Dassieklip (RSA)
| Agtergrond |
Dassieklip was die plaas van Willem Schalk Du Plessis en Cecilia Johanna LABUSCHAGNE.
Ouma Miemie Du Plessis (Nee. LEONARD) en Tanna Sannatjie SANDOW (Nee. LEONARD) het ook hier groot geword.
| Plaas: Dassieklip |
meer as DNA en GENETIKA
| Agtergrond |
Dassieklip was die plaas van Willem Schalk Du Plessis en Cecilia Johanna LABUSCHAGNE.
Ouma Miemie Du Plessis (Nee. LEONARD) en Tanna Sannatjie SANDOW (Nee. LEONARD) het ook hier groot geword.
| Plaas: Dassieklip |
| Agtergrond |
Ons Joubert-familie het vir baie jare in die Swellendam omgewing gewoon, maar trek later van Swellendam na onder andere Wakkerstroom en Volksrust.
Wat het daartoe aanleiding gegee?
Miskien het Swellendam se agteruitgang vanaf 1860 as gevolg van die natuur of te wel ‘n groot droogte en ‘n groot vuur soos hieronder beskryf daarmee te doen gehad.
Decline
In the 1860s a severe drought caused a slump in agricultural production and put farmers under financial strain; the resultant economic depression badly affected businesses and industries in Swellendam. Barry & Nephews was already struggling and when its trading steamer, the Kadie, ran aground in the mouth of the Breede River at Cape Infanta (see Nos. 114, 115) in November 1865, it was a fatal blow. The firm was declared bankrupt in 1866.
The final disaster was the Great Fire which broke out in May 1865, completely destroying a large portion of the town centre: many houses and businesses, a hotel, the Wesleyan Chapel, the bank and the printing press (which had published the local newspaper) burnt down. Despite relief efforts, Swellendam never recovered its former status and prosperity. The economy stagnated and the population declined. Mossel Bay took over from Port Beaufort as the main port of the Overberg. The vast district previously serviced by the Drostdy was subdivided, and the services that Swellendam had previously provided became available in towns such as Caledon, Riversdale, Heidelberg and Bredasdorp.(Bron: http://swellendamheritage.org.za/?page_id=4498)
| Fotos |
| Bron: https://creativecommons.org/licenses/by-sa/2.0/deed.en |
| Agtergrond: |
La Motte D’Aigues, Provence-Alpes-Côte d’Azur, Frankryk, is die geboortedorp van Pierre Jaubert (JOUBERT) - a1, stamvader van die Suid-Afrikaanse Jouberts.
In Oktober 2011 neem my genealogiese reis my terug na my Joubert oorspong in Frankryk, en besoek ek La Motte D’Aigues en word vriendelik ontvang en rongewys deur ‘n egpaar, Lucien Gardiol en Christine Ligot, wat ek in ongeloof ontdek in “Rue Jaubert” (Joubert straat) bly en wie ek “toevallig” op die internet raak ge-navors het!
Lucien het ‘n groot belangstelling in die Protestantse geskiedenis en neem my ook om ‘n paar Protestantse kerke in die omliggende areas te gaan besigtig asook die Waldensiese musem in Merindol.
Ek is hewig verras en opgewonde toe hulle aanbied om my selfs die binnekant van die Protestantse kerk in La Motte te wys aangesien hulle koorlede is en ook help met die instandhouding van die kerk.
Ek ervaar ‘n spirituele en eksistensieele vrede terwyl ek daar in die hout kerkbanke ‘n gebed doen en die warm sonlig van buite die kerk verlig en die hugenote slagspreuk – “Post tenebras lux” – “ná donker [kom] lig” – nuwe betekenis vir my kry en ek finaliteit vind in my soeke na my aardse oorsprong en my genetiese wese.
Terug in Suid-Afrika ontvang ek ‘n pragtige foto van die buite-aansig van die kerk van Christine en Lucien wat ek met dank ook in die foto-album plaas.
Ek het ook onlangs verneem dat die Franse regering hul bydrae tot die instandhouding van kerke verminder het. Die A.T.M. assosiasie (Association Les Amis du Temple Mottassin), is na aanleiding daarvan gestig wat omsien na die instandhouding van die kerk in La Motte en skenkings word verwelkom. Meer inligting kan gevind word by: http://templelamotte.eu/english/Loutjie Joubert Jnr
| Fotos: La Motte D'Aigues (Frankryk) - LJoubert Jnr in Oktober 2011 |
| Fotos: Valdense Museum - Merindol (France) - LJoubert Jnr in Oktober 2011 |
| Fotos: Protestant Temple - de Lourmarin (France) - LJoubert Jnr in Oktober 2011 |
| Plek: La Motte D'Aigues (Frankryk) |
Meintjeskop is vernoem na Stephanus Jacobus Meintjes wat van Graaff-Reinet na Pretoria gekom het.
