer het. Die burgers het hul geweervuur gestaak en die verraaiers weer tot oorgawe geroep. Die verraaiers se situasie was uiters desperaat. Daar is toe uiteindelik besluit om oor te gee. ân Ongewapende Frederick Koch jr. het na die deur beweeg en hul oorgawe aangebied, waarna die burgers die afvalliges se wapens afgeneem het.
Die verraaiers is nie sagkens gehanteer nie. Die twee gewondes, Gert Brits en Lodewyk Koch, asook die beseerde Cornelius Brits, is saam met die ander verraaiers weggeneem voordat enige Britse versterkings kon opdaag. Later het Marthinus Brits verklaar dat die burgers aggressief was en hulle onder meer toegesnou het dat Koch sr. sy dood verdien het en dat hulle spyt was die gewonde Gert Brits het nie dieselfde weg gegaan nie omdat hulle sy bloed lankal gesoek het. Moerdijk praat van ân aandoenlike toneel waar die vroue en kinders buite gestaan en die gebeure aanskou het. 25 Koch sr. se dood was net die begin van die families se tragedie.
Nog dieselfde nag het die burgers met die nege gevange verraaiers (om ân onbekende rede was Gert Brink nie onder hulle nie), gebuite perde, heelwat beeste en ander los goed na Alfred Robertson se plaas, Elandsberg, verÂtrek waar hulle die volgende oggend aangekom het. 26 Daarna is die gevangenes op ân trolliewa met agt muile gelaai en na die laer op Goedehoop geneem. Teen vroegmiddag op Woensdag 24Julie 1901 is hulle na die plaas Baltrasna, oos van Amersfoort, geneem waar verskeie Boereleiers reeds vergader het.
Op Baltrasna het ân krygshof op die verraaiers gewag. Die volgende dag is hulle op aanklag van hoogverraad verhoor. In die klagstaat is hulle daarvan beskuldig dat hulle hul eerstens aan die Britse magte oorgegee het en tweedens wapens teen die republikeinse magte opgeneem het. Volgens MoerÂdijk is daar ook beweer hulle het by die Britse magte aangesluit. Al die beskuldigdes het op die eerste aanklag skuldig gepleit, maar onskuldig op die tweede. Hul verweer was dat hulle bloot hul vee teen strooptogte verdedig het, ongeag wie dit uitgevoer het. Daar was heel waarskynlik ân verdere aanklag teen Gert Brits â dat hy medeburgers probeer omhaal het om hulle aan die Britte oor te gee.Spesifieke getuienis in diĂ© verband is tydens die verhoor aangebied.
Uit die aard van sy rang as assistent-kommandant-generaal het Chris Botha die bevoegdheid gehad om die doodsvonnis te bekragtig en het hy daarom nie deel uitgemaak van die krygshof nie. Die hof het uit sewe lede bestaan met kmdt. Izak J. Greylingh 27 as voorsittende beampte en Adriaan Badenhorst 28as ondervoorsitter. Die ander lede was asst.vdkt. Piet Badenhorst 29en Dirk Kemp (almal van Wakkerstroom) en Willem Buhrman van Ermelo. Landdros Bosman was die aanklaer en lt. Jordaan die klerk van die hof. 30
Die verhoor het in die voorhuis van die plaasopstal op Baltrasna plaasgevind. Die vervolging het minstens sewe getuies geroep. Die beskikbare bronne is vaag oor die presiese aard van die getuienis teen die afvalliges. Benewens die getuienis oor die skietgeveg is Gert Brits daarvan beskuldig dat hy vroeĂ«r ân leidende rol in die aanhitsing tot die oorgawe van burgers gespeel het. Dit het ook teen hom getel dat hy ân voormalige assistent-veldkornet van die Wakkerstroom-kommando was. Later het sy broer MarÂthinus verklaar die getuies was âbaie bitterâ teenoor sy oudste broer.
