Bruintjesrivier 203 (RSA)

Agtergrond: 

Bruintjesrivier of Bruintjiesrivier is onder andere die plaas van Paul Jozua Joubert en sy vader Johannes Stephanus Joubert wat ook geleë is langs die rivier met dieselfde naam wat van die Langeberg na die binneland vloei waar dit by die Breërivier aansluit. Die plaas is na Johannes Stephanus se dood na sy weduwee Magdalena Margaretha Uys oorgedra en ons vind haar naam in verwysings van akte dokumente vir 1853.

Bruintjies of Bruintjes is volgens een bron klaarblyklik ‘n verwysing na ‘n vorige eienaar, ene Streicher, se perd, of volgens ‘n Huisgenoot artikel na ‘n bekende rondloper perd in die area.
Dit is onduidelik of die rivier of die plaas eerste sy naam gekry het.

Dit bestaan uit verskeie dele waaroop verskillende families woon en verwysings daarna is nie noodwendig na een spesifieke deel nie. Soms is daar bykomende inligting wat dit duideliker maak soos byvoorbeeld “… sy gaan woon waar die Bruintjiesrivier by die Breërivier inloop”.

Dit was ook die familieplaas van die skryfster Freda Linde (nooi Joubert) en sy skryf in haar boek “Terug na die Mimosas – Freda Linde (1944 Unie-Volkspers)  Essays en sketse” , asook in ‘n artikel “Bruintjiesrivier — Toe en Nou” in “Die Tydskrif vir Letterkunde 11:3 (1973)”, oor haar herinneringe as kind daar.

Dirkie Joubert deel ook haar ervaringe oor die Joubert en Van Zyl families asook Montagu se ontstaan in haar boek “Herinneringe uit die verlede  – Dirkie Joubert | Mev. H.M. Evans (1956)”.

Een deel is later hernoem na Joubertsdal (Volgens brief van Ellie Joubert – sien elders onder Terugblikke).

Van die dele het oorspronklik aan die Steyn familie behoort wat ‘n groot rol in Swellendam en die omgewing gespeel het.

Die Joubert en Steyn familie is met verskeie huwelike aan mekaar verbind. Bruintjiesrivier het dus is sommige gevalle as gevolg van oorerwing deel van die Joubert-familie geword, en in andere gevalle is dit van aangetroude familie gekoop.

Ander verwysings: 

“… JOUBERTSDAL:  This farm has been made up out of portions of Bruintjesrivier ( see above ) , granted in freehold in 1747 to Cornelis van Rooyen , one of the first heemraden of Swellendam. In 1848 a large quitrent addition to Bruintjesrivier…”

“… Bruintjesrivier: Granted 1743 to Hermanus Steyn , sr , but a modest homestead might already have been standing . … JOUBERTSDAL This farm has been made up out of portions of Bruintjesrivier ( see above ) , granted in freehold in 1747 to… “

Dokumente:
Die Man van Bruintjesrivier (John Muir - Huisgenoot - 29 Mrt 1935) | PDF | 9 mb

Steyn - Die Stamboom van 'n Afrikaner-famielie (John Muir - Huisgenoot - 11 Des 1931) | PDF | 5 mb
Die Famielie Steyn (John Muir - Huisgenoot - 25 Des 1931) | PDF | 3 mb
Jacobus Steyn - 'n rewolusionêr van 1795 (John Muir - Huisgenoot - 15 Mrt 1935) | PDF | 3 mb
Fotos:

Rivier: Bruintjiesrivier

Plaas: Bruintjiesrivier

La Motte D’Aigues (Frankryk)

Agtergrond: 

La Motte D’Aigues, Provence-Alpes-Côte d’Azur, Frankryk, is die geboortedorp van Pierre Jaubert (JOUBERT) - a1, stamvader van die Suid-Afrikaanse Jouberts.

In Oktober 2011 neem my genealogiese reis my terug na my Joubert oorspong in Frankryk, en besoek ek La Motte D’Aigues en word vriendelik ontvang en rongewys deur ‘n egpaar, Lucien Gardiol en Christine Ligot,  wat ek in ongeloof ontdek in “Rue Jaubert” (Joubert straat) bly en wie ek “toevallig” op die internet raak ge-navors het!
Lucien het ‘n groot belangstelling in die Protestantse geskiedenis en neem my ook om ‘n paar Protestantse kerke in die omliggende areas te gaan besigtig asook die Waldensiese musem in Merindol.
Ek is hewig verras en opgewonde toe hulle aanbied om my selfs die binnekant van die Protestantse kerk in La Motte te wys aangesien hulle koorlede is en ook help met die instandhouding van die kerk.
Ek ervaar ‘n spirituele en eksistensieele vrede terwyl ek daar in die hout kerkbanke ‘n gebed doen en die warm sonlig van buite die kerk verlig en die hugenote slagspreuk – “Post tenebras lux” – “ná donker [kom] lig” – nuwe betekenis vir my kry en ek finaliteit vind in my soeke na my aardse oorsprong en my genetiese wese.
Terug in Suid-Afrika ontvang ek ‘n pragtige foto van die buite-aansig van die kerk van Christine en Lucien wat ek met dank ook in die foto-album plaas.
Ek het ook onlangs verneem dat die Franse regering hul bydrae tot die instandhouding van kerke verminder het. Die A.T.M. assosiasie (Association Les Amis du Temple Mottassin), is na aanleiding daarvan gestig wat omsien na die instandhouding van die kerk in La Motte en skenkings word verwelkom. Meer inligting kan gevind word by: http://templelamotte.eu/english/

Loutjie Joubert Jnr

Fotos: La Motte D'Aigues (Frankryk) - LJoubert Jnr in Oktober 2011

Fotos: Valdense Museum - Merindol (France) - LJoubert Jnr in Oktober 2011

Fotos: Protestant Temple - de Lourmarin (France) - LJoubert Jnr in Oktober 2011

Plek: La Motte D'Aigues (Frankryk)

Meintjieskop (Pretoria)

Meintjeskop is vernoem na Stephanus Jacobus Meintjes wat van Graaff-Reinet na Pretoria gekom het.

