Hugenote Kruis

“Post tenebras lux” – “After Darkness [comes] Light” – slagspreuk van die Protestantse Hervorming en kom voor op die Hugenote monument in Franschhoek.

Die simboliek van die Hugenote Kruis:

  • 8 Saligsprekinge
  • 4 Hartvormige Spasies
  • Malteserkruis – 4 blare van ‘n Franse Lelie wat verwys na die 4 Evangelies
  • 4 Fleur-de-Lis met 3 blare verteenwoordig die 12 Apostels
  • Die hangende duif is ‘n simbool van die Heilige Gees

Verwysing: http://www.hugenoot.org.za/x-afr.htm

Grafika bron: https://commons.wikimedia.org/wiki/User:Syryatsu

https://en.wikipedia.org/wiki/Huguenot_cross

Kommandant (Rooi) Jozua_Adriaan Joubert

Kommandant “Rooi” Jozua Adriaan Joubert – ‘n held se voorbeeld van rekonsiliasie

Kommandant (Rooi) Jozua_Adriaan Joubert

Genealogiese navorsing is ‘n opwindende reis:
Genealogiese navorsing is ‘n opwindende reis. Dit laat jou gevoelens wipplank ry. Aan die begin is jy is opgewonde om die reis te begin om uit te vind waar jy vandaan kom. Jy is nie seker wat jy gaan vind nie en elke skakel word met afwagting nagespeur en in plek geplaas en bring jou ‘n stappie nader aan jou doelwit.

Later raak jy ge-frustreerd en fenaties oor ‘n ontwykende skakel en ander kere weer in ekstase en verlig indien daardie skakel wel gevind word. Soms moet jy net aanvaar dat sekere skakels nooit gevind sal word nie. Jy moet jy gevoelens en gedagtes verwerk oor verlore tyd en vrae wat nooit gevra is nie, en dokumente wat nooit volledig ingevul is nie, en kinder wat gesien moes word en nie grootmense moes uitvra oor hierdie en daardie oom en tyd nie.

Jy reis ook terug in tyd in die nasionale argiewe veral as jy eeu-oue dokumente in jou hande hou soos ‘n geboortesertifikaat van ‘n stamvader, ‘n kwitansies van jou oupa se aankope op krediet by die dorpswinkel of ‘n foto van ‘n oupa-grootjie. Vir die bevoorregtes is ‘n reis na Europa of elders en ‘n besoek aan die geboortedorp van ‘n stamvader onvergeetlik en daarmee saam is die ervaring en bewuswording dat jy die sirkel van jou oorsprong voltooi het sielsverreikend en gerusstellend.

Party persone onthaal jou gasvry in ‘n ou familie woning of plaashuis en beantwoord jou vra geduldig en ander maak die deur in jou gesig toe of word skielik stil wanneer jou stamboom ou potensiele spoke wakker maak en opjaag. Hulle weet immers nooit wie het verskuilde agendas en wil jou erfporsie probeer opeis of jou familie in ‘n swak lig plaas nie.
Jy voel spesiaal en trots as een jou voorsate iets noemenswaardig verrig het en ander kere voel jy skaam en vernederd indien hulle iets kontroversieel of oneties gedoen het.
Jy worstel met integriteit en deursigtigheid want met eersgenoemde wil jy spog en laasgnoemde wil jy eerder verberg.
Partykeer is jy die teiken van ander se vooroordele en selfs haat en fisiese dreigemente oor familie konflikte, oorlog, verraad, politiek, ras, geestesversteuringe en skandale.

Ek het byvoorbeeld in die verloop van my navorsing afgekom op interessante historiese dokumente wat familie moontlik kon betrek het by gebeure van moontlike verraad en die teregstelling van 4 broers deur hulle mede-boere en nabye familie-lede.
Dit het my met baie vrae gelaat. Hoe hanteer ek dit as dit familie was? Het ek iets om oor skuldig te voel? Moet ek eerlik wees daaroor of dit probeer verberg.
Oorlog is nie speletjies nie, en bring ons tot by self-preservering. Veg of vlug. Geweld of vrede. Volk en Vaderland, of familie. Ons en hulle.

Ek het terselftertyd toevallig ‘n persoon in my navorsing raak gelees wat vir my verligting en vrede op hierdie vrae gegee het.
Snaaks genoeg en heel toevallig – nee, werklik! – ‘n mede-Joubert.
Hier is ek alweer vasgevang in die tou-trekkery van die gewete. Is ek nie besig om my goeie familie te belig nie?!

In elk geval die “Wie” is nie hier van grootste belang nie maar die dade, en hopelik sal dit die praatwerk en die oorreding doen.

“one of the bravest, noblest men alive – a grand man!”

Generaal Louis Botha se siening van J.A Joubert

Kommandant Jozua Adriaan Joubert:

Die persoon na wie ek verwys is Kommandant Jozua Adriaan Joubert, ook bekend as “Rooi” Jozua, heel moontlik as gevolg van die kleur van sy baard.

Hy word op 21-jarige ouderdom lid van die Wakkestroom Kommando en maak verskeie kommandos en veldslae mee, soos die van Colenso en die slag van Laingsnek.

Hy word verskeie kere gewond, maar herstel elke keer sodanig om na die slagveld terug te keer en bewys hom op sodanige wyse dat hy met tyd bevorder word na Veldkornet en later Kommandant.

Volgens Sir J. Percy Fitzpatrick beskryf Generaal Louis Botha “Rooi Jozua” as:  “one of the bravest, noblest men alive – a grand man!”.
‘n Persoon wat deur almal, selfs die Engelse, hoog aangeslaan word. Dit is na aanleiding van sy heldhaftige reaksie na die lot op hom val en hy gekies word om ‘n strategiese en lewensgevaarlike element van die slag van Colenso te lei. Hy het blykbaar dadelik opgestaan en sy enigste woorde was blykbaar net: “Die uitkoms was die keuse van God. Ek gaan!”.
Generaal Botha was veral verlig dat dit Rooi Jozua was wat gekies is want ‘n ander man kon dalk in huiwering die manskappe ge-demotiveer het, maar die geluksgodin het sy planne vir Colenso ‘n broodnodige hupstoot gegee en “Rooi Jozua” en sy mantskappe het deur ‘n rivier in volle vloed geswem en “Hlangwane” beset.
Rooi Jozua se reaksie is insiggewend want Albert Kuyt noem dat dit alombekend was dat hy nie altyd met Generaal Botha ooreengestem het nie. Volgens Albert Kuyt kon “Rooi Jozua” met vrymoedigheid ‘n selfstandige houding inneem en van die meerderheid verskil mits hy seker was dat sy houding eerlik was. So was hy nie bang om voor die oorlog sy mening, en ‘n onpopulêre een as lid van ‘n klein minderheid, te lig dat die oorlogstryd volgens hom te ongelyk sou wees om met sukses vir die republieke gevoer te kon word. Ten spyte van sy verskille het hy hom egter verbind tot die besluite wat geneem is.

As seun het Albert Kuyt Rooi Jozua geken en volgens hom was Rooi Jozua die opvolger van die hoog-aangeskrewe Veldkornet G.P. Brits Snr en later Kommandant Andries L. Pretorius. Dit was dus was nie maklike skoene om vol te staan nie.
Hy verwerf ondermeer held-status deur sy optrede by die slag van Tugela waar sy kommando-lede hom met die huldesang “Rooi bul, rooi bul van Wakkerstroom!” begroet het na hy gewond en bebloed saam met sy perd na die agterlinies teruggekeer het.

joubert-rooi-josua-adriaanDie skietwond wat sy betrokkenheid by die oorlog op ‘n einde bring word ironies genoeg deur ‘n mede-boer in ‘n omstrede verloop van gebeure toegedien, en veroorsaak ook dat sy arm ge-amputeer moet word en dat hy die laaste deel van die oorlog as krygsgevangene in Tintown, Ladysmith, moes deurbring. Hierdie skietvoorval het later tot gevolg gehad dat 5 boere, waarvan 4 broers was, deur ‘n boere krygshof gevonnis is en deur ‘n vuurpeloton teregstel is. Die gebeure is onlangs vervat in Arthur Blake se boek “Boereverraaier” en die rolprent “Verraaiers” is ook daardeur ge-inspireer (Meer oor hierdie tragiese gebeurtenis… ).
Na sy terugkeer van die oorlog het hy ten spyte van sy gestremdheid sy boerdery weer aan die gang probeer kry en alhoewel hy ook self arm was het hy hom aangesluit by die beweging om armoede te verlig en was hy steeds bedrywig by sy kerk en die C.N.O. Skool. Tussen 1910 tot 1913 dien hy ook as senator en as volksraadslid vir Wakkerstroom.