Hy het ook beweer hulle is geen kans gegun om hulself te verdedig nie, maar te oordeel aan die weergawes van die ander beskuldigdes wat die gebeure oorleef het, was dit nie die geval nie. Die krygshof het wel geweier dat die saak op versoek van Gert Brits vir die roep van ân verdedigingsgetuie uitgestel word.Volgens die hof kon diĂ© getuie niks tot voordeel van die beskuldigdes getuig nie en ân vermorsing van tyd wees. Hoewel die beskuldigdes nie regsverteenwoordiging gehad het nie, is daar aanduidings dat hulle die geleentheid gehad het om hul saak te stel. Moerdijk, wat teenwoordig was, beskryf die verhoor as deeglik (in die Engelse vertaling van sy dagboek word van âthoroughâ gepraat). Marthinus Brits het in sy latere verklaring aan die Britse militĂȘre owerhede gesĂȘ die aanklaer het vir minstens twee van die beskuldigdes, Frederick Koch en Louw Joubert, om versagting gepleit. Dit is nie duidelik waarom hulle uitgesonder is nie.
Nadat al die getuienis dieselfde dag aangehoor is, het die hof na sowat tien minute se verdaging uitspraak gelewer. Al die beskuldigdes is aan hoogÂverraad skuldig bevind, met die uitsondering van Gert Oosthuizen wat staatsgetuie geword en daardeur vrywaring ontvang het.Hendrik Koch en vier van die Brits-broers het die doodstraf ontvang.Daar is gelas dat die vonnis die volgende oggend voltrek moes word. Die ander beskuldigdes (dus ook die gewonde Lodewyk Christiaan Koch) het ân vonnis van25 houe met ân stiegriem (ân verstelbare leerband met ân gespe waaraan ân stiebeuel hang) ontvang, met die uitsondering van Marthinus Brits, wat 20 houe sou kry. ân Omvattende soektog na ân geskrewe hofrekord het niks opgelewer nie. Die drastiese verskil in die vonnisse kan daarom nie verduidelik word nie, ook nie watter regsbeginsels toegepas is nie.
Dit is onduidelik hoekom Marthinus Brits die doodstraf vrygespring het. Luidens sy latere verklaring aan die Britse owerhede het hy die Maandag voor die skietgeveg na Volksrust gegaan.Gevolglik was hy nie deel van die afvalliges se optrede teen die drie burgers wat die strooptog op die vee uitgevoer het nie. Hy vertel egter in detail hoe hy die aand aan die geveg teen die Boere-aanvalsmag deelgeneem het. Hy meld onder meer daar was ân storing in die sluitstuk van sy geweer wat hy moes regmaak, waarna hy weer met mening op die burgers gevuur het. Frederick Koch jr. sĂȘ in sy latere verklaring hy het nie die aand op die Boere geskiet nie omdat een van die ander mans in die groep sy geweer gehad het. 31 Of dĂt die rede was waarom hy nie die doodstraf ontvang het nie, is egter onseker.
Die verskil in vonnisse wys nietemin die veroordeeldes is nie oor dieselfde kam geskeer nie. Die teenwoordigheid van ân assistent-kommandant-generaal wat die vonnisse kon bekragtig en die betrokkenheid van ân groot aantal Boereoffisiere wys daar kon op ân hoĂ« vlak oor die vonnisse en die uitvoering daarvan besin word. 32
In wat ân angstige wintersnag moes gewees het, is die veroordeeldes in ân buitegeboutjie met ân vuurherd onder streng bewaking aangehou.
Die Brits-broers se een suster, Susanna Salomina (Sannie) Groenewald , was teenwoordig.Haar man, Wessel Johannes Jacobus Groenewald , was die eienaar van die plaas Baltrasna. Groenewald was ook ân lid van die WakkerÂstroom-kommando en met die verhoor teenwoordig. Die onbenydenswaardige taak is aan Moerdijk opgedra om vir Sannie Groenewald van haar broers se doodstraf te vertel. âEk het haar probeer troos so goed ek kon, maar hoe vertel jy iemand dat sy haar broers nooit weer op aarde sal sien nie?â 33
In ân verslag wat ân Britse offisier, kapt. MacHardy, op 5 Augustus1901 oor die teregstellings maak, sĂȘ hy een van die Koch-broers was getroud met die suster van die voorsitter van die krygshof, kmdt.Greyling, se vrou. âThe remainder are so inter-married their subsequent life would be unbearable.â 34 Hy gee egter nie meer besonderhede daaroor nie.
