La Motte D’Aigues (Frankryk)

Agtergrond: 

La Motte D’Aigues, Provence-Alpes-Côte d’Azur, Frankryk, is die geboortedorp van Pierre Jaubert (JOUBERT) - a1, stamvader van die Suid-Afrikaanse Jouberts.

In Oktober 2011 neem my genealogiese reis my terug na my Joubert oorspong in Frankryk, en besoek ek La Motte D’Aigues en word vriendelik ontvang en rongewys deur ‘n egpaar, Lucien Gardiol en Christine Ligot,  wat ek in ongeloof ontdek in “Rue Jaubert” (Joubert straat) bly en wie ek “toevallig” op die internet raak ge-navors het!
Lucien het ‘n groot belangstelling in die Protestantse geskiedenis en neem my ook om ‘n paar Protestantse kerke in die omliggende areas te gaan besigtig asook die Waldensiese musem in Merindol.
Ek is hewig verras en opgewonde toe hulle aanbied om my selfs die binnekant van die Protestantse kerk in La Motte te wys aangesien hulle koorlede is en ook help met die instandhouding van die kerk.
Ek ervaar ‘n spirituele en eksistensieele vrede terwyl ek daar in die hout kerkbanke ‘n gebed doen en die warm sonlig van buite die kerk verlig en die hugenote slagspreuk – “Post tenebras lux” – “ná donker [kom] lig” – nuwe betekenis vir my kry en ek finaliteit vind in my soeke na my aardse oorsprong en my genetiese wese.
Terug in Suid-Afrika ontvang ek ‘n pragtige foto van die buite-aansig van die kerk van Christine en Lucien wat ek met dank ook in die foto-album plaas.
Ek het ook onlangs verneem dat die Franse regering hul bydrae tot die instandhouding van kerke verminder het. Die A.T.M. assosiasie (Association Les Amis du Temple Mottassin), is na aanleiding daarvan gestig wat omsien na die instandhouding van die kerk in La Motte en skenkings word verwelkom. Meer inligting kan gevind word by: http://templelamotte.eu/english/

Loutjie Joubert Jnr

Fotos: La Motte D'Aigues (Frankryk) - LJoubert Jnr in Oktober 2011
Fotos: Valdense Museum - Merindol (France) - LJoubert Jnr in Oktober 2011
Fotos: Protestant Temple - de Lourmarin (France) - LJoubert Jnr in Oktober 2011
Plek: La Motte D'Aigues (Frankryk)