Sy grootste heldedaad volgens my was egter sy voorbeeld van rekonsiliasie waarvan Dr F.V. Engelenburg skryf in sy boek oor Generaal Louis Botha.
Na die oorlog is daar is verwag dat die verskille tussen die Bittereinders en die ander boere vir lank probleme sou veroorsaak vir die genesing van die oorlogswonde.
Na die oorlog het “Rooi Jozua” die mede-boer gaan besoek wat hom as “Joiner “ in die vyand se diens geskiet het en die verlies van sy arm veroorsaak het. Hy het aangedui dat hy wou rekonsilieer met sy vyande en as bure in vrede saamwoon.
Sy voorbeeld van broederskap en selfbeheer, komende van so ‘n respekteerde person, het wondere verrig en ‘n groot positiewe impak of die publieke bewussyn gelaat en die deur oopgemaak vir die aanvaarding van Generaal Botha se siening dat voortslepende haat en verdeeldheid die kanse vir almal vir politieke en ekonomiese herstel sou benadeel.

“Rooi Jozua” was ‘n held maar ook ‘n man wat al die verskonings gehad het om haat te koester of in self-verwyt en self-bejammering te verval. Hy het egter verkies om vrede te maak.

Ek hoop sy voorbeeld sal ook vir ons en komende generasies as inspirasie dien om die verlede te leer wat ons kan, en ons vooroordele, veroordelinge en verskille op sy te skuif ten gunste van vrede en ’n beter toekoms vir almal.

Deur: Loutjie Joubert Jnr
* Met dank en erkenning aan al die bronne wat hierdie artikel en my genealogiese reis moontlik gemaak het.

Fotos - Jozua (Rooi) Adriaan Joubert

Bronne en erkenning:

General Louis Botha. With an Introduction by General Smuts., Dr F.V. Engelenburg., JL van Schaik., Pretoria., 1929., p. 130-131.

Onze Krijgs-Officieren, album van portretten met levens-schetsen der transvaalse generaals en kommandanten e. a. uitgegeven ten “Volksstem” kantore, Pretoria. 1904.

DIE BOERE OFFISIERE 1899-1902. Jacques Malan. J.P. Van der Walt Uitgewers, Pretoria, 1990 Eerste uitgawe., bl. 95-96

South African Memories, Sir J. Percy Fitzpatrick.

Van der Westhuzen G&E – Gids tot die Anglo-Boereoorlog.

“Transvaalse Gister” (Tranvaal’s Past), Albert Kuyt (Page 87).

Fotos – Nasionale Argief Pretoria – Engelbrecht Versameling

https://www.labuschagne.info
http://labuschagne.netfirms.com/references.htm

Dokumente:

Hugenote Museum (RSA)

Agtergrond:
Die Hugenote-museum en Hugenote-monument is in Franschhoek in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika geleë en gedenk die Franse Hugenote wie verskeie plase in die omgewing besit en bewerk het. Een van hulle was Pierre Jaubert/Joubert, die stamvader van die Jouberts in Suid-Afrika. Hy het onder ander die plase La Provence en La Motte besit.

http://www.hugenoot.org.za/

Virtuale Toer:
‘n Virtuele Toer is besigtigbaar by  https://huguenotsociety.org.za/museum-tour/

Fotos: Handtekeninge van verskei Franse Hugenote

Ligging: Hugenote Museum, Franschhoek

Hugenote Monument

Hugenote Monument (RSA)

Agtergrond: 

Die Hugenote-museum en Hugenote-monument is in Franschhoek in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika geleë en gedenk die Franse Hugenote wie verskeie plase in die omgewing besit en bewerk het. Een van hulle was Pierre Jaubert/Joubert, die stamvader van die Jouberts in Suid-Afrika. Hy het onder ander die plase La Provence en La Motte besit.

“Post tenebras lux” – “After Darkness [comes] Light” – slagspreuk van die Protestantse Hervorming en kom voor op die Hugenote monument in Franschhoek.

http://www.hugenoot.org.za/

Fotos:

Ligging: Hugenote Monument, Franschhoek

franschhoek

Dorp: Franschhoek (RSA)

Agtergrond: 

Franschhoek is in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika geleë en huisves die Hugenote-museum en Hugenote-monument wat die Franse Hugenote gedenk en wie verskeie plase in die omgewing besit en bewerk het. Een van hulle was Pierre Jaubert/Joubert, die stamvader van die Jouberts in Suid-Afrika. Hy het onder ander die plase La Provence en La Motte besit.

Ligging: Franschhoek

In Memoriam: DU PLESSIS Elsie Aletta Cecilia – 12 Junie 2020

Jy woel onrusbarend in my drome,
en in die vroeë Sondag-ure beur jy deur my klewerige oë.
Ek huiwer, tasbaar die onvermydelike… maar jy dring aan,
en in die waas van die oorgang tussen nag en môre moet ek volg na buite,
waar jy in die son se warm strale, weer-en-weer ontvou – soos die delikate lae van jou geliefde blom – satynsag, geurig, stylvol en detaileerd.
Ek haas desperaat en onkundig om jou met woorde vas te pen – uit vrees om jou weer te moet laat gaan,
maar helaas… jy ontknoop
en fladder sagkuns neer,  terwyl ek jou opskep en met trane en gebede meng,
en teenaan my bors vaskeer.
Waar jy verwelk, transformeer en hemelwaarts reis na jou maatjie en jou Heer.
Waar jy omdraai, glimlag en my gerusstellend laat
met jou ewige en geurige potpourri  – jou wese en jou rotsvaste leuse:
“Glo my seun, vertrou, maak vrede…. Hy het ‘n rede!”

Loutjie Joubert Jnr

Fotos: Elsie DU PLESSIS

Elsie Joubert - Begrafnisdiens 2020

Elsie Joubert - Begrafnisbrief | PDF | 2 mb

verraad 1901 slider

Boere vuurpeloton – Vier Brits-broers, Koch, Joubert – verraad, teregstelling en vergifnis

Ter agtergrond:
verraaiers - spier filmsOnbewus daarvan dat Albert Blake klaarblyklik besig was om op dieselde stadium aan sy boek “Boereverraaier” te werk, het ek in die Pretoriase Nasionale Argief met opgewondenheid afgekom op dokumente wat verband hou met moontlike verwante familie (Onder andere Brits, Koch en Joubert).
Die dokumente, oor die teregstelling van 4 broers deur hule mede-boere en die toedien van lyfstraf aan andere, lees soos ‘n spanningsverhaal en vertel ‘n hartseer en emosionele maar baie insiggewende storie oor die lewe en gebeure gedurende die oorlog.
boereverraaier - Albert BlakeDie verhaal was die onderwerp in verskeie koerant-artikels, boeke en het ook aanleiding gegee tot inspirasie vir die draaiboek van die rolprent “Verraaiers” wat later verfilm is.

Veral interessant is die wisselwerking tussen die inhoud van die oorspronklike Britse Militêre dokumente, verklarings van getuies, emosionele oorvertellings van familie en vriende, en latere publikasies en hoe die feite, emosies en onsekerhede vervleg raak en ons steeds met vrae en onsekerhede laat. 
Van die Britte het ondermeer geglo dat die hele verhaal ‘n versinsel van Generaal Botha was aangesien die verskeie boere so naby verwant was dat dit die lewe vir almal ondraaglik sou gemaak het indien dit inderdaad waar sou wees.