Benewens die familiebande het die veroordeeldes en hul voormalige kommandokamerade mekaar goed geken. Van die burgers het saam met hulle grootgeword. Die lede van die vuurpeloton moes uit die geledere van dieselfde kommando saamgestel word. Dit is te verstane dat sommige van die burgers nie gretig was om deel van die vuurpeloton te wees nie. Volgens oorlewering het twee swaers, Moolman en Storm, verlof gevra om na die buurplaas Balmoral te gaan om na hul boerderybelange te gaan omsien. Daardeur het hulle doelbewus die moontlikheid ontduik om as lede van die vuurpeloton aangewys te word. 35
Moerdijk vertel die vyf terdoodveroordeeldes was die oggend van die teregstelling kalm.Kort na 08: 00 het landdros Bosman en Dirk Kemp vir hulle kom sĂȘ die teregstellings sou om11: 00 plaasvind. Werkers het reeds vroeg die oggend ân graf langs die bestaande Groenewald-familiebegraafplaas teen ân heuwel voor die plaashuis gegrawe. Kort na 11: 00 is Gert, Pieter en Cornelius Brits na die oop graf geneem. Nadat hulle geblinddoek en hul hoede weggeneem is, moes hulle by die graf twee tot drie treĂ« uit mekaar staan. Die aanwesige burgers het ân psalm gesing, en toe klap die skote van ân vuurpeloton bestaande uit 12 burgers onder bevel van vdkt. Lourens Badenhorst. 36
Die ander ses veroordeeldes het in daardie stadium buite die deur van die buitegeboutjie gestaan waar hulle aangehou is. Vandaar kon hulle die gebeure skaars 100 m verder sien afspeel. Marthinus Brits skryf later in sy verklaring: âEkself kon nie daarna kyk nie.â 37
Vir die twee oorblywende terdoodveroordeeldes, Hendrik Koch en Okkert Brits, moes die aanskoue van die eerste teregstelling vreesaanjaend gewees het. Kort daarna was dit hul beurt. Volgens Marthinus Brits is die eerste drie tereggesteldes elk twee keer deur die hart geskiet, terwyl die laaste twee se liggame deur drie skote elk getref is. Dit dui daarop dat die helfte van die vuurpelotonlede se gewere waarskynlik met loskruit gelaai was sodat hulle nie moes weet wie die doodskoot gee nie.
Beweringe dat die tereggesteldes hul eie grafte moes grawe en dat hulle geweier het om geblinddoek te word, is na alle waarskynlikheid versinsel. SĂł ook dat een van die veroordeeldes nog bly lewe het nadat die vuurpeloton gevuur het en daarna weer deur die bevelvoerder geskiet moes word. 38
Volgens die oorlewende afvalliges het genl. Chris Botha en Lourens Badenhorst hulle na die teregstelling besoek en gevra of hulle die skote gehoor het. Toe hulle bevestigend antwoord, het Botha volgens die Engelse vertaling van Marthinus Brits se verklaring vir hulle gesĂȘ: âWell, this will be a warning to you not to take up arms against the Boers again.â 39
Omstreeks 12: 00 die volgende dag het die oorblywende vier gevangenes, met hul klere aan, hul lyfstraf ontvang. ân Halfuur later is hulle met ân trolliewa na Vaalpoort geneem waar hulle oornag het.Daarna is hulle te perd na Vlakpoort geneem, waar hulle op Sondag 28 Julie vrygelaat is om te voet na die Britse linies te loop. Vir die duur van die oorlog het hulle met hul families onder Britse beskerming in Volksrust gebly.Gert Oosthuizen, wat staatsgetuie geword het, is na Amersfoort gestuur. 40
Verskillende bronne meld een van die voorwaardes vir die vrylating van die oorlewende verraaiers was dat hulle voĂ«lvry verklaar is. Volgens ân republikeinse Oorlogsbericht van29 en 30 Julie 1901 het die vonnis bepaal dat as die veroordeeldes die Boere se linies weer sou binnekom, dit âeenigen burger zal vrystaan ze als vijand te beschouen en dood te schotenâ. 41 Gedurende die Eerste Anglo-Boereoorlog het krygshowe beskuldigdes ook voĂ«lvry verklaar, maar ander voorbeelde daarvan kon nie gevind word in vonnisse wat gedurende die oorlog van 1899tot 1902 opgelĂȘ is nie.
