Familie: SANDOW

Frederick Carl (Fred) Sandow het die volgende dokumente oor die SANDOW familie oorsprong opgestel en vriendelik en vrygewiglik beskikbaar gestel vir die nageslag:

fred sandow“Die woord Sandow beteken “Die naam van ‘n plek”, of kortliks “’n Pleknaam”.

“Hierdie Sandow-familie is die enigste wat ooit na Suid-Afrika ge-emigreer het, en derhalwe is alle Sandows in Suid-Afrika afstammelinge van hierdie enkele gesin.”

“Dit is die baie kortlikse verhaal van ons Duitse voorouers. Laat ons hulle op ‘n waardige wyse onthou en vereer. Hulle het gedien as fondament vir die toekoms.”

Frederick Carl (Fred) Sandow

Dokumente: verskaf deur Frederick Carl (Fred) Sandow
SANDOW Stamouers | PDF | 172 kb

Agergrond: SANDOW | PDF | 127 kb
GRIEZEL Stamouers | PDF | 86 kb
Agtergrond: Ouma Ellie (Elsie Aletta Cecilia) Sandow | PDF | 113 kb

Boek - Trap der Jeugd
Boek - Trap der Jeugd - Google | PDF | 2 mb

Albei die susters, Tan Poppie en Ouma Ellie, het slegs tot standerd drie skoolgegaan. Hulle het hul skoolloopbane in Wakkerstroom begin. Daar was daardie tyd ‘n skoolboekie genaamd die “Trap der jeugd” en as ‘n leerder hierdie boekie deurgewerk het, was dit as voldoende akademiese geletterdheid beskou.

Notas en opmerkings: Loutjie Joubert Jnr
  • “Oupa Griezel was een van een-en-twintig kinders…”
    Dit moet not bevestig word. Volgens sy boedeldokumente was hy drie keer getroud. Daar is 5 en 6 kinders onderskeidelik uit elk van die eerste twee huwelike gebore en geen kinders uit die derde huwelik nie.
    Hy was dus een van 11 kinders saam met die aangetroude broers en susters.
  • “Oupa Jan-hulle was vier kinders 􀂱 hyself en drie susters… ”
    Volgens sy pa Edward se sterftesertifikaat was hulle 5 kinders. Daar was ook ‘n jonger broer Edward Johannes.
  • “Hy het ook op die plaas Dassieklip gewoon en was drie keer getroud….”
    Volgens sterftekennis was hy slegs twee keer getroud.
  • Heila lafina Labuschagne:
    https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4N-CQMG-P?cc=2520237&personaUrl=%2Fark%3A%2F61903%2F1%3A1%3AQP5T-JQP1
Driepoort - moontlike ligging