Aangesien dit naby familie-lede kon betrek het dit vir my ‘n baie sensitiewe noot aangeraak en het dit baie vrae na vore gebring oor die aard van oorlog, patriotisme en verraad, maar heel belangriker rekonsiliasie, vergifnis en hoe ons in ons genealogiese soeke die skandes en kontroversieële ook moet hanteer en versoen met die prestasies en die positiewe bydraes van ons voorgeslagte.
Arthur Blake het byvoorbeeld die teiken vir haatspraak geword vir die lig wat hy op hierdie sensitiewe en taboe onderwerp geskyn het.

Ek skryf meer hieroor in die artikel oor Kommandant Jozua (Rooi) Andriaan JOUBERT, wie die direkte slagoffer van “verraad” was en wie se voorbeeld van onvoorwaardelike rekonsiliasie gehelp het om berusting te vind op my vrae en worstellinge rakende my eie Joubert-geskiedenis. Hopelik kan hy dit ook vir ander en die kollektiewe nasionale bewussyn verrig en moontlik word dit ‘n toevoeging tot sy lys van heldedade en díe een vir wie hy die meeste onthou sal word. 

NS.
 – Koordinate en kaarte vir die liggings van die plase waar die gebeure plaasgevind het verskyn onderaan. 
 – In ‘n verdere interesssante skakel met die gebeure en die sameloop van omstandighede vertolk ‘n neef van ons, Jacques Retief, ‘n rol as agtergrond speler in die rolprent “Verraaiers”.

Dokumente: Verraad van 1901 - Koch en 4 Brits broers tereggestel deur mede boere
Van der Westhuizen Gert en Erika - Gids tot die Anglo Boere Oorlog - FW Koch, Brits broers, Joubert | PDF | 540 kb
NAAIRS - Military Report and witness statements relating to Surrendered Burghers Killed - 4 Brits brothers and Koch - Lashes for Joubert | PDF | 3 mb
Verraad van 1901: Vraeterg steeds - At van Wyk - Die Burger 28 Jul 2001 | PDF | 540 kb
'n Eeu se bitterheid - At van Wyk - Beeld - 27 Jul 2001 | PDF | 31 kb
Onderhoud met Arthur Blake - Die Burger - 6 Nov 2010 | PDF | 52 kb
Die verborge skandvlek van die Boereverraaiers - Rapport - 30 Okt 2010 | PDF | 588 kb

Uittreksel

BOEREVERRAAIER – ALBERT BLAKE
HOOFSTUK 3 – Vier broers, een skandegraf

Die winter van 1901 was buitengewoon koud op die Hoëveld. Die Anglo-Boereoorlog het reeds die vorige jaar sy guerrillafase betree met bittereinder­burgers van Transvaal en die Vrystaat wat geweier het om die stryd gewonne te gee. Die sterftesyfer in die konsentrasiekampe was die hoogste ooit, plase in vele distrikte en baie dorpe byna heeltemal verwoes[1]. Net die merkwaardige wilskrag van ’n handjievol onversetlike Afrikaners het die stryd teen die Britse oormag aan die gang gehou.

Daar was egter ook ’n groot aantal Boere wat besluit het om die wapen neer te lê. Sommige het verder gegaan en besluit om die Britse magte aktief te steun deur self die wapen teen hul eie mense op te neem. So gebeur dit dat Lea Sofia KOCH (gebore Brits) van Wakkerstroom in Oos-Transvaal aan die einde van Julie 1901 die hartverskeurende tyding ontvang dat haar man én vier van haar broers weens verraad deur van hul voormalige kommandolede gefusilleer is. Die tereggesteldes het voorheen almal aan dieselfde kommando van Wakkerstroom behoort as waarvan hul tereg­stellers lid was. Boonop was sommige van die vervolgers en die tereggestel­des familie van mekaar.[2]

H.J.S. KOCH, G.P. BRITS, P.M. BRITS, O.J. BRITS, C.J. BRITS

† 26 Julie 1901, Baltrasna, Amersfoort

Die aanloop tot die gebeure was dat al die mans van die Brits-familie van die plaas Schurvepoort in die distrik Wakkerstroom hul wapens in Septem­ber 1900 neergelê het. [3] Met die uitbreek van die oorlog was hulle ’n vermoënde en vooruitstrewende familie. Die bejaarde ouers, Gert Pieter en Susanna Salomina, het verskeie plase en dorpseiendom in die distrikte Amersfoort, Lydenburg, Vryheid en Wakkerstroom besit. Sommige van hul 14 kinders het op van die plase geboer. [4] Klaarblyklik het die meeste van die kinders met hul gesinne die lyding in die konsentrasiekampe vrygespring – met ’n rede.

Vyf van die broers is nogtans deur die Britte gevange gehou en na ’n militêre aanhoudingskamp by Ladysmith in Natal oorgeplaas.Die pa, wat nie deur Britse troepe weggevoer is nie, is daarna deur republikeinse burgers gevange geneem en van ontrouheid aangekla. Hy is vrygelaat nadat hy met £ 100 beboet is. [5] Hy sterf egter op 25 Mei 1901 in die ouderdom van 69 jaar aan natuurlike oorsake te Zandspruit in die distrik Wakker­s­troom. [6] Daardeur is hy die noodlottige gebeure wat sou volg, gespaar gebly.

Die Britte het die vyf Brits-broers etlike maande lank in die militêre kamp op Ladysmith aangehou, waar hulle alles in hul vermoë gedoen het om vry­gelaat te word.Die afleiding kan gemaak word dat hulle toe al voorkeur­behandeling van die Britse militêre owerhede ontvang het, want hulle is nie as krygsgevangenes oorsee of elders gestuur nie. Die broers se ontrouheid aan die vryheidstryd word geïllustreer in ’n brief van 2Februarie 1 901, waar­in hulle die Britse bevelvoerder op Ladysmith vir sekere vergunnings vra en onomwonde hul onderdanigheid aan Britse beheer toon:

We, the undersigned, desire respectfully to bring to your notice, that we have surrendered voluntarily to the British military authorities for protection, and that we are anxious to have also our families & stock placed fully under British protection. We wish you kindly to assist us in having this done, & would therefore respectfully suggest not only but request that you release one of us on parole, & allow him to return to Volks Rust for the purpose of bringing the families & stock of all of us across into the British lines.We are willing to comply with any reasonable conditions that you may deem requisite for such a release.We trust sincerely, Sir, that you will assist us in this matter, & grant our humble request and have the honor to be, Sir, your obedient servants.

Die brief is deur vyf broers onderteken: Gert Pieter ( 35), Pieter Mathys ( 32), Okkert Johannes ( 26), Cornelius Johannes ( 22) en die enigste van die vyf broers wat die dood sou vryspring, Marthinus. (27) Met hul versoek het die broers gepoog om nie net hul vrouens en kinders uit die konsentrasiekampe te hou nie, maar ook hul eiendom te beskerm. Met die voortsetting van die oorlog het hulle die gevaar geloop om al hul aardse besittings te verloor. Nie net het die Britse troepe alles geplunder nie, maar die Boere kon hul vee en ander noodsaaklikhede opgekommandeer of eenvoudig daarop beslag gelê het as hulle nie in ’n posisie was om dit te beskerm nie. Dit het inderdaad herhaaldelik gebeur terwyl die broers in aanhouding was.