Meintjes het ‘n gedeelte van die ou plaas Elandsfontein, wat oorspronklik aan Marthinus Wessel Pretorius behoort het, op 7 April 1865 vir £2 400 van Andries du Toit gekoop.
Du Toit het die grond waar die Uniegebou vandag staan uit die die boedel van Gerrit Bronkhorst gekoop.
Oorspronklik is daar na “Meintjes se kop” verwys, maar reeds in 1870 het dit as Meintjeskop bekend gestaan. [1][2]
[1] Wapedia
[2] Uniegeboue se koppie vir ‘n Basoetoponie verruil
| Verwantskap met Barbara Christina MEINTJES |
Die tabel hieronder wys die verwantskap tussen Barbara Christina MEINTJES, vrou van Willem Schalk DU PLESSIS, en Stephanus Jacobus MEINTJES wat Meintjieskop besit het.
Beide is dus afstammelinge van Johannes MEINTJES en Jacoba VAN WIJK.
Barbara is die afstammeling van Willem MEINTJES, en Stephanus is weer ‘n afstammeling van Willem se broer, Hendrik MEINTJES.
Paul Jozua Joubert koop op 6 Maart 1928, 3 dele van gedeelte “B” (255 morg), van die leenplaas “Verkijk” (Verkyker No.360), digby Vlakpoort-stasie, by Johannes Paul FICK, van Elandsfontein, vir die koopsom van £1100.00. Johannes Fick was getroud met Susanna Maria Catharina Koch, die broerskind van Paul se moeder Susanna Maria Koch. Daar is bepaal dat die koopsom in sewe paaiement van £150 per jaar betaal sou word.
Paul Jozua boer suksesvol en teen sy dood in 1932 is sy paaiemente op datum en het hy reeds £550 betaal.
Verskeie van die Joubert familie-lede word op Verkyk in die familie begraafplaas begrawe.
Tydens ‘n besoek in 2005 word die eens netjiese begraafplaas herkenbaar maar ongelukkig beskadig en verwaarloos gevind.
| Oorsig: |
| Kerkhof: Verkyk - Joubert | Koch | Stoop |
| Ligging: Verkyk |
Google Maps – GPS koordinate: -27.183121,29.960554
Joubertsdal, in die Swellendam/Overberg area, het voorheen as Bruintjes/Bruintjiesrivier bekend gestaan.
Ellie Joubert skryf in ‘n terugblik (Met dank verskaf deur Hans Linde) oor haar herinneringe van die plaas.
Ander verwysings:
“… JOUBERTSDAL: This farm has been made up out of portions of Bruintjesrivier ( see above ) , granted in freehold in 1747 to Cornelis van Rooyen , one of the first heemraden of Swellendam. In 1848 a large quitrent addition to Bruintjesrivier…”
“… Bruintjesrivier: Granted 1743 to Hermanus Steyn , sr , but a modest homestead might already have been standing . … JOUBERTSDAL This farm has been made up out of portions of Bruintjesrivier ( see above ) , granted in freehold in 1747 to… “
| Fotos: |
| Plaas: Joubertsdal |
| Agtergrond: |
Een van stamvader Pierre Jaubert (a1) se plase in Franschhoek, Suid-Afrika.
| Plaas: La (Grande) Provence (Franschhoek, RSA) |
| Agtergrond: |
Een van Pierre Jaubert, stamvader van die Jouberts in Suid-Afrika (A1) se plase geleë in Franchhoek.
La Motte
GPS (-33.880341, 19.071991)
| Agtergrond: |
De Goede Hoop (Noordhoek) was die plaas van Gideon Joubert(a1b8c3) en Martha Maria Möller.
Hy koop dit in 1782 van Johannes Bruyns vir 13,500 gulde en verkoop dit met talle verbeteringe 16 jaar later in 1798 vir 65,000 gulde Johannes Pieter Kirsten, afgetrede kommisaris van siviele sake.
| Dokumente: |
| De Goede Hoop (Noordhoek) - Gideon Joubert(a1b8c3) en Martha Maria Möller | PDF | 2 mb |
| Plaas: De Goede Hoop (Noordhoek) |
| Agtergrond: |
Lodewyk Christiaan Joubert en Elsie (Nee. Du Plessis) woon hier vir etlike jare en Loutjie is hoof by Delville Laerskool tot sy aftrede.
Elsie se ouers en broers woon ook in Delvile en in die naburige Elspark.
Meer inligting volg later…