Die Boere-opperbevel het die nuus van die teregstellings versprei. Johanna Brandt haal op17 Augustus 1901 ân amptelike berig oor die gebeure wat Boerespioene na Pretoria gesmokkel het, in haar dagboek aan:
Afloop onderzoek der gevangene âhandsuppersâ door Veldcornet Badenhorst by Zandspruit. Op Donderdag laatsleden werden op de plaats van H. van Groeneveld naam onduidelyk geschreven ter dood veroordeeld G. Brits C. Brits P. Brits O. Brits vier zoons van G. B(rits).Hendrik Kock en Martiens Brits tot20 gezel slagen en vogelvry verklaard F. Kock, L. Joubert, L. Kock elk 25 geeselslagen en vogelvry verklaard. Zekere D.G. Oosthuizen werd staatsgetuige gemaakt. In gevecht laatst leden Maandag sneuvelde F. Kock, zijn zoon Lodewyk werd gewond. De vonnissen zijn laastleden Vrydag voltrokken. 42
Hoewel die inligting sekere feitefoute bevat, toon dit nietemin dat die republikeinse leiers erns daarmee gemaak het om die teregstellings van BoereÂverraaiers bekend te maak en die inligting daaroor te versprei.
Enkele dae na die teregstelling het Chris Botha die Britse bevelvoerder op Wakkerstroom amptelik van die teregstellings in kennis gestel. KontantÂgeld, asook persoonlike items en vier briewe van die oorledenes aan hul vrouens, is na die Britse linies gestuur met die versoek dat dit aan die oorledenes se naasbestaandes oorhandig word. Van die Britse militĂȘre kant is gemeen die afvalliges is oorhaastig en onnodig tereggestel. âThe whole thing was a ruse on the part of Chris Botha.â 43Behalwe die jong Cornelius Johannes Brits het al die ander tereggesteldes plase en weduwees met kinders nagelaat.44
Na die oorlog is beweer een van die verraaiers het vir Botha omkoopgeld van ÂŁ 80 000aangebied as diĂ© sy lewe sou spaar.Hoewel die Koch- en Brits-families welvarend was, toon die likwidasie- en distribusierekenings van die gestorwenes se boedels selfs hulle het nie soveel geld gehad nie. Dit is natuurlik nie onwaarskynlik dat so ân aanbod in paniek gemaak kon gewees het nie.As so ân voorstel wel gemaak is, het Botha hom nie daaraan gesteur nie. 45
Die twee families is in totale verdriet gedompel. Susanna Brits het haar vier seuns en ân skoonseun verloor. Haar dogter Lea Sofia Koch verloor haar man, Hendrik, vier broers en haar skoonpa, Frederick. Elizabeth Koch verloor haar man en seun.
Grafstene, of eerder smartstene, met boodskappe wat diepe verbittering toon, is op die grafte aangebring. Die grafsteen wat Lea Koch vir Hendrik laat oprig het, lui: âTer gedachtenis van myn teder geliefde echenoot H.J.S. Koch, geb. 7 Nov. 1868, en zyn dood geschoten door gen. C Botha en zyn officieren, op de 26 July 1901.â 46 Sy oorskot is uit die tereggesteldes se gesamentlike graf op Baltrasna opgegrawe en in die familiekerkhof op die plaas Driefontein naby Wakkerstroom herbegrawe.