Die Britte sou hul versoek egter nie sonder meer toestaan nie.Goeie rede moes daarvoor bestaan – soos onbetwiste lojaliteit aan die Britte. Interessant genoeg, het die Britse bevelvoerder op Volksrust die broers se aansoek aanvanklik afgekeur omdat ’n sesde broer, Johannes Wilhelmus, reeds op parool vrygelaat is, maar nie teruggekeer het nie “and is now again on commando”, lui ’n skrywe van 4 Februarie 1901. [8]

Na hul pa se dood was dit die Brits-broers se verantwoordelikheid om na die boerderybelange om te sien en dit teen oorlogsplundery te beskerm.Dit is waarskynlik dat die broers mekaar na hul wapenneerlegging beïn­vloed het om nog nouer by die Britse oorlogspoging betrokke te raak. Na aanlei­ding van die beweringe wat later teen die oudste, Gert Pieter, in die hoog­­verraad­saak gemaak is, kan ’n redelike afleiding gemaak word dat hy ’n lei­dende rol in hul besluit gespeel het. Boonop het hy voorheen ’n tydelike offisiers­rang van assistent-veldkornet in die Wakkerstroom-kommando beklee.

Nadat parool aan hulle toegestaan is, is die broers toegelaat om na die Wakkerstroom-distrik terug te keer. ’n Mens kan met redelike sekerheid aflei hulle het die Britse afdelings op Wakkerstroom en later op Volksrust gehelp en hulle dus aan een of ander vorm van verraad skuldig gemaak. Die vergunning van die Britte was veel meer as waarvoor hulle aanvanklik gevra het. Bevestiging is gevind dat minstens twee van die broers verder as die neutraliteitseed gegaan het deur die eed van getrouheid by die Britte af te lê. [9] Of die broers aktief as betaalde joiners by die Britse mag aangesluit het, kon nie vasgestel word nie. Die besonderhede in die aanklagte teen hulle in die latere hoogverraadverhoor dui egter daarop.

Oorlewering wil dit hê dat mense wat gesien het hoe die oudste broer ’n jong burger doodgeskiet het, hom by die Boere verkla het. Die burger het glo gepleit: “Oom Gert moet my nie skiet nie!” [10] Geen stawing van die voorval kon in ander bronne gevind word nie en dus kan die bewering nie bo twyfel aanvaar word nie.

Die vyf Brits-broers het hulle geskaar by die leier van die afvalliges in die omgewing, die 58-jarige Frederick Wilhelm Koch. Hy was ’n vooruitstrewende boer met verskeie plase in die distrikte Wakkerstroom, Ermelo en Piet Retief. Die plaaslike waardeerder en afslaer beskryf sy boedel na die oorlog as “one of the richest in the district”. [11] Voorts het die Britse magistraat op Volksrust hom in1901 as “a Burgher of considerable influence and standing in the neighbourhood” beskou. [12]

Frederick en sy vrou, Elizabeth Wilhelmina Hendrina, het drie seuns en vyf dogters gehad. Die welvarende Koch- en Brits-families was aangetroude familie van mekaar. Koch se oudste seun, Hendrik Johannes Stephanus, was met Lea Sofia Brits, die vyf broers se suster, getroud. 13 Dit het ’n ideale teel­aarde vir groepsbeïnvloeding geskep. Albei families het besondere belang by hul boerdery gehad. Hulle het die vryheidstryd waarskynlik as ’n hulpelose en verlore saak beskou en geen sin daarin gesien om hul welvaart daarvoor prys te gee nie.Maar hulle het nog ’n stap verder gegaan – hulle was ook bereid om die wapen teen hul volksgenote op te neem.

Aanvanklik het die Kochs net soos die Brits-broers aan Boerekant geveg. Nadat Frederick sr. sy rug op die republikeinse oorlogspoging gedraai het, het hy en sy drie seuns hul wapens neergelê. Dat hy aktief vyandig teenoor die republikeinse saak geword het, word gestaaf deur ’n inkriminerende verklaring wat die Britse magistraat op Volksrust in Oktober 1901 oor hom gemaak het: “He did everything in his power to assist the British in bring­ing the war to a conclusion, and the Military Authorities had such confidence in him that they allowed him and his sons to retain their arms for their own protection.” 14 In ’n verklaring wat een van die Koch-seuns, Lodewyk Christiaan, in 1903 maak, bevestig hy ook: “We were given rifles by the British in order to protect us.” 15

Die Kochs is toegelaat om met hul boerderybedrywighede voort te gaan. Die Brits-broers het ook wapens gehad, wat die Britse militêre owerhede waarskynlik na hul vrylating vir hulle gegee het.Dit was ’n taamlik drastiese stap van die militêre owerhede om in ’n oorlogsituasie wapens te verskaf aan voormalige vyande, veral wanneer hulle nie direkte beheer oor daardie persone kon uitoefen nie. Dit dui waarskynlik op die sterk vertrouensverhou­ding tussen die Britse magte en die twee Boerefamilies.

Die Koch- en Brits-mans, bygestaan deur ’n aantal ander hendsoppers, het hul basis op die plaas Rooipoort naby Volksrust gevestig. Destydse Britse militêre dokumente wek die indruk dat die groep as ’n soort semi-militêre een­heid gefunksioneer het. Hul bewapening was duidelik op hul volksgenote gerig en daar word deurgaans na hulle as “Koch’s laager of surrendered burghers” verwys. 16 Die nabygeleë Britse mag op Volksrust het oën­skynlik beskerming aan die groep afvalliges gebied. Die aanduidings is dat hulle groot hoeveelhede vee onder hul beheer op Rooipoort gehad het. Die Britse mag het waarskynlik ook ’n gerieflike afsetgebied vir daardie vee gebied.

Die presiese omvang en aard van die Koch- en Brits-mans se betrokken­heid by die Britse militêre bedrywighede kon nie vasgestel word nie, maar hul teregstelling het gevolg op ’n skermutseling met die Boere by Amersfoort. Sowat 6 0 Britse soldate – bygestaan deur ’n aantal joiners – het op 22 Mei 1901 ’n hinderlaag vir die Boere by Amersfoort gestel, waartydens kmdt. Rooi Jozua Joubert en ’n burger, Hendrik Spaarwater, gewond is. Joubert se arm moes geamputeer word en Spaarwater het later aan sy wonde beswyk. ’n Groot groep burgers het Spaarwater se emosionele begrafnis op 26 Mei 1901 onder ’n dreigende aanval van ’n Britse kolonne bygewoon. 17

Hoewel dit onduidelik is of die Brits- en Koch-mans beslis ’n rol in die Amersfoort-hinderlaag gespeel het, het die joiners se verraad tydens dié voorval bygedra tot die latere optrede teen die mans van dié twee families. 18 Inligting uit die Pretoriase Argief het gehelp om ’n prentjie te skets van wat tot die Koch- en Brits-mans se einde gelei het. 19

Op Maandagaand 22 Julie 1901 was12 afvallige Afrikanermans van Koch’s laager of surrendered burghers op die plaas Rooipoort naby Volksrust saam­getrek. Saam met hul leier, Frederick Koch sr., was sy drie seuns, Frederick Wilhelm jr., Lodewyk Christiaan en Hendrik Johannes Stephanus, die vyf Brits-broers, en nog drie ander, Lodewyk (Louw) Christiaan Joubert, Gert Pieter Oosthuizen en Gert Brink, teenwoordig. Al die Koch- en Brits-vroue, -kinders en die Brits-weduweemoeder was die aand in die plaashuis bymekaar. Omdat dit ’n groot groep was, is sommige in ’n tentlaer langs die opstal gehuisves. ’n Onbekende aantal swart werkers en hul families was ook in die nabyheid.

Vroeër die middag het drie burgers ’n strooptog op die Koch-groep se vee uitgevoer. Dit het in ’n skietgeveg ontaard waaraan nege van die afvalliges deelgeneem het. Die drie burgers het met ’n aantal beeste weggekom, hoewel die Koch-groep hul skape kon terugkry. Die jongste van die Brits-broers, Cornelius, moes tydens die skermutseling na die opstal teruggeneem word nadat hy van sy perd afgeval en seergekry het. Dit was reeds donker toe die ander afvalliges na hul vesting teruggekeer het.