Meintjes het ‘n gedeelte van die ou plaas Elandsfontein, wat oorspronklik aan Marthinus Wessel Pretorius behoort het, op 7 April 1865 vir £2 400 van Andries du Toit gekoop.

Du Toit het die grond waar die Uniegebou vandag staan uit die die boedel van Gerrit Bronkhorst gekoop.

Oorspronklik is daar na “Meintjes se kop” verwys, maar reeds in 1870 het dit as Meintjeskop bekend gestaan. [1][2]

[1] Wapedia

[2] Uniegeboue se koppie vir ‘n Basoetoponie verruil

Verwantskap met Barbara Christina MEINTJES

Die tabel hieronder wys die verwantskap tussen Barbara Christina MEINTJES, vrou van Willem Schalk DU PLESSIS, en Stephanus Jacobus MEINTJES wat Meintjieskop besit het.

Beide is dus afstammelinge van Johannes MEINTJES en Jacoba VAN WIJK.
Barbara is die afstammeling van Willem MEINTJES, en Stephanus is weer ‘n afstammeling van Willem se broer, Hendrik MEINTJES.

Plaas “Verkyk” (Vlakpoort – Volksrust)

Paul Jozua Joubert koop op 6 Maart 1928, 3 dele van gedeelte “B” (255 morg), van die leenplaas “Verkijk” (Verkyker No.360), digby Vlakpoort-stasie, by Johannes Paul FICK, van Elandsfontein, vir die koopsom van £1100.00. Johannes Fick was getroud met Susanna Maria Catharina Koch, die broerskind van Paul se moeder Susanna Maria Koch. Daar is bepaal dat die koopsom in sewe paaiement van £150 per jaar betaal sou word.
Paul Jozua boer suksesvol en teen sy dood in 1932 is sy paaiemente op datum en het hy reeds £550 betaal.

Verskeie van die Joubert familie-lede word op Verkyk in die familie begraafplaas begrawe.
Tydens ‘n besoek in 2005 word die eens netjiese begraafplaas herkenbaar maar ongelukkig beskadig en verwaarloos gevind.

Oorsig:

Kerkhof: Verkyk - Joubert | Koch | Stoop

Ligging: Verkyk

Google Maps – GPS koordinate: -27.183121,29.960554

Vaalkop (RSA)

Agtergrond

Vaalkop in Zeerust, Marico (Groot) was die geboorte en grootword plaas van Willem Schalk Du Plessis .

Hy het vir ‘n wyle in Rhodesie gewoon en het later getrek na die plaas Dassieklip, langs Sandspruit Stasie, Volksrust, waar hy oorlede is.

Sy oupa, ook Willem Schalk Du Plessis se sterfkennis maak melding van die plaas Dammenburg as die plek waar hy oorlede is. Dammenburg is ook in die Marico omgewing en mag dalk een van die familie-plase gewees het.

Vaalkop
GPS (-25.570599, 26.244866)


Dammenburg
GPS (-25.468349, 26.248250)

Joubertsdal (Swellendam, RSA)

Joubertsdal, in die Swellendam/Overberg area, het voorheen as Bruintjes/Bruintjiesrivier bekend gestaan.

Ellie Joubert skryf in ‘n terugblik (Met dank verskaf deur Hans Linde) oor haar herinneringe van die plaas.

Ander verwysings: 

“… JOUBERTSDAL:  This farm has been made up out of portions of Bruintjesrivier ( see above ) , granted in freehold in 1747 to Cornelis van Rooyen , one of the first heemraden of Swellendam. In 1848 a large quitrent addition to Bruintjesrivier…”

“… Bruintjesrivier: Granted 1743 to Hermanus Steyn , sr , but a modest homestead might already have been standing . … JOUBERTSDAL This farm has been made up out of portions of Bruintjesrivier ( see above ) , granted in freehold in 1747 to… “

Fotos:

Plaas: Joubertsdal

GPS (Joubertsdal: -33.979721, 20.269060)

Roodekop (RSA)

Agtergrond

Roodekop was die plaas van Paul Josua Joubert (a1b8c3d8e3f7) in Transvaal en hy is ook hier oorlede.
Hy is oorspronklik van Bruintjiesrivier in die Kaap Kolonie en verhuis hierheen moontlik as gevolg van die agteruitgang van Swellendam rondom 1865.
Die presiese ligging van Roodekop is nie bekend nie maar volgens sy doodsertifikaat was dit geleë in Wyk III van Wakkerstroom.

de goede hoop - noordhoek

(De) Goede Hoop (RSA)

Agtergrond: 

De Goede Hoop (Noordhoek) was die plaas van Gideon Joubert(a1b8c3) en Martha Maria Möller.

Hy koop dit in 1782 van Johannes Bruyns vir 13,500 gulde en verkoop dit met talle verbeteringe 16 jaar later in 1798 vir 65,000 gulde Johannes Pieter Kirsten, afgetrede kommisaris van siviele sake.

Dokumente:
De Goede Hoop (Noordhoek) - Gideon Joubert(a1b8c3) en Martha Maria Möller | PDF | 2 mb
[Bron: www.capevineyards.co.za]

Plaas: De Goede Hoop (Noordhoek)

1 2 3