Hendrik se pa, Frederick, is op ân buurplaas, ook ân deel van Driefontein naby die huidige Daggakraal, begrawe. Sy vrou laat diĂ© woorde op die praalÂgrafsteen aanbring: âTer gedachtenis van mijn geliefde echenoot F.W.C. Koch, geb. 12 April 1842, en onschuldig dood geschoten te Roodepoort op 22st Juli 1901 door L. Badenhorst en van zyne manschappen.â 47
Die obelisk van sandsteen wat op die Brits-broers se gesamentlike graf op Baltrasna aangebring is, het deur die jare verweer en later in stukke gebreek toe ân boom daarop geval het. Op elke kant daarvan word die naam van ân broer gedenk. Vaagweg kan die woorde âDoodgeschoten door de Boerenâ ook daarop onderskei word. 48
Teen Desember 1901 kla die eens welgestelde Elizabeth Koch by die Britse owerhede dat alles op hul plase vernietig is en dat sy en haar familie hulle in ân benarde finansiĂ«le posisie bevind. 49 Die familie was klaarblyklik nie meer selfonderhoudend nie weens ân gebrek aan kontantvloei. Met die Brits-familie het dit nie beter gegaan nie. Die geboue en ander roerende eiendom op die familieplaas Schurvepoort is vernietig of weggevoer. Weens die voortslepende oorlog kon die tereggesteldes se boedels nie afgehandel word nie. Daar is nog tot 1906 gesukkel om dit te finaliseer.
Die Britse magistraat op Volksrust het uit sy pad gegaan om die tereggesteldes se naasbestaandes te help. Ook die Britse offisier kapt. W.R. Digby wat met die verwerking van die weduwees se kompensasie-eise vir oorÂlogÂskade belas was, het besonder simpatiekgesind teenoor hulle gestaan. Hy het die eis van Susanna Brits, die tereggestelde broers se ma, so gemotiveer: âA most exceptional case & recommended for special treatment.â 50 Sy het daarna ÂŁ1200 van die Protected Burgher Fund ontvang.51 Digby het die eis van Pieter Mathys Koch se weduwee ook gunstig gemotiveer: âThis claimantâs case is an exceptional one. Her husband was murdered by the Boers in July 1901 for having surrendered.â 52
Van die ander weduwees het ook aansienlike bedrae van die Britse owerÂheid ontvang as vergoeding vir oorlogskade wat hulle gely het.Lea Koch het byvoorbeeld ÂŁ 1 907en Maria Brits ÂŁ 800 uit een fonds alleen ontvang. 53 Dit was heelwat meer as die gemiddelde bedrae wat die bittereinders of terugkerende bona fide-krygsgevangenes na die oorlog ontvang het. Daar kon nie vasgestel word wat die naasbestaandes uit die ander fondse ontvang het nie. Die bevoordeling van verraaiers en hendsoppers van die omgewing lei tot latere geslagte se verwyte dat veral verraaierfamilies finanÂsieel bevoordeel is deur die verkoop van hul siele in ân ontroue saak. Nasate van die Boerefamilies wat in die omgewing woon, het te kenne gegee die verraaierfamilies is tydens die oorlog en ook daarna nog deur hul verraad bevoordeel.54
Verbande ten gunste van Frederick Koch sr. was oor plase van burgers geregistreer vir skuld wat hulle voor die oorlog by hom aangegaan het. Dié burgers was ten tyde van sy dood nog op kommando. Vanselfsprekend kon daardie voortvegtendes weens die oorlogsomstandighede nie hul skuld betaal nie. Koch se weduwee en die Britse magistraat op Volksrust het gedurende die oorlog pogings aangewend om die verbande op te roep. 55 Dit sou die wrewel teen die verraaierfamilies sekerlik net vererger het. Daar kon egter nie vasgestel word of dit deurgevoer is nie.