Die skietgeveg vroeër die dag moes ernstige wrewel by die burgers ontlok het. Daar is besluit om nog dieselfde aand ’n vergeldingsmag van 25 burgers na die Koch-vesting op Rooipoort te stuur om met die verraaiers af te reken. Die Boere-aanvalsmag, bestaande uit burgers van die Wakkerstroom-kommando, die Edwards Verkennerscorps en twee lede van asst.kmdt.genl. Chris Botha 20 se staf, het onder leiding van kapt. M.W. Myburgh 21 en vdkt.Badenhorst 22 na Rooipoort opgeruk. Hulle het die plaas omstreeks 23:00 bereik. Die burgers het hul perde sowat 600 treë van die opstal gelaat en onopgemerk te voet na die opstal beweeg.

Toe die burgers omtrent 40 treë van die opstal was, het ’n hond begin blaf, waarna alarm gemaak is. Daarna het ’n buitewagpos van die afvalliges die Boere by ’n beeskraal gekonfronteer. Die burgers het met geweervuur geantwoord.

Die wagposlede het na die plaashuis teruggeval en die burgers het dit omsingel. ’n Hewige geveg het uitgebreek. Gert, die oudste Brits-broer, het eerste ’n vleiswond aan die arm opgedoen.Terwyl Frederick Koch sr. regop geloop en sy manne aangespoor het om hulself met mening te verdedig, het hy ’n skoot deur die kop gekry en dood neergeslaan. Daarna is sy seun Lodewyk gewond. ’n Swart man en meisie is ook raakgeskiet toe hulle waarskynlik in die kruisvuur beland het. Die meisie het later aan haar wonde beswyk. 23

Bevestiging kon nie in die argivale bronne gevind word van beweringe dat Koch sr. op die voorstoep van die opstal ’n aggressiewe houding teen­oor die burgers ingeneem het voordat die skietgeveg uitgebreek het nie. Daarvolgens het hy half agter sy vrou Elizabeth op die stoep geskuil, terwyl hy gedreig het om die burgers te skiet. Twee burgers het hom gelyktydig geskiet toe hy vir ’n oomblik agter haar uitbeweeg het. Volgens Koch se kleinseun Jan Fick was sy oupa so naby aan sy ouma dat sy bloed op haar gespat het. Oorlewering wil dit verder hê dat die verraaiers daarna die wit vlag gehys het, maar toe die burgers nader aan die huis beweeg, het die verraaiers weer op hulle begin skiet, gevolg deur ’n onafwendbare geveg. 24 Dié aspek word ook nie in die destydse verklarings genoem nie.

Die verraaiers moes geweet het hulle kon genadelose behandeling te wagte wees as die burgers hulle vang en het hulle hardnekkig verset. Die burgers het hulle herhaaldelik gewaarsku om oor te gee, maar hulle wou nie. Volgens die ongepubliseerde dagboek van Jan Leendert Moerdijk, ’n lid van die Boere se Edwards Verkennerscorps en pa van die bekende argitek Gerhard Moerdijk (Moerdyk), het die geveg sowat ’n uur en ’n half lank voortgewoed. Deur hulle so te verset, het die verraaiers hul uiteindelike lot waarskynlik vererger.

Die verraaiers was gedoem omdat die Britse mag op Volksrust hulle nie te hulp gesnel het nie. Die ligging van die opstal is van so ’n aard dat dit moeilik verdedigbaar is. Voor die huis is ’n laagte en aan die noorde- en oostekant is hoogtes, van waar die opstal maklik bestook kon word. Die burgers kon boonop onder dekking van die donkerte onophoudelik deur die vensters en voordeur skiet.

Intussen het van die burgers die huis aan die agterkant aan die brand begin steek. Nie net die afvallige mans nie, maar ook hul vroue en kinders het in lewensgevaar verkeer. Dié het histeries begin gil en huil. Intussen het die mans aan die voorkant van die huis in ’n stoepkamer saamgedrom waar die burgers hulle vasgekeer het. Die burgers het hul geweervuur gestaak en die verraaiers weer tot oorgawe geroep. Die verraaiers se situasie was uiters desperaat. Daar is toe uiteindelik besluit om oor te gee. ’n Ongewapende Frederick Koch jr. het na die deur beweeg en hul oorgawe aangebied, waarna die burgers die afvalliges se wapens afgeneem het.

Die verraaiers is nie sagkens gehanteer nie. Die twee gewondes, Gert Brits en Lodewyk Koch, asook die beseerde Cornelius Brits, is saam met die ander verraaiers weggeneem voordat enige Britse versterkings kon opdaag. Later het Marthinus Brits verklaar dat die burgers aggressief was en hulle onder meer toegesnou het dat Koch sr. sy dood verdien het en dat hulle spyt was die gewonde Gert Brits het nie dieselfde weg gegaan nie omdat hulle sy bloed lankal gesoek het. Moerdijk praat van ’n aandoenlike toneel waar die vroue en kinders buite gestaan en die gebeure aanskou het. 25 Koch sr. se dood was net die begin van die families se tragedie.

Nog dieselfde nag het die burgers met die nege gevange verraaiers (om ’n onbekende rede was Gert Brink nie onder hulle nie), gebuite perde, heelwat beeste en ander los goed na Alfred Robertson se plaas, Elandsberg, ver­trek waar hulle die volgende oggend aangekom het. 26 Daarna is die gevangenes op ’n trolliewa met agt muile gelaai en na die laer op Goedehoop geneem. Teen vroegmiddag op Woensdag 24Julie 1901 is hulle na die plaas Baltrasna, oos van Amersfoort, geneem waar verskeie Boereleiers reeds vergader het.

Op Baltrasna het ’n krygshof op die verraaiers gewag. Die volgende dag is hulle op aanklag van hoogverraad verhoor. In die klagstaat is hulle daarvan beskuldig dat hulle hul eerstens aan die Britse magte oorgegee het en tweedens wapens teen die republikeinse magte opgeneem het. Volgens Moer­dijk is daar ook beweer hulle het by die Britse magte aangesluit. Al die beskuldigdes het op die eerste aanklag skuldig gepleit, maar onskuldig op die tweede. Hul verweer was dat hulle bloot hul vee teen strooptogte verdedig het, ongeag wie dit uitgevoer het. Daar was heel waarskynlik ’n verdere aanklag teen Gert Brits – dat hy medeburgers probeer omhaal het om hulle aan die Britte oor te gee.Spesifieke getuienis in dié verband is tydens die verhoor aangebied.

Uit die aard van sy rang as assistent-kommandant-generaal het Chris Botha die bevoegdheid gehad om die doodsvonnis te bekragtig en het hy daarom nie deel uitgemaak van die krygshof nie. Die hof het uit sewe lede bestaan met kmdt. Izak J. Greylingh 27 as voorsittende beampte en Adriaan Badenhorst 28as ondervoorsitter. Die ander lede was asst.vdkt. Piet Badenhorst 29en Dirk Kemp (almal van Wakkerstroom) en Willem Buhrman van Ermelo. Landdros Bosman was die aanklaer en lt. Jordaan die klerk van die hof. 30

Die verhoor het in die voorhuis van die plaasopstal op Baltrasna plaasgevind. Die vervolging het minstens sewe getuies geroep. Die beskikbare bronne is vaag oor die presiese aard van die getuienis teen die afvalliges. Benewens die getuienis oor die skietgeveg is Gert Brits daarvan beskuldig dat hy vroeër ’n leidende rol in die aanhitsing tot die oorgawe van burgers gespeel het. Dit het ook teen hom getel dat hy ’n voormalige assistent-veldkornet van die Wakkerstroom-kommando was. Later het sy broer Mar­thinus verklaar die getuies was “baie bitter” teenoor sy oudste broer.

