Kategorie: In Memoriam
In Memoriam: Ansie SANDOW (Des 2025)
In Memoriam: VAN RENSBURG Nick – 7 Julie 2020
| Fotos: Nicolaas Jacobus (Nick) JANSE VAN RENSBURG |
Nota:
https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/obccd/pub_view.php?pg=person&PersonID=2236
Sy ouma aan moederskant is oorlede in die konsentrasiekamp gedurende die oorlog
In Memoriam: Willie en Heleen Du Plessis
In Memoriam: DU PLESSIS Elsie Aletta Cecilia – 12 Junie 2020
Jy woel onrusbarend in my drome,
en in die vroeë Sondag-ure beur jy deur my klewerige oë.
Ek huiwer, tasbaar die onvermydelike… maar jy dring aan,
en in die waas van die oorgang tussen nag en môre moet ek volg na buite,
waar jy in die son se warm strale, weer-en-weer ontvou – soos die delikate lae van jou geliefde blom – satynsag, geurig, stylvol en detaileerd.
Ek haas desperaat en onkundig om jou met woorde vas te pen – uit vrees om jou weer te moet laat gaan,
maar helaas… jy ontknoop
en fladder sagkuns neer, terwyl ek jou opskep en met trane en gebede meng,
en teenaan my bors vaskeer.
Waar jy verwelk, transformeer en hemelwaarts reis na jou maatjie en jou Heer.
Waar jy omdraai, glimlag en my gerusstellend laat
met jou ewige en geurige potpourri – jou wese en jou rotsvaste leuse:
“Glo my seun, vertrou, maak vrede…. Hy het ‘n rede!”Loutjie Joubert Jnr

| Fotos: Elsie DU PLESSIS |
| Elsie Joubert - Begrafnisdiens 2020 |
| Elsie Joubert - Begrafnisbrief | PDF | 2 mb |
In Memoriam: Linda JANSE VAN RENSBURG
In Memoriam: Susanna Gertruida LEONARD (26 Jul 2016)
In Memoriam: Frederick Carl SANDOW (30 Junie 2019)
In Memoriam: Lodewyk Christiaan JOUBERT (6 Apr 2015)
In Memoriam: Cornelius Johannes, Duppie DU PLESSIS (13 Mei 2005)
Oom Duppie het vir glaxo gewerk van 1977 – 1982.
Anita Du Plessis (Nee. Swanepoel)
Toe het hy vir die Departement van vervoer gewerk van1982 tot hy oorlede is op 10 Junie 2005.
Die laaste paar jaar was hy die kantoorhoof in die Oos Rand.
Oom Duppie het op die kerkraad van die NG Kerk Germiston-Suid gedien van ek hom ken 1975 – omtrent 1992. Sy groot liefde was om mense te help. Hy was bemind by almal omdat hy graag mense gehelp het met watter probleem hulle ookal gehad het. Sy sagte geaardheid was sy beste eienskap.
Hy was ‘n amazing pa wat altyd daar vir sy twee kinders was. Hulle het ‘n ongelooflike mooi herinnering van hom. Hy het gesterf van breinkanker.




