Na die oorlog is dit asof die naasbestaandes van die tereggesteldes laer trek binne die twee families. Hulle het ook verder ondertrou. Kort na die oorlog tree die weduwee Lea Sophia Koch met Lodewyk Christiaan Koch, ân neef van haar tereggestelde man, in die huwelik. Hy was ân hendsopper wat gedurende die oorlog van Harrismith na Britse beskerming op Newcastle in Natal gevlug het, waar hy vir die duur van die oorlog gebly het. 56 Nog ân suster van die tereggestelde Brits-broers, Francina Wesselina, het met die tereggestelde Koch se broer, wat die doodstraf vrygespring het en wie se name ook Lodewyk Christiaan is, getrou. 57
Dit is veelseggend dat van hul nasate ontken dat die tereggesteldes verraad gepleeg het.Dié nasate beweer Badenhorst en sy manne was veediewe en rowers.58
In die geskiedskrywing het die Brits-en-Koch-tragedie feitlik ongemerk verby gegaan. 59
Vandag is daar nog baie tasbare herinneringe aan diĂ© voorval in die omgewing van Amersfoort en Volksrust te sien. Die plaashuis op Rooipoort waar die afvalliges vasgekeer en Koch sr. doodgeskiet is, is klaarblyklik nie ernstig in die oorlog beskadig nie. Daar is oor die jare heen aangebou en veranderinge aangebring. Tog kan die oorspronklike strukture met sy besondere dik klipmure, breĂ« plankvloere en pragtige kaggels nog waardeer word. Die klipmure is later plek-plek gepleister en verberg dalk nog koeĂ«lmerke van daardie aand. Met die skrywe hiervan staan die huis leeg en is dit verwaarloos. 60 Die klipmure van die beeskraal naby die huis waar die afvalliges se buitepos was, is nog in ân goeie toestand.
Die reis oor die heuwelagtige gedeeltes na die plaas Baltrasna laat ân mens wonder wat deur die gedagtes van die gedoemdes moes gegaan het op hul tog na hul laaste rusplek. Die opstal op Baltrasna is in ân indrukwekkende kloof tussen heuwels. 61 Ook daar kan die oorspronklike voorhuis, waar die verhoor plaasgevind het, met sy sterk klipmure van die latere aanbouings onderskei word. Slegs die fondasie van die buitegeboutjie waar die veroordeeldes na bewering hul laaste nag deurgebring het, is nog uitkenbaar.62 Die gesamentlike graf word omring deur die stilte en koelte van ân plantasie van uitheemse bome in ân afgeleĂ« wĂȘreld. 63 Die gebreekte obelisk met die name van die tereggesteldes is verwyder en word elders bewaar. Die verrotte boom wat dit stukkend geval het, lĂȘ dwarsoor die sementfondasie van die graf.Daar is nog tekens dat die graf vroeĂ«r deur ystertralies omhein is.
Hendrik Koch se grafsteen op die plaas Driefontein by Latemansnek is verwaarloos, maar nog duidelik leesbaar. 64 Ook sy pa se graf op die naburige plaas lyk of dit jare laas enige aandag gekry het. 65Die gebreekte grafsteen is intussen vir veilige bewaring verwyder. Die mense wat direkte belang by die gebeure gehad het, is lank reeds oorlede.
In 2007 het Gert van der Westhuizen, skrywer en kenner van historiese gedenkwaardighede in Mpumalanga uit die tydperk van die Anglo-BoereÂoorlog, die grafte van die tereggesteldes aan my gaan uitwys. Terwyl ons die graf van die vier Brits-broers op Baltrasna besigtig het, het twee onbekende inwoners van die plaashuis, ân pa en seun, nader kom staan en luister na die vertellinge van die tragiese gebeure van byna 11 dekades vroeĂ«r. Hulle was grootliks onbewus daarvan.
Nadat hulle alles aangehoor het, het een gevra: âWas dit nou alles nodig gewees?â En bygevoeg: âAl die lyding was tog tevergeefs.â
Niemand het geantwoord nie.
* Geplaas met volle erkenning van skrywer se kopiereg (Skriftelike toestemming nie aangevra)
( Baltrasna – tussen heuwels)
| Plaas: Baltrasna - tussen heuwels |
(Baltrasna – Buite gebou )
| Plaas: Baltrasna - Buite gebou |
(Baltrasna – Graf )
| Plaas: Baltrasna - Graf |
(Driefontein)
| Plaas: Driefontein |
(Naburige plaas)
| Plaas: Naburige plaas |
(Rooipoort – koordinate in boek blyk verkeerd te wees)Â
| Plaas: Rooipoort (Gegewe koordinate blyk verkeerd te wees - te bevestig) |