Hy het ook beweer hulle is geen kans gegun om hulself te verdedig nie, maar te oordeel aan die weergawes van die ander beskuldigdes wat die gebeure oorleef het, was dit nie die geval nie. Die krygshof het wel geweier dat die saak op versoek van Gert Brits vir die roep van ’n verdedigingsgetuie uitgestel word.Volgens die hof kon dié getuie niks tot voordeel van die beskuldigdes getuig nie en ’n vermorsing van tyd wees. Hoewel die beskuldigdes nie regsverteenwoordiging gehad het nie, is daar aanduidings dat hulle die geleentheid gehad het om hul saak te stel. Moerdijk, wat teenwoordig was, beskryf die verhoor as deeglik (in die Engelse vertaling van sy dagboek word van “thorough” gepraat). Marthinus Brits het in sy latere verklaring aan die Britse militêre owerhede gesê die aanklaer het vir minstens twee van die beskuldigdes, Frederick Koch en Louw Joubert, om versagting gepleit. Dit is nie duidelik waarom hulle uitgesonder is nie.

Nadat al die getuienis dieselfde dag aangehoor is, het die hof na sowat tien minute se verdaging uitspraak gelewer. Al die beskuldigdes is aan hoog­verraad skuldig bevind, met die uitsondering van Gert Oosthuizen wat staatsgetuie geword en daardeur vrywaring ontvang het.Hendrik Koch en vier van die Brits-broers het die doodstraf ontvang.Daar is gelas dat die vonnis die volgende oggend voltrek moes word. Die ander beskuldigdes (dus ook die gewonde Lodewyk Christiaan Koch) het ’n vonnis van25 houe met ’n stiegriem (’n verstelbare leerband met ’n gespe waaraan ’n stiebeuel hang) ontvang, met die uitsondering van Marthinus Brits, wat 20 houe sou kry. ’n Omvattende soektog na ’n geskrewe hofrekord het niks opgelewer nie. Die drastiese verskil in die vonnisse kan daarom nie verduidelik word nie, ook nie watter regsbeginsels toegepas is nie.

Dit is onduidelik hoekom Marthinus Brits die doodstraf vrygespring het. Luidens sy latere verklaring aan die Britse owerhede het hy die Maandag voor die skietgeveg na Volksrust gegaan.Gevolglik was hy nie deel van die afvalliges se optrede teen die drie burgers wat die strooptog op die vee uitgevoer het nie. Hy vertel egter in detail hoe hy die aand aan die geveg teen die Boere-aanvalsmag deelgeneem het. Hy meld onder meer daar was ’n storing in die sluitstuk van sy geweer wat hy moes regmaak, waarna hy weer met mening op die burgers gevuur het. Frederick Koch jr. sê in sy latere verklaring hy het nie die aand op die Boere geskiet nie omdat een van die ander mans in die groep sy geweer gehad het. 31 Of dít die rede was waarom hy nie die doodstraf ontvang het nie, is egter onseker.

Die verskil in vonnisse wys nietemin die veroordeeldes is nie oor dieselfde kam geskeer nie. Die teenwoordigheid van ’n assistent-kommandant-generaal wat die vonnisse kon bekragtig en die betrokkenheid van ’n groot aantal Boereoffisiere wys daar kon op ’n hoë vlak oor die vonnisse en die uitvoering daarvan besin word. 32

In wat ’n angstige wintersnag moes gewees het, is die veroordeeldes in ’n buitegeboutjie met ’n vuurherd onder streng bewaking aangehou.

Die Brits-broers se een suster, Susanna Salomina (Sannie) Groenewald , was teenwoordig.Haar man, Wessel Johannes Jacobus Groenewald , was die eienaar van die plaas Baltrasna. Groenewald was ook ’n lid van die Wakker­stroom-kommando en met die verhoor teenwoordig. Die onbenydenswaardige taak is aan Moerdijk opgedra om vir Sannie Groenewald van haar broers se doodstraf te vertel. “Ek het haar probeer troos so goed ek kon, maar hoe vertel jy iemand dat sy haar broers nooit weer op aarde sal sien nie?” 33

In ’n verslag wat ’n Britse offisier, kapt. MacHardy, op 5 Augustus1901 oor die teregstellings maak, sê hy een van die Koch-broers was getroud met die suster van die voorsitter van die krygshof, kmdt.Greyling, se vrou. “The remainder are so inter-married their subsequent life would be unbearable.” 34 Hy gee egter nie meer besonderhede daaroor nie.

Benewens die familiebande het die veroordeeldes en hul voormalige kommandokamerade mekaar goed geken. Van die burgers het saam met hulle grootgeword. Die lede van die vuurpeloton moes uit die geledere van dieselfde kommando saamgestel word. Dit is te verstane dat sommige van die burgers nie gretig was om deel van die vuurpeloton te wees nie. Volgens oorlewering het twee swaers, Moolman en Storm, verlof gevra om na die buurplaas Balmoral te gaan om na hul boerderybelange te gaan omsien. Daardeur het hulle doelbewus die moontlikheid ontduik om as lede van die vuurpeloton aangewys te word. 35

Moerdijk vertel die vyf terdoodveroordeeldes was die oggend van die teregstelling kalm.Kort na 08: 00 het landdros Bosman en Dirk Kemp vir hulle kom sê die teregstellings sou om11: 00 plaasvind. Werkers het reeds vroeg die oggend ’n graf langs die bestaande Groenewald-familiebegraafplaas teen ’n heuwel voor die plaashuis gegrawe. Kort na 11: 00 is Gert, Pieter en Cornelius Brits na die oop graf geneem. Nadat hulle geblinddoek en hul hoede weggeneem is, moes hulle by die graf twee tot drie treë uit mekaar staan. Die aanwesige burgers het ’n psalm gesing, en toe klap die skote van ’n vuurpeloton bestaande uit 12 burgers onder bevel van vdkt. Lourens Badenhorst. 36

Die ander ses veroordeeldes het in daardie stadium buite die deur van die buitegeboutjie gestaan waar hulle aangehou is. Vandaar kon hulle die gebeure skaars 100 m verder sien afspeel. Marthinus Brits skryf later in sy verklaring: “Ekself kon nie daarna kyk nie.” 37

Vir die twee oorblywende terdoodveroordeeldes, Hendrik Koch en Okkert Brits, moes die aanskoue van die eerste teregstelling vreesaanjaend gewees het. Kort daarna was dit hul beurt. Volgens Marthinus Brits is die eerste drie tereggesteldes elk twee keer deur die hart geskiet, terwyl die laaste twee se liggame deur drie skote elk getref is. Dit dui daarop dat die helfte van die vuurpelotonlede se gewere waarskynlik met loskruit gelaai was sodat hulle nie moes weet wie die doodskoot gee nie.

Beweringe dat die tereggesteldes hul eie grafte moes grawe en dat hulle geweier het om geblinddoek te word, is na alle waarskynlikheid versinsel. Só ook dat een van die veroordeeldes nog bly lewe het nadat die vuurpeloton gevuur het en daarna weer deur die bevelvoerder geskiet moes word. 38

Volgens die oorlewende afvalliges het genl. Chris Botha en Lourens Badenhorst hulle na die teregstelling besoek en gevra of hulle die skote gehoor het. Toe hulle bevestigend antwoord, het Botha volgens die Engelse vertaling van Marthinus Brits se verklaring vir hulle gesê: “Well, this will be a warning to you not to take up arms against the Boers again.” 39

Omstreeks 12: 00 die volgende dag het die oorblywende vier gevangenes, met hul klere aan, hul lyfstraf ontvang. ’n Halfuur later is hulle met ’n trolliewa na Vaalpoort geneem waar hulle oornag het.Daarna is hulle te perd na Vlakpoort geneem, waar hulle op Sondag 28 Julie vrygelaat is om te voet na die Britse linies te loop. Vir die duur van die oorlog het hulle met hul families onder Britse beskerming in Volksrust gebly.Gert Oosthuizen, wat staatsgetuie geword het, is na Amersfoort gestuur. 40

Verskillende bronne meld een van die voorwaardes vir die vrylating van die oorlewende verraaiers was dat hulle voëlvry verklaar is. Volgens ’n republikeinse Oorlogsbericht van29 en 30 Julie 1901 het die vonnis bepaal dat as die veroordeeldes die Boere se linies weer sou binnekom, dit “eenigen burger zal vrystaan ze als vijand te beschouen en dood te schoten”. 41 Gedurende die Eerste Anglo-Boereoorlog het krygshowe beskuldigdes ook voëlvry verklaar, maar ander voorbeelde daarvan kon nie gevind word in vonnisse wat gedurende die oorlog van 1899tot 1902 opgelê is nie.

Die Boere-opperbevel het die nuus van die teregstellings versprei. Johanna Brandt haal op17 Augustus 1901 ’n amptelike berig oor die gebeure wat Boerespioene na Pretoria gesmokkel het, in haar dagboek aan:

Afloop onderzoek der gevangene ‘handsuppers’ door Veldcornet Badenhorst by Zandspruit. Op Donderdag laatsleden werden op de plaats van H. van Groeneveld naam onduidelyk geschreven ter dood veroordeeld G. Brits C. Brits P. Brits O. Brits vier zoons van G. B(rits).Hendrik Kock en Martiens Brits tot20 gezel slagen en vogelvry verklaard F. Kock, L. Joubert, L. Kock elk 25 geeselslagen en vogelvry verklaard. Zekere D.G. Oosthuizen werd staatsgetuige gemaakt. In gevecht laatst leden Maandag sneuvelde F. Kock, zijn zoon Lodewyk werd gewond. De vonnissen zijn laastleden Vrydag voltrokken. 42

Hoewel die inligting sekere feitefoute bevat, toon dit nietemin dat die republikeinse leiers erns daarmee gemaak het om die teregstellings van Boere­verraaiers bekend te maak en die inligting daaroor te versprei.

Enkele dae na die teregstelling het Chris Botha die Britse bevelvoerder op Wakkerstroom amptelik van die teregstellings in kennis gestel. Kontant­geld, asook persoonlike items en vier briewe van die oorledenes aan hul vrouens, is na die Britse linies gestuur met die versoek dat dit aan die oorledenes se naasbestaandes oorhandig word. Van die Britse militêre kant is gemeen die afvalliges is oorhaastig en onnodig tereggestel. “The whole thing was a ruse on the part of Chris Botha.” 43Behalwe die jong Cornelius Johannes Brits het al die ander tereggesteldes plase en weduwees met kinders nagelaat.44

Na die oorlog is beweer een van die verraaiers het vir Botha omkoopgeld van £ 80 000aangebied as dié sy lewe sou spaar.Hoewel die Koch- en Brits-families welvarend was, toon die likwidasie- en distribusierekenings van die gestorwenes se boedels selfs hulle het nie soveel geld gehad nie. Dit is natuurlik nie onwaarskynlik dat so ’n aanbod in paniek gemaak kon gewees het nie.As so ’n voorstel wel gemaak is, het Botha hom nie daaraan gesteur nie. 45

Die twee families is in totale verdriet gedompel. Susanna Brits het haar vier seuns en ’n skoonseun verloor. Haar dogter Lea Sofia Koch verloor haar man, Hendrik, vier broers en haar skoonpa, Frederick. Elizabeth Koch verloor haar man en seun.

Grafstene, of eerder smartstene, met boodskappe wat diepe verbittering toon, is op die grafte aangebring. Die grafsteen wat Lea Koch vir Hendrik laat oprig het, lui: “Ter gedachtenis van myn teder geliefde echenoot H.J.S. Koch, geb. 7 Nov. 1868, en zyn dood geschoten door gen. C Botha en zyn officieren, op de 26 July 1901.” 46 Sy oorskot is uit die tereggesteldes se gesamentlike graf op Baltrasna opgegrawe en in die familiekerkhof op die plaas Driefontein naby Wakkerstroom herbegrawe.

Hendrik se pa, Frederick, is op ’n buurplaas, ook ’n deel van Driefontein naby die huidige Daggakraal, begrawe. Sy vrou laat dié woorde op die praal­grafsteen aanbring: “Ter gedachtenis van mijn geliefde echenoot F.W.C. Koch, geb. 12 April 1842, en onschuldig dood geschoten te Roodepoort op 22st Juli 1901 door L. Badenhorst en van zyne manschappen.” 47

Die obelisk van sandsteen wat op die Brits-broers se gesamentlike graf op Baltrasna aangebring is, het deur die jare verweer en later in stukke gebreek toe ’n boom daarop geval het. Op elke kant daarvan word die naam van ’n broer gedenk. Vaagweg kan die woorde “Doodgeschoten door de Boeren” ook daarop onderskei word. 48

Teen Desember 1901 kla die eens welgestelde Elizabeth Koch by die Britse owerhede dat alles op hul plase vernietig is en dat sy en haar familie hulle in ’n benarde finansiële posisie bevind. 49 Die familie was klaarblyklik nie meer selfonderhoudend nie weens ’n gebrek aan kontantvloei. Met die Brits-familie het dit nie beter gegaan nie. Die geboue en ander roerende eiendom op die familieplaas Schurvepoort is vernietig of weggevoer. Weens die voortslepende oorlog kon die tereggesteldes se boedels nie afgehandel word nie. Daar is nog tot 1906 gesukkel om dit te finaliseer.

Die Britse magistraat op Volksrust het uit sy pad gegaan om die tereggesteldes se naasbestaandes te help. Ook die Britse offisier kapt. W.R. Digby wat met die verwerking van die weduwees se kompensasie-eise vir oor­log­skade belas was, het besonder simpatiekgesind teenoor hulle gestaan. Hy het die eis van Susanna Brits, die tereggestelde broers se ma, so gemotiveer: “A most exceptional case & recommended for special treatment.” 50 Sy het daarna £1200 van die Protected Burgher Fund ontvang.51 Digby het die eis van Pieter Mathys Koch se weduwee ook gunstig gemotiveer: “This claimant’s case is an exceptional one. Her husband was murdered by the Boers in July 1901 for having surrendered.” 52

Van die ander weduwees het ook aansienlike bedrae van die Britse ower­heid ontvang as vergoeding vir oorlogskade wat hulle gely het.Lea Koch het byvoorbeeld £ 1 907en Maria Brits £ 800 uit een fonds alleen ontvang. 53 Dit was heelwat meer as die gemiddelde bedrae wat die bittereinders of terugkerende bona fide-krygsgevangenes na die oorlog ontvang het. Daar kon nie vasgestel word wat die naasbestaandes uit die ander fondse ontvang het nie. Die bevoordeling van verraaiers en hendsoppers van die omgewing lei tot latere geslagte se verwyte dat veral verraaierfamilies finan­sieel bevoordeel is deur die verkoop van hul siele in ’n ontroue saak. Nasate van die Boerefamilies wat in die omgewing woon, het te kenne gegee die verraaierfamilies is tydens die oorlog en ook daarna nog deur hul verraad bevoordeel.54

Verbande ten gunste van Frederick Koch sr. was oor plase van burgers geregistreer vir skuld wat hulle voor die oorlog by hom aangegaan het. Dié burgers was ten tyde van sy dood nog op kommando. Vanselfsprekend kon daardie voortvegtendes weens die oorlogsomstandighede nie hul skuld betaal nie. Koch se weduwee en die Britse magistraat op Volksrust het gedurende die oorlog pogings aangewend om die verbande op te roep. 55 Dit sou die wrewel teen die verraaierfamilies sekerlik net vererger het. Daar kon egter nie vasgestel word of dit deurgevoer is nie.

Na die oorlog is dit asof die naasbestaandes van die tereggesteldes laer trek binne die twee families. Hulle het ook verder ondertrou. Kort na die oorlog tree die weduwee Lea Sophia Koch met Lodewyk Christiaan Koch, ’n neef van haar tereggestelde man, in die huwelik. Hy was ’n hendsopper wat gedurende die oorlog van Harrismith na Britse beskerming op Newcastle in Natal gevlug het, waar hy vir die duur van die oorlog gebly het. 56 Nog ’n suster van die tereggestelde Brits-broers, Francina Wesselina, het met die tereggestelde Koch se broer, wat die doodstraf vrygespring het en wie se name ook Lodewyk Christiaan is, getrou. 57

Dit is veelseggend dat van hul nasate ontken dat die tereggesteldes verraad gepleeg het.Dié nasate beweer Badenhorst en sy manne was veediewe en rowers.58

In die geskiedskrywing het die Brits-en-Koch-tragedie feitlik ongemerk verby gegaan. 59

Vandag is daar nog baie tasbare herinneringe aan dié voorval in die omgewing van Amersfoort en Volksrust te sien. Die plaashuis op Rooipoort waar die afvalliges vasgekeer en Koch sr. doodgeskiet is, is klaarblyklik nie ernstig in die oorlog beskadig nie. Daar is oor die jare heen aangebou en veranderinge aangebring. Tog kan die oorspronklike strukture met sy besondere dik klipmure, breë plankvloere en pragtige kaggels nog waardeer word. Die klipmure is later plek-plek gepleister en verberg dalk nog koeëlmerke van daardie aand. Met die skrywe hiervan staan die huis leeg en is dit verwaarloos. 60 Die klipmure van die beeskraal naby die huis waar die afvalliges se buitepos was, is nog in ’n goeie toestand.

Die reis oor die heuwelagtige gedeeltes na die plaas Baltrasna laat ’n mens wonder wat deur die gedagtes van die gedoemdes moes gegaan het op hul tog na hul laaste rusplek. Die opstal op Baltrasna is in ’n indrukwekkende kloof tussen heuwels. 61 Ook daar kan die oorspronklike voorhuis, waar die verhoor plaasgevind het, met sy sterk klipmure van die latere aanbouings onderskei word. Slegs die fondasie van die buitegeboutjie waar die veroordeeldes na bewering hul laaste nag deurgebring het, is nog uitkenbaar.62 Die gesamentlike graf word omring deur die stilte en koelte van ’n plantasie van uitheemse bome in ’n afgeleë wêreld. 63 Die gebreekte obelisk met die name van die tereggesteldes is verwyder en word elders bewaar. Die verrotte boom wat dit stukkend geval het, lê dwarsoor die sementfondasie van die graf.Daar is nog tekens dat die graf vroeër deur ystertralies omhein is.

Hendrik Koch se grafsteen op die plaas Driefontein by Latemansnek is verwaarloos, maar nog duidelik leesbaar. 64 Ook sy pa se graf op die naburige plaas lyk of dit jare laas enige aandag gekry het. 65Die gebreekte grafsteen is intussen vir veilige bewaring verwyder. Die mense wat direkte belang by die gebeure gehad het, is lank reeds oorlede.

In 2007 het Gert van der Westhuizen, skrywer en kenner van historiese gedenkwaardighede in Mpumalanga uit die tydperk van die Anglo-Boere­oorlog, die grafte van die tereggesteldes aan my gaan uitwys. Terwyl ons die graf van die vier Brits-broers op Baltrasna besigtig het, het twee onbekende inwoners van die plaashuis, ’n pa en seun, nader kom staan en luister na die vertellinge van die tragiese gebeure van byna 11 dekades vroeër. Hulle was grootliks onbewus daarvan.

Nadat hulle alles aangehoor het, het een gevra: “Was dit nou alles nodig gewees?” En bygevoeg: “Al die lyding was tog tevergeefs.”

Niemand het geantwoord nie.

* Geplaas met volle erkenning van skrywer se kopiereg (Skriftelike toestemming nie aangevra)

( Baltrasna – tussen heuwels)

Plaas: Baltrasna - tussen heuwels

(Baltrasna – Buite gebou )

Plaas: Baltrasna - Buite gebou

(Baltrasna – Graf )

Plaas: Baltrasna - Graf

(Driefontein)

Plaas: Driefontein

(Naburige plaas)

Plaas: Naburige plaas

(Rooipoort – koordinate in boek blyk verkeerd te wees) 

Plaas: Rooipoort (Gegewe koordinate blyk verkeerd te wees - te bevestig)

figtree

D’Hoop (Rhodesië)

Agtergrond: 

Willem Schalk Du Plessis en Barbara Meintjies het van Vaalkop, in Zeerust, Marico (Groot), na Rhodesië getrek en hulle in die Figtree en Motobo omgewing gevestig. Oupa Cor Du Plessis (Cornelius Johannes) het hier groot geword voor hulle na sy ma se dood in 1922, toe hy ongeveer 14 jaar oud was, weer die terugtog Suid-Afrika aangepak het. Sien elders sy vertelling van sy noue ontkoming as kind met ‘n toordokter.

Barbara Christina se sterfdokumente uit Rhodesië wys dat sy op Matibi plaas in die Matobo omgewing van Plumtree gewoon het. Sy is op 22 Aug 1922 (op die ouderdom van 51jr 3m 18d) aan “Dropsy”, waaraan sy vir 18 maande gely het, op Champion Block oorlede en is ook daar begrawe. Klaarblyklik was haar oudste seun Johannes DU PLESSIS, ‘n vername grootwildjagter, die enigste persoon wat die ligging van haar graf geken het.
Haar sterfsertifikaat dui ook aan dat Willem Schalk op daardie stadium op die D’Hoop plaas in die Figtree omgewing woonagtig was. Volgens Rhodesiese dokumente het hy in 1924 aansoek gedoen vir ‘n sertifikaat om weer in die huwelik te kan tree.

Na Barbara Meintjies se dood het Willem Schalk na Suid-Afrika teruggekeer en op Dassieklip, langs Sandspruit Stasie (Volksrust) gaan woon en is hier met die weduwee Cecilia Johanna LABUSCHAGNE getroud.

Oupa Cor se suster Barbara Christina, getroud met Henry Chomse het ook in Rhodesie gebly en is hier oorlede. Sy suster Alida (Alie), getroud met John Douglas De Haast, het ook vir ‘n tydperk in Rhodesië gewoon maar na die val van Ian Smith se regering teruggetrek Suid-Afrika toe.

Die spesifieke ligging van hul plase is nie bekend nie. Een verwysing na D’Hoop in daardie omgewing kon egter op ‘n kaart gevind word en dit mag dalk die omliggend area waar hulle geboer het wees en word hieronder aangedui.

Moontlik ligging: Plaas D'Hoop - Rhodesië - DU PLESSIS Willem Schalk

Plaas: D'Hoop (Figtree omgewing)

volkrust_hoofstraat_perdestop

Volksrust (RSA)

Agtergrond

Ons Joubert-familie het vir baie jare in die Swellendam omgewing gewoon, maar trek later van Swellendam na onder andere Wakkerstroom en Volksrust.

Wat het daartoe aanleiding gegee?
Miskien het Swellendam se agteruitgang vanaf 1860 as gevolg van die natuur of te wel ‘n groot droogte en ‘n groot vuur soos hieronder beskryf daarmee te doen gehad.

Decline
In the 1860s a severe drought caused a slump in agricultural production and put farmers under financial strain; the resultant economic depression badly affected businesses and industries in Swellendam. Barry & Nephews was already struggling and when its trading steamer, the Kadie, ran aground in the mouth of the Breede River at Cape Infanta (see Nos. 114, 115) in November 1865, it was a fatal blow. The firm was declared bankrupt in 1866.
The final disaster was the Great Fire which broke out in May 1865, completely destroying a large portion of the town centre: many houses and businesses, a hotel, the Wesleyan Chapel, the bank and the printing press (which had published the local newspaper) burnt down. Despite relief efforts, Swellendam never recovered its former status and prosperity. The economy stagnated and the population declined. Mossel Bay took over from Port Beaufort as the main port of the Overberg. The vast district previously serviced by the Drostdy was subdivided, and the services that Swellendam had previously provided became available in towns such as Caledon, Riversdale, Heidelberg and Bredasdorp.

(Bron: http://swellendamheritage.org.za/?page_id=4498)

Oorspronklik het die familie op die plaas Verkyk naby Daggakraal stasie buite Volksrust gewoon, maar trek later na die die dorp en woon naby die “Rooibult”.

